Vier van SA se grootste kunstenaars gaan by die mentors van The Voice aansluit. Dié kunstenaars help vir Karen Zoid, Bobby van Jaarsveld, Lira en Kahn Morbee om die sangers in hul spanne gereed te kry vir die toekomstige rondes (battles).
Zolani Mahola van Freshlyground-faam sluit aan by #TeamKaren, Toya Delazy help vir #TeamBobby, #TeamLira kry hulp van Nianell en Vicky Sampson sluit aan by #TeamKahn.
Die battle-rondes begin dié Sondag. Jy kan ook nou uitsien na twee uur van The Voice, wat om 17:00 begin. Sangers van elke groep sing dieselfde liedjie teen mekaar en die mentor kan net een sanger kies om deur te dring na die volgende ronde. Dit beteken dat die mentors hul spanne met die helfte moet sny.
Maar elke mentor het ook die kans om een van die sangers wat op pad uit is uit die program te “steel” vir sy of haar eie groep.
Die spanne
#TeamKahn
Kahn Morbee + Vicky Sampson
#TeamBobby
Bobby van Jaarsveld + Toya Delazy
#TeamLira
Lira + Nianell
#TeamKaren
Karen Zoid + Vicky Sampson
Lees nou
The Voice se Lira die gesig van Bobbi Brown!
The Voice: Wie gaan vir Bobby kies?
The post Nuutste nuus van The Voice – mede-mentors aangekondig appeared first on SARIE.