Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Haai oe, Anna Davel is nou die Feëkoningin!

$
0
0

Haai oe, Blommie! Die pantomime Liewe Heksie: Flower Power het ’n nuwe Feëkoningin en dis die sanger Anna Davel. 

Anna het het die rol van die Feëkoningin oorgeneem by die sopraan Zanne Stapelberg, terwyl Carel Nel, ‘n bekende Kaapse akteur, die rol van Koning Rosekrans oorgeneem het by Kwêla-aanbieder Hannes van Wyk. Saam met Margit Meyer-Rödenbeck (Liewe Heksie) en Chris van Niekerk (Karel Kat) gaan Anna gehore vermaak by die Brooklyn Teater in Pretoria, vanaf 19 April tot 1 Mei.

O griet, Anna gaan ’n oulike fee wees!

Margit Meyer-Rödenbeck se dogtertjie, Luca, speel die rol van Mattewis die kat FOTO: Robert Hamblin

Margit Meyer-Rödenbeck se dogtertjie, Luca, speel die rol van Mattewis die kat
FOTO: Robert Hamblin

Kyk net hoe snaaks lyk Loukmaan Adams (Geelheks) in die voorskou!

Vervaardiger: Arena Produksiehuis-Margit Meyer-Rödenbeck
Regie: Lizz Meiring
Teks: Francois Toerien en Margit Meyer-Rödenbeck na gelang van Verna Vels se karakters.
Musiek: Emile Minnie
Choreografie: Loukmaan Adams
Dekor: Gerrit Snyman
Kostuums: Rouve Hattingh, Susanne Strydom
Beligting: Pieter Jan Kapp
Tegniese regisseur: Jeanne Steenkamp
Verhoogbestuurder: Carna Visser

Vir meer besonderhede, skakel 012 460 6033 of besoek www.brooklyntheatre.co.za

The post Haai oe, Anna Davel is nou die Feëkoningin! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294