Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

FOTO’S: William Kentridge verf Rome

$
0
0

Teen die muur van Rome se Tiber-rivier pryk die werke van Suid-Afrika se internasionaal bekroonde kunstenaar William Kentridge. Die amptelike opening is eers môre, maar vir ’n geruime tyd het hierdie einste muur begin lewe kry.

Die rivieroewers van die Piazza Tevere spog met meer as 80 kunswerke van Kentridge, en dit strek oor meer as ’n halwe kilometer! Die reeks, Triumphs and Laments: A Project for Rome, vertel die storie van Rome. Al die tekeninge handel oor prominente gebeure in dié stad se geskiedenis.

Sy houtskooltekeninge is met ink oorgedoen en vergroot na stensils van 10 meter hoog. Dié stensils is toe teen die muur geplaas, waarna die area rondom elke stensil met ’n kragwasser skoongemaak is. Hy noem hierdie proses “omgekeerde graffiti”.

Die indrukwekkende reeks in wording

TriumphsandLaments-2016-NATICCHIONI-pulizia

FOTO: Triumphs and Lament

TriumphsandLaments-15mar2016-LoRocco-pulizia

FOTO: Triumphs and Lament

TriumphsandLaments-2016-Scognamiglio_Tevereterno-400x400

FOTO: Triumphs and Lament

FOTO: Triumphs and Laments

FOTO: Triumphs and Laments

Die kunswerke sal vir jare en jare teen die muur te sien wees. Soos die muur verweer, sal die tekeninge verdwyn en weer saamsmelt met die algehele kleur.

Besoek die webtuiste, Triumphs and Laments, vir meer inligting.

Lees nou

The post FOTO’S: William Kentridge verf Rome appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294