Die afgelope ruk is daar gerugte dat die Grammy-wenner Adele met haar wêreldtoer ook ’n draai in Suid-Afrika kom maak.
Konserte vir haar wêreldtoer is almal uitverkoop. En toe Adele op 27 Februarie in Belfast, Ierland, afgeskop het met die toer het almal oor haar rok gepraat. Vir die hele toer gaan sy net ’n Burberry-rok van swart satyn met geborduurde blompatrone in blinkers dra.
Verlede jaar het Adele se derde album, 25, geskiedenis gemaak. Dit het die album geword wat in ’n enkele week die meeste eksemplare verkoop het, berig UPI.
Maar ongelukkig is die gerugte van haar optredes in Suid-Afrika nié waar nie.
Dionne Domyan-Mudie van Big Concerts het die slegte nuus aan SARIE bevestig. “Nee, dis ’n kullery. As dit waar was, sou Big Concerts beslis iets geweet het. So dis nie waar nie.”
Ons glo iewers of eendag sal sy wel besluit om in Suid-Afrika te kom optree.
Haar wêreldtoer eindig 15 November in Mexiko.
Lees nou
- Adele: die rok waaroor die wêreld praat!
- Adele maak geskiedenis met nuwe album, 25
- Die één rol waaroor Meryl Streep spyt is
The post Adele kom Suid Afrika toe? appeared first on SARIE.