Deesdae deel hulle dalk die rooi tapyt, maar dié Suid-Afrikaanse bekendes was eens saam op die skoolbanke!
Hoërskool Linden: Karen Zoid, Diaan Lawrenson, Chris Chameleon, Elvis Blue, Neels van Jaarsveld en Riaan Cruywagen
Wat is in die Hoërskool Linden se water?! Nie net spog dié skool in Johannesburg met talle akteurs en sangers as oudleerders nie, maar selfs die legendariese nuusleser Riaan Cruywagen was hier op skool!
![]()
LINKS: Karen Zoid (Foto: Marijke Willems) REGS: Diaan Lawrenson (Foto: Leana Clunies-Ross)
Hoërskool Florida: Bertha le Roux en Quinne Brown
Lank voor hulle saam op die stel van 7de Laan beland het, was die pragtige aktrises Bertha le Roux en Quinne Brown saam in dié skool in Roodepoort.
![]()
LINKS: Quinne Brown (Foto: Leana Clunies-Ross) REGS: Bertha le Roux (Foto: Phyllis Green)
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria: Brümilda van Rensburg, Liz Meiring en Sandra Prinsloo
Hierdie ikoniese Afrikaanse aktrises was in die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria.
![]()
LINKS: Brümilda van Rensburg (Foto: Marijke Willems) REGS: Sandra Prinsloo (Foto: Johan Wilke)
Hoërskool De Kuilen: Nataniël en Marion Holm
Twee van ons grootste ikone, die komediant-aktrise Marion Holm en ons gunsteling-kaalkop Nataniël, kom uit dieselfde skool!
![]()
LINKS: Nataniël (Foto Clinton Lubbe) REGS: Marion Holm (Foto: Robert Hamblin)
Hoërskool Jeugland: Leandie du Randt en Schalk Bezuidenhout
Die aktrise en komediant is albei oud-leerders van dié skool in Kempton Park.
![]()
LINKS: Leandie du Randt (Foto: Leana Clunies-Ross) REGS: Schalk Bezuidenhout (Foto: Verskaf)
Hoërskool Gimnasium: Elma Smit en Schalk Burger
Hoërskool Gimnasium in die Paarl het nie net verskeie Springbok-helde, soos Jean de Villiers, Schalk Burger en Kobus Wiese, opgelewer nie. Ook die aanbieder Elma Smit het aan dié spogspool gematrikuleer.
![]()
LINKS: Elma Smit (Foto Leana Clunies-Ross) REGS: Schalk Burger (Foto: Christine Meintjies)
Hoërskool Jan van Riebeeck: Viljé Maritz en Pietie Beyers
Die akteurs Viljé Maritz en Pietie Beyers was saam in die Hoërskool Jan van Riebeeck in die hart van Kaapstad. Ander bekendes, soos Laurika Rauch en SARIE se voormalige kosredakteur Barbara Joubert, het ook hier skoolgegaan.
![]()
LINKS: Viljé Maritz (Foto: Gillian Coetzee) REGS: Pietie Beyers (Foto: Verskaf)
Hoërskool Brits: Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld en Franco Mostert
Dié skool is die alma mater van Suid-Afrika se bekendste broer en suster. Die Springbok-rugbyspeler Franco Mostert was ’n paar jaar ná hulle hier in matriek.
![]()
Franco Mostert (regs) FOTO: Instagram / @francomostert
![]()
FOTO Instagram / @karlienvanjaarsveld
Weet jy van nog bekendes wat saam op skool was? Stuur ’n boodskap op ons Facebook-blad!
The post Dié SA bekendes was saam op skool! appeared first on SARIE.