Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Die één rol waaroor Meryl Streep spyt is

$
0
0

Sy is al 19 keer vir ’n Oscar benoem en het 3 keer dié goue beeldjie gewen. Maar vir die aktrise Meryl Streep is daar een rol waaroor sy spyt is. En as sy kon, sou sy dié rol anders aangepak het.

Meryl het tydens The Graham Norton Show verklap dat sy glad nie gemaklik voel oor die 1981-rolprent The French Lieutenant’s Woman nie. Sy het teenoor die Britse akteur Jeremy Irons gespeel en albei vertolk ‘n dubbele rol in die film. Hulle speel die karakters van die Britse akteurs, Anna en Mike, wat ’n rolprent maak oor ’n buite-egtelike verhouding tussen Sarah Woodruff en Charles Henry Smithson.

Meryl is vir dié einste rol benoem as beste aktrise en kritici het haar geprys vir die geloofwaardige spel en aksent in die prent.

Maar Meryl sien dit heeltemal anders.

“Dit was vir my te my kunsmatig. Ek speel in die fliek die aktrise wat die Franse luitenant se vrou speel. En terselfde tyd was ek ’n Amerikaanse aktrise wat ’n Britse vrou moes speel. Ek het glad nie oortuigend gevoel nie. En jy voel mos maar altyd jy kon dit beter gedoen het.”

Kyk die onderhoud op The Graham Norton Show

Die aanbieder, Graham Norton, het skertsend teruggeantwoord: “Maar daar is seker ook tye waar jy dink: in die kol!”

’n Beskeie Meryl het net gelag.

Het jy geweet?

Meryl het al 157 toekennings gewen en is al 409 keer benoem. Sy is die voorloper vir die aktrise met die meeste Oscar-benoemings, ‘n hele 19 keer. Die akteur Jack Nicholson en die aktrise Katherine Hepburn is saam in die tweede plek met 12 benoemings elk.

Die 3 rolle waarvoor sy ’n Oscar gewen het

Kramer vs Kramer (1980) – Beste vroulike byspeler

Sophie’s Choice (1983) – Beste aktrise

The Iron Lady (2012) – Beste aktrise

16 ander rolle waarvoor sy ook benoem is vir ’n Oscar

The Deer Hunter (1979) – Beste vroulike byspeler

The French Lieutenant’s Woman (1982) – Beste aktrise

Silkwood (1984) – Beste aktrise

Out of Africa (1986)- Beste aktrise

Ironweed (1988)- Beste aktrise

A Cry in the Dark (1989) – Beste aktrise

Postcards from the Edge (1991)- Beste aktrise

The Bridges of Madison County (1996) – Beste aktrise

One True Thing (1999) – Beste aktrise

Music of the Heart (2000) – Beste aktrise

Adaptation (2003) – Beste aktrise

The Devil Wears Prada (2007) – Beste vroulike byspeler

Doubt (2009) – Beste aktrise

Julie & Julia (2010) – Beste aktrise

August Osage County (2014) – Beste aktrise

Out of the Woods (2015) – Beste vroulike byspeler

Lees nou

The post Die één rol waaroor Meryl Streep spyt is appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294