Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all 2294 articles
Browse latest View live

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Liza

$
0
0

Doeners en dromers. Entrepreneurs en studente. Hulle het styl, vasbyt, moed, ’n sin vir humor – en ’n eie storie. Hulle is SARIE-lesers en die finaliste in SARIE Voorbladgesig 2017.

Die laaste weke het hulle gewys wie hulle is, op die televisieprogram op kykNET, asook in die fotografiese ateljee waar hulle deur SARIE se A-span onder hande geneem is en oor drie dae deur topfotograaf Leana Clunies-Ross in ware SARIE-voorbladstyl afgeneem is. Die 2 wenners, wat op die voorblad van ons Oktober-uitgawe sal pryk, word eersdaags aangekondig.

Liza Aiken (27), Administrasiebeampte in landelike ontwikkeling en beplanning, Kaapstad

Kry hier ’n agter-die-skerms-blik van Liza se fotosessie:

Kyk Maandag 18 September na die finale episode van SARIE Voorbladgesig (17:30 op KykNET.) Hou ook SARIE se Oktober-uitgawe dop wat vanaf volgende week op die winkelrakke sal verskyn.

SARIE Voorbladgesig word trots aangebied in samewerking met kykNet, Inoar Professional, Nomination Italy en Menlyn Boutique Hotel.

 

The post Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Liza appeared first on SARIE.


Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Nadia

$
0
0

Doeners en dromers. Entrepreneurs en studente. Hulle het styl, vasbyt, moed, ’n sin vir humor – en ’n eie storie. Hulle is SARIE-lesers en die finaliste in SARIE Voorbladgesig 2017.

Die laaste weke het hulle gewys wie hulle is, op die televisieprogram op kykNET, asook in die fotografiese ateljee waar hulle deur SARIE se A-span onder hande geneem is en oor drie dae deur topfotograaf Leana Clunies-Ross in ware SARIE-voorbladstyl afgeneem is. Die 2 wenners, wat op die voorblad van ons Oktober-uitgawe sal pryk, word eersdaags aangekondig.

Nadia de Wet (34), Boervrou van Standerton, Mpumalanga

Kry hier ’n agter-die-skerms-blik van Nadia se fotosessie:

Kyk Maandag 18 September na die finale episode van SARIE Voorbladgesig (17:30 op KykNET.) Hou ook SARIE se Oktober-uitgawe dop wat vanaf volgende week op die winkelrakke sal verskyn.

SARIE Voorbladgesig word trots aangebied in samewerking met kykNet, Inoar Professional, Nomination Italy en Menlyn Boutique Hotel.

Kyk ook:

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Marize

FOTO: Phyllis Green

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Liza

FOTO: Phyllis Green

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Cato

FOTO: Phyllis Green

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Suné

FOTO: Phyllis Green

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Ashleigh

FOTO: Phyllis Green

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Shené

FOTO: Phyllis Green

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Danél

FOTO: Phyllis Green

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Yolani

FOTO: Phyllis Green

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Elanze

The post Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Nadia appeared first on SARIE.

Riana Nel spog met babamagie

$
0
0

Die Afrikaanse sangeres Riana Nel is reeds die trotse mamma van haar eersteling, Tristian. En een van dae gaan sy ’n tweede spruit verwelkom!

Riana wat al sedert 2013 met Cornel de Beer getroud is, het hierdie oulike foto’s van haar babamagie op Instagram gedeel.

Geduldig #38 dankie @suna1suna1

A post shared by Riana Nel (@riananelofficial) on

The post Riana Nel spog met babamagie appeared first on SARIE.

Elizabeth Taylor se aantreklike kleinseun

$
0
0

Selfs ná haar dood is die Hollywood-ster Elizabeth Taylor steeds ’n ikoon. Sy was agt keer getroud, het drie kinders, 10 kleinkinders en vier agterkleinkinders gehad.

Vroeër vanjaar het van haar kleinkinders en een agterkleinkind in die tydskrif Town & Country verskyn. In elkeen is daar ’n trek van Elizabeth.

A post shared by quinn (@quinntivey) on

Quinn Tivey, een van haar kleinseuns, het veral sy ouma Elizabeth se kenmerkende oë en swart hare gekry.

A post shared by quinn (@quinntivey) on

Hy is ’n ambassadeur van die Elizabeth Taylor AIDS Foundation en ’n kunstenaar.

The post Elizabeth Taylor se aantreklike kleinseun appeared first on SARIE.

Behati Prinsloo is swanger met haar tweede kind!

$
0
0

Die Namibiese model Behati Prinsloo (28) en haar Amerikaanse sanger-man, Adam Levine (38), is swanger met hul tweede kind. 

Behati, wat ook ’n Victoria Secret-model is, het ’n foto van haar bababoep op Instagram geplaas.

ROUND 2…..

A post shared by Behati Prinsloo Levine (@behatiprinsloo) on

Die paartjie, wat in 2014 getroud is, het reeds ’n dogtertjie, Dusty Rose. Adam, wat die hoofsanger van Maroon 5 is, het verlede jaar sy ster op die Hollywood Walk of Fame ontvang.

In sy toespraak het hy vir sy vrou en gesin bedank.

“Ek het ’n dogtertjie, ek het die mooiste vrou in hele wêreld, ek is die gelukkigste man in die wêreld. Maar ek is nie die rede vir my eie geluk nie. Dit het als te doen met die mense wat vir my lief is. Ek is dankbaar vir elkeen van julle.”

Everything I need is right here. (Beach optional)

A post shared by Adam Levine (@adamlevine) on

The post Behati Prinsloo is swanger met haar tweede kind! appeared first on SARIE.

