Minnie Muis kan nóg ’n bekende naam byvoeg op haar lang lys aanhangers. Modeontwerper Victoria Beckham is só gaande oor hierdie Disney karakter dat sy ’n Minnie Muis-T-hemp ontwerp het.
David Beckham se vrou het ’n video van die T-hemp op sosiale media gedeel en gesê dit is haar gunsteling-T-hemp uit haar komende klerereeks, Victoria Beckham. Die ontwerp wys Minnie Muis van agter af, met haar kenmerkende strik op die kop en haar polkakol-romp.
Hier is die video:
Victoria Beckham slaan asems weg by NY-modeweek
Dit is nie ál wat Victoria die afgelope tyd ontwerp het nie! Die Desperate Housewives-aktrise Eva Longoria is onlangs met die sakeman Pepe Baston getroud by haar huis in Mexiko. Victoria het haar trourok ontwerp en Eva sê sy het juis haar beste vriendin gevra omdat sy wou hê die rok moes met liefde gemaak word, berig Hello.
Victoria het hierdie foto’s waar sy vir Eva help om haar rok aan te trek, op sosiale media gedeel:
@evalongoria the most beautiful bride.I am honored to have created your wedding dress X Thank you for asking me!!! X We love u! X #friends #VBDoverst #VBHongKong X VB Picture courtesy of @hellomaguk A photo posted by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on
Vroeër vanjaar het dié voormalige lid van die Britse popgroep Spice Girls erken sy het nooit regtig tydens Spice Girls-konserte gesing nie. Haar mikrofoon was toe al die tyd afgeskakel!
Dit het wel nie vir Posh Spice gekeer om oor ’n solo-loopbaan te droom nie. Victoria het in 2003 haar eie album opgeneem, maar dit is nooit vrygestel nie, berig Refinery. Die album het onlangs aanlyn versprei en danksy die internet kan ons almal nou luister.
Hier is twee van Victoria Beckham se liedjies:
So Cold
He’s my lover
Victoria bieg: My mikrofoon was af
The post Kyk wie is óók mal oor Minnie Muis appeared first on SARIE.