Negentien jaar ná haar dood sal Moeder Teresa uiteindelik tot ’n heilige van die Rooms-Katolieke Kerk verklaar word. Die aankondiging is Dinsdag amptelik deur pous Franciscus gemaak.
Die seremonie sal op 4 September vanjaar in die Vatikaanstad plaasvind. Moeder Teresa is as Agnes Gonxha Bojaxhiu gebore en is in 1997 in Kolkata, Indië, oorlede. Sy was 87 jaar oud.
Dié kerk het twee wonderwerke aan Moeder Teresa toegeskryf, die eerste in 2002 en die tweede een in 2015. Albei het met genesing gepaard gegaan.
The post Moeder Teresa word heilige appeared first on SARIE.