Die pragtige Charlenè Brouwer met haar blonde, kortgeknipte hare laat jou twee keer kyk. Geen wonder nie, want sy is op pad om ′n blink ster in die Afrikaanse filmbedryf te word.
![FOTO: Andstory]()
FOTO: Andstory
Charlenè speel die hoofrol in Dis ek, Anna wat op 23 Oktober landwyd begin draai. Dit is die fliek van die bekroonde boek met dieselfde naam deur Anchien Troskie wat in 2004 opspraak gemaak het.
Charlenè is onlangs getroud en ons het met haar gesels oor haar en haar man, Niel van Deventer, se mooiste dag.
Hulle het byna sewe jaar gelede ontmoet deur gemeenskaplike vriende, sy ’n jong aktrise en hy ’n aspirant-musikant. Hul verhouding is gebou op ’n lang vriendskap.
![FOTO: Andstory]()
FOTO: Andstory
“Ons is in Augustus op die Bon Cap-wynlandgoed by Robertson getroud,” vertel Charlenè. Sy het sprokiesmooi gelyk in ’n kantrok met ’n lae rug. Die dag was gevul met vriendskap en liefde.
Sy en Niel het in die Kaap op Fynbosstrand wittebrood gehou omdat hulle twee weke ná die troue by die kykNET Silwerskermfees moes wees vir die première van Dis ek, Anna. “Dit was onbeskryflik mooi en baie privaat. Daar is nie ’n mooier land as Suid-Afrika nie! Ons het ook op pad huis toe ná die Silwerskermfees Namakwaland besoek,” vertel Charlenè.
![FOTO: Andstory]()
FOTO: Andstory
Al is hulle nou byna ′n maand getroud, is die lekkerste vir haar dat niks verander het nie. “Ons is steeds dieselfde Charlenè en Niel,” vertel sy. “Die lekkerste gevoel is om te weet (regtig te weet) ek het my veilige vesting.”
Op die vraag of hulle gou met ′n gesin wil begin, antwoord Charlenè:
“Ons wil beslis ’n gesin hê. Ek en Niel gaan waarheen die lewe ons lei. Dis ek, Anna en ander projekte is in hierdie stadium ons eerste prioriteit, maar jy weet nooit waarheen jou pad lei nie. Ons wil baie graag ons werk daarop toespits om kinders te help en op te hef. Daar is baie kinders in hierdie wêreld wat net liefde nodig het …”
Blaai hier deur hul troufoto’s wat deur Andstory geneem is:
(Volg Andstory op Instagram en Facebook).
Hier is die lokprent van Dis ek, Anna waarin Charlenè die hoofrol vertolk.
Lees ook
The post FOTO’S: Dis ek, Anna-ster Charlenè Brouwer se sprokiestroue appeared first on SARIE.