Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Sharon Stone laat op 57 die klere waai vir fotosessie

$
0
0

Die aktrise Sharon Stone het vir die gewilde Amerikaanse tydskrif Harper’s Bazaar kaal poseer. Sy is uiteindelik weer waar sy wil wees in haar loopbaan ná ’n beroerte in 2001 – en op 57 wil sy wys dat enigiets moontlik is.

Sharon vertel in dié openhartige onderhoud hoe moeilik dit was om weer bo te kom ná sy in 2001 bloeding op die brein weens ’n beroerte gehad het.

Dit het haar 2 jaar geneem om weer behoorlik te kon praat en loop. “Dit was ’n groot vernedering om van voor af te begin. Ek het met die room van die filmindustrie gewerk en toe moes ek weer agter in die ry gaan staan,” vertel sy aan Harper’s Bazaar.

Nou, 14 jaar later, speel sy die hoofrol in ’n nuwe reeks Agent X waarin sy die adjunk-president van Amerika speel en sy voel weer soos haar ou self.

Sy het eers onlangs openlik oor haar gesondheidsprobleme begin praat en die impak wat dit op haar lewe gehad het. Sy het vir maande nie haar linkerbeen gevoel nie en dit het jare geneem om haar sig en hakkelprobleem te herstel. Tog sê sy, is sy nou emosioneel sterker as van te vore.

Deesdae het sy ook ’n ander opinie oor wat sexy is.

“Ek glo as jy pret het en genoeg van jouself hou om lief te wees vir ander, is jy beslis sexy.”

- Sharon Stone

“As sexy is wat ek in Basic Instinct was, sou ons almal ’n slegte dag gehed het,” het sy geskerts.

Lees meer in die September-uitgawe van SARIE oor Sharon se pad na herstel om die simmetrie van haar gesig te herstel deur van vullers gebruik te maak.

anna-mart

Laai dié uitgawe HIER af.

Lees ook

The post Sharon Stone laat op 57 die klere waai vir fotosessie appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294