Die model Chrissy Teigen en Grammy-wenner John Legend het Sondag hul pienkvoet verwelkom. Die Hollywood-paartjie het die goeie nuus op sosiale media gedeel.
En hulle het besluit om hul dogtertjie Luna Simone Stephens te noem.
Our new love is here! Luna Simone Stephens, born on Thursday, the 14th. We couldn’t be happier!
— John Legend (@johnlegend) April 17, 2016
She’s here! Luna Simone Stephens, we are so in love with you! And sleepy. Very sleepy.
A photo posted by chrissy teigen (@chrissyteigen) on
Op ’n tipiese Chrissy-manier het sy ook speels getwiet dat haar man, John, stadig maar seker genees ná klein Luna se geboorte.
to everyone asking, john is healing perfectly — christine teigen (@chrissyteigen) April 17, 2016
thank you for all the well wishes!!! we are so happy and excited! i dunno what to tweet now. does my twitter change? this is so awkward
— christine teigen (@chrissyteigen) April 17, 2016
Dis die glanspaartjie se eersteling. Hulle het lank gesukkel om ’n baba te kry en Chrissy het uiteindelik met behulp van in vitro-bevrugting swanger geraak, berig Daily Mail.
Sy het op 12 Oktober verlede jaar haar swangerskap bekend gemaak en gesê dit was nie ’n maklike pad nie. Hulle was verheug oor die kleinding wat op pad is.

Model Chrissy Teigen lyk ongelooflik stylvol terwyl sy haar swanger magie afwys saam met haar man, die sanger John Legend. Foto: @chrissyteigen_instagram
Baie geluk, Chrissy en John!
Lees nou
- Prins William en Catherine besoek Taj Mahal
- Megan Fox is swanger!
- Eva Mendes swanger met tweede kind
The post Chrissy Teigen en John Legend se pienkvoet is hier appeared first on SARIE.