Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Koningin Elizabeth – 20 goed wat jy moet weet

$
0
0

Vandag is koningin Elizabeth II se 90ste verjaardag. En die slagspreuk “lank lewe die koningin” is nou heel gepas. Ná al die jare kan jy haar steeds deur ’n ring trek, wat voorkoms én optrede betref. En as die monarg wat al die langste oor Brittanje heers, lyk dit of sy beslis nog vir ’n ruk dié kroon sal dra.

Hier’s 20 goed wat jy móét weet

1. Sy regeer die langste oor Brittanje – Op 9 September 2015 het koningin Elizabeth II haar oumagrootjie, koningin Victoria, se rekord vir die langste bewind oortref. Victoria het 63 jaar, 7 maande en twee dae oor Brittanje geheers. Koningin Elizabeth is op 2 Junie 1953 gekroon ná haar pa, koning George III, gesterf het.

Die jong Elizabeth, toe nog ‘n prinses, het in 1947 saam met haar ouers en suster, prinses Margaret, Suid-Afrika besoek.

2. Politieke leiers sien kom en gaan – Sy het saam met 12 Britse premiers gewerk, het 12 Amerikaanse presidente persoonlik ontmoet, het 12 Kanadese eerste ministers in aksie gesien en het sewe pouse van die Rooms-Katolieke Kerk sien kom en gaan.

3. Selfs die koningin het ’n troetelnaam! Haar geboortename is Elizabeth Alexandra Mary. Maar van kleins af is haar troetelnaam Lilibet, omdat sy as dogtertjie gesukkel het om haar naam uit te spreek.

4. Haar lewe inspireer Netflix – Sy is al 69 jaar getroud met prins Philip (94). En Netflix is besig om ’n mini-reeks, The Crownte vervaardig oor die lewe van ’n jong Elizabeth en Philip. Die Britse akteurs Claire Foy en Matt Smith gaan dié paartjie speel.

5. Een van vele familie-titelsMa van prins Charles (67), prinses Anne (65), prins Andrew (56) en prins Edward (52). Ouma van Peter (38), Zara (34),  prins William (33), prins Harry (31), prinses Beatrice (27), prinses  Eugenie (26), dame Louise (12) en hertog James (8). Oumagrootjie van Savannah (6), Isla (4), prins George (2), Mia (2), prinses Charlotte (11 maande).

FOTO: Royal Mail / PA

FOTO: Royal Mail / PA

6. Geen bestuurderslisensie – Koningin Elizabeth besit nie ’n identiteitsboekie, ’n paspoort of ’n bestuurderslisensie nie. Tog klim sy vandag nog dikwels agter die stuur in van haar gunsteling- swart Land Rover.

7. ’n Wêreldreisiger – Sy was al 261 keer oorsee en het al 116 lande en 87 state besoek.

8. Hoof van die Statebond, wat 53 lidlande het, waaronder ook Suid-Afrika. En leier van 16 lande.

9. Styl-ikoon – Koningin Elizabeth besit meer as 200 handsakke en het al 5 000 verskillende hoede gedra. Sy is lief vir kleur en sal byna nooit in swart of roomkleur verskyn nie. Sy besit verskeie swart hofskoene wat by al haar uitrustings pas.

10. Hare en grimering - In ’n onderhoud met die joernalis Christiane Amanpour verklap die bekroonde fotograaf Annie Leibovitz dat koningin Elizabeth vir elke geleentheid haarself mooimaak. Selfs toe Annie haar in 2007 afgeneem het.

11. Geheime resep - Elke jaar met haar verjaardag word daar net een spesifieke koek gebak, ’n sjokoladekoek. Die resep dateer uit koningin Victoria se dae en dit word al die afgelope 80 jaar vir haar gebak.

12. Drama – Vyf Britse aktrises het al die koningin vertolk. Dame Helen Mirren het die Oscar vir beste aktrise gewen vir haar vertolking in The Queen. Sy het verlede jaar ook die Tony gewen vir beste aktrise toe sy koningin Elizabeth in die verhoogstuk The Audience vertolk het. Ander aktrises wat haar al vertolk het, is Kristin Scott Thomas, Emma Thompson, Jane Alexander en Claire Foy.

13. Corgi-behep – Sedert die ouderdom van 7 het sy net corgi-honde as troeteldiere gekry. Sy het op die oomblik twee opregte corgi’s, Willow en Holly, en twee corgi-kruisings, Candy en Vulcan.

14. Baas van die kombuis – Twee keer ’n week word ’n rooi gebinde boek met die week se  spyskaarte afgelewer. Sy merk waarvoor sy lus is en trek die res dood.        

15. Bond-meisie – In die openingseremonie van die Londense Olimpiese Spele het koningin Elizabeth saam met die voormalige James Bond Daniel Craig in ’n videogreep verskyn.

16. Kersfeestradisie – Sedert 1952 het sy nog nie een enkele Kersfees gevier sonder om ’n boodskap vir haar geliefde land te lewer nie.

17. Voorbladgesig – Lank voordat sy koningin geword het, het sy as 3-jarige op die tydskrif Time se voorblad verskyn!

queen e time cover

18. Al die swane - In Brittanje word al die wit swane deur die koningin besit.

19. ’n Werktuigkundige – In 1945 het koningin Elizabeth by die Britse weermag aangesluit en as werktuigkundige gewerk. Sy weet tot hoe om ’n vonkprop te vervang!

20. Ewig op die troon – Op 21-jarige ouderdom het sy beloof om nooit te abdikeer nie.

Oor die jare

Koningin Elizabeth II se ma, Elizabeth, het in 2002 in die ouderdom van 101 gesterf. En dit lyk of koningin Elizabeth nog lank nie klaar is met die kroon nie.

Bronne: BBC news, CNN, Wikipedia, Vanity Fair, Daily Mail,  The Telegraph, Time, Express, Biography, Independent

– Foto’s verkry deur Cara Rademeyer, produksiebestuurder van SARIE

Lees nou

Koninklike posseëls – kyk net vir prins George!

Koningin Elizabeth doen haar eie grimering en hare!

The post Koningin Elizabeth – 20 goed wat jy moet weet appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294