Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Simoné Nortmann op pad na Hollywood!

$
0
0

Soms werk dinge só goed uit dat jy dit self nie beter kon beplan het nie. Die aktrise Simoné Nortmann, wat tot onlangs nog in 7de Laan te sien was, kan hiervan getuig, want wat begin het as ’n nood-tandartsafspraak het uitgeloop op ’n nuwe avontuur in Hollywood. 

Ná Simoné ’n paar maande gelede weg is by 7de Laan, het sy besluit om vir 10 weke ’n uitreik in Mosambiek te gaan doen. Sy het toe aan SARIE.com vertel dat sy perspektief op haar lewe wou kry. Tot voor haar vertrek was sy in twee geskeur oor of sy nie dalk eerder ’n toneelspeel-slypskool, die Iris Hollywood Artist Bootcamp in Santa Barbara, moet doen nie.

“In Mosambiek het ek besef ek hoef nie skuldig te voel as ek nie permanent sendingwerk en liefdadigheid doen nie. Jy kan in jou beroep ook jou roeping uitleef, en ek het net weer besef dat toneelspeel my passie is,” vertel Simoné.

In die negende week moes sy noodgedwonge vir ’n week terugkeer Suid-Afrika toe vir ’n wortelkanaal-behandeling. “In die vliegtuig op pad terug na Mosambiek vir die laaste week, sit ek toe langs Nathan Kotzur, die direkteur van die slypskool in Santa Barbara!” Hy en sy vrou, Sarah, het na Mosambiek gereis om beeldmateriaal bymekaar te maak vir ’n dokumentêre prent oor die uitreik waarby Simoné betrokke was.

“Ek kon dit nie glo nie. Ek het vir hom gesê ek het voor die uitreik oorweeg om aansoek te doen vir die slypskool en hy het my aangemoedig om dit dadelik te doen wanneer ek na Suid-Afrika terugkeer.”

En soos hulle sê, die res is geskiedenis. Simoné kry haar visum vir die VSA eerskomende Maandag en sy sal nog dieselfde aand vertrek na die Iris Hollywood Artist Bootcamp in die berge van Santa Barbara.

Sy het dié goeie nuus op Instagram bekend gemaak:

Guess it’s time for me to share the good news!! #hello’merica #oneweektilldeparture #holychaos

A photo posted by Simoné Nortmann (@simonenortmnn) on

“Die slypskool word aangebied deur Diane Venora, wat ’n Golden Globe-benoeming gekry het vir haar rol in Heat teenoor Al Pacino en Robert de Niro. Ek kan nie wag om by haar te leer nie, sy is briljant,” vertel Simoné opgewonde.

“Die slypskool is ’n maand lank, maar ek sal heel moontlik later weer terugkeer. Ek en Nathan het in Mosambiek baie gesels oor toekomsmoontlikhede.”

Geluk Simoné, geniet elke oomblik!

Lees ook

The post Simoné Nortmann op pad na Hollywood! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles