Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Jou vierde maklike wenk vir ‘n winter-dieet

$
0
0

Tel jy gewoonlik gewig op in die winter? Deesdae gaan dit al hoe meer oor wát jy eet, en nie net hoeveel jy eet nie, sê Mariza van Zyl, geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl.

Hier is goeie gewoontes waarmee jy hierdie winter gewig kan afskud, sonder dat jy ’n ingewikkelde dieet hoef te volg.

SARIE.com gaan elke dag vir die volgende paar weke ’n dieetwenk uit ons argief deel. Hier’s die derde een! 

(Lees die derde wenk HIER)

Ontbyt is ‘n móét

Studies wys mense wat gereeld ‘n gesonde ontbyt eet, hou hul gewig makliker in toom. Volgens Mariza (geregistreerde dieetkundige van Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl) is daar egter 3 belangrike vereistes waaraan jou ontbyt moet voldoen.

  • Handhaaf ‘n goeie balans tussen proteïene (eiers, melk of jogurt) en koolhidrate (ontbytgraan).
  • Moenie net verfynde/verwerkte kos of kitskos eet nie.
  • Dit moet jou energie gee en sorg dat jy die res van die dag nie wil peusel nie.

Mariza se wenk

Warm vrugte en kaneel laat hawermoutpap soos poeding proe.

Of bederf jou gesin naweke met pannekoek, gestoofde vrugte (vars of gedroog) en ‘n skeppie ongegeurde jogurt en kaneel.

Roereier of selfs Franse roosterbrood kan maklik by enige eetplan inpas.

Lees die vorige wenke hier

 

The post Jou vierde maklike wenk vir ‘n winter-dieet appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294