Lank voordat sy koningin geword het, het sy as 3-jarige vir die eerste keer op ’n tydskrifvoorblad verskyn. En vanjaar pronk koningin Elizabeth op 90 wéér op ’n voorblad, maar dié keer saam met haar vier corgi’s.
Die bekroonde fotograaf Annie Leibovitz het die lewe van die Britse monarg met haar lens vasgevang vir die glanstydskrif Vanity Fair.
Die koningin was glo baie gemaklik met Annie se fotosessie by die Windsor-kasteel in Berkshire.
“Sy was regtig ontspanne. Sy het baie vrede met haarself en is betrokke by haar familie,” het Annie aan Vanity Fair gesê, berig BBC.
Wat het koningin Elizabeth, Marilyn Monroe, Winnie-the-Pooh en die Kruger Nasionale Park gemeen? Klik hier om uit te vind.
As driejarige op die voorblad van Time.
Sy is nie die enigste Britse koninklike wat al op ’n voorblad verskyn het nie. Vanjaar was die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, op die voorblad van die Britse Vogue. Ter viering van die tydskrif se 100ste bestaansjaar is Kate afgeneem in Norfolk, waar die Cambridges woon.
Kate se skoonma, wyle prinses Diana, was op menige voorblaaie.
Koningin Elizabeth se enigste dogter, prinses Anne, het in 1971 en 1973 op die voorblad van Vogue verskyn.
Om ’n paar van Annie se pragtige foto’s te sien besoek Vanity Fair.
Lees nou
Kyk wat het die Krugerwildtuin, Marilyn Monroe en Pooh-beer gemeen!
FOTO’S: So lyk Afrika uit die ruimte!
Raai watter sjef eet biltong-en-tjips-broodjies?
The post Op 90 doen koningin Elizabeth dit wéér appeared first on SARIE.