Só lyk Serena Williams se eersteling

$
0
0

Sy het al 23 Grand Slam-titels gewen en nou het Serena Williams vir die eerste keer ma geword. En dit lyk of sy elke oomblik geniet!

Serena het onlangs ’n foto van haar eersteling op Instagram gedeel. En die dogtertjie se naam? Alexis Olympia.

Haar verloofde, Alexis Ohanian, het die oulike video op YouTube gedeel. Alexis is die medestigter van Reddit.

The post Só lyk Serena Williams se eersteling appeared first on SARIE.

Karlien oor ma-wees en lewenslesse

$
0
0

Dit gaan goed met Karlien van Jaarsveld. Sy en haar man, Joe Breytenbach, verwag hul eerste baba en bly dolgelukkig in Pretoria saam met haar driejarige tweelingseuntjies, Eliah en Daniël.

Karlien het in Mei vanjaar die nuus op Instagram gedeel dat sy swanger is. “Ek is mal daaroor om swanger te wees. Om nou ’n uitrusting te kies kan nogal tyd neem. Ek is so paar kilo’s swaarder, en waar soetgoed in die verlede deel was van my daaglikse dieet, is dit nou basies my hele dieet. Joe sê ek is een van die ongesondste mense wat hy ken. Hopelik hou ek niks meer van soetgoed wanneer hierdie babatjie gebore is nie.”

Sy het vanoggend hierdie pragtige foto gedeel:

Tydens die tweede trimester van swangerskap begin dinge “erg ongemaklik raak”, sê Karlien. “My rug is lekker seer, maar dit [die swangerskap] sal altyd die moeite werd wees. Om hierdie lewe in jou te voel beweeg en te besef dis ’n baba waarvoor ek verantwoording gaan moet doen … En as dit God se wil is, sal ek hierdie lewe vir baie jare kan leer ken, tot die dag van my dood.”

FOTO Phyllis Green

Intussen hou Karlien nog konserte en werk hard aan haar klerereeks wat binnekort beskikbaar sal wees. “Ek het nog so drie musiekoptredes oor voordat ek net bietjie kan lê en my pens ontspan. Ek is ook besig met my KVJ-klerereeks. Ek sê al vir drie jaar lank ek wil dit begin, maar het nooit die regte mense gekry om mee saam te werk nie. Dis asof alles nou in plek val. Ek sien ook baie uit na my aanlyn winkel. Ek gebruik vir eers ’n model, Lani Serfontein (rugbyspeler Jan Serfontein se vrou), om in my plek die klere te wys omdat ek op die oomblik nie meer in enige ding pas nie.”

Karlien sal dan later self die model vir haar klerereeks wees. Daar is ook ’n reeks vir dogtertjies, vertel sy.

Ten spyte van haar besige skedule is haar eerste prioritieit steeds ma-wees en haar seuntjies is haar hart se punt. “Ma-wees is die heel beste ding wat met my kon gebeur. Ek sit weekliks en dink oor hoe bevoorreg ek is dat daar twee seuntjies is wat vir my mamma sê, wat huil as ek twee meter voor hulle loop omdat hulle elke oomblik van die dag langs my wil wees. Alles wat ek doen vat nou tien keer langer. Hulle is baie beskermend teenoor my en teenoor mekaar én teenoor ons nuwe baba. Hulle vertel vir almal ons kry ’n baba en hulle wil alles in die winkels vir die baba koop.”

FOTO Leana Clunies-Ross

Sy was nog nooit so lief vir iets of iemand nie. “Alles is nie ’n sprokiesverhaal nie. Drie [haar seuntjies se ouderdom] is definitief vir my die moeilikste ouderdom sover. Hulle val op die grond neer en kan vreeslik oordryf oor eenvoudige dinge, maar vir hulle is alles groot en baie erg. Ek skreeu definitief soms dat die bure my hoor. Maar hulle laat my ook uit my maag lag en laat my elke dag iets sien van die Vader se hart.”

Oor die jare het Karlien kosbare lewenslesse geleer. “Mense sal jou dikwels teleurstel, maar so sal ek ander ook teleurstel, sonder dat ek wou. Ek het ook besef dat jy soms so oortuig is jou besluit is die regte een, en later sien jy met grysheid kom wysheid. Ek weet ook daar is net een ek. Dit vat al die druk van my af om ooit soos iemand anders te wil wees, want niemand op aarde sal ooit weer my roeping kan vervul nie.”

En die beste raad wat sy al gekry het? “Om stil te bly.”

Sy glo ook jy moet deernis aan ander wys. “Weet dat die mens wat verby jou stap, ook ’n wond toegedien is, so wees vriendelik. Dit kos niks nie.”

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on


Karlien se seuntjie Eliah het dié foto’s geneem

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on


Twee boetas saam

The post Karlien oor ma-wees en lewenslesse appeared first on SARIE.

Die ooievaar is besig hierdie lente

$
0
0

Dis lente, en terwyl die bloeisels stadig begin bot, vlieg die ooievaar heen en weer. Ja, plaaslik en in Hollywood is daar omtrent nuus oor pienkvoete. Net vandag was daar weer tyding uit Los Angeles. Het jy gehoor? Ons deel als met jou!

Carey Mulligan, aktrise

Die Engelse roos is reeds die trotse ma van ’n tweejarige dogtertjie, Evelyn. Soos met haar eerste swangerskap was Carey weer baie geheimsinnig. Steelfoto’s vroeër vanjaar waar sy en haar sanger-man, Marcus Mumford, hand aan hand in die straat stap het gewys sy is swanger. En gister by die première van haar nuwe fliek, Mudbound, het sy nie net met blonde hare nie maar ook ’n plat maag gespog. Sy het die goeie nuus van haar tweede pienkvoet se koms aan People bevestig.

A post shared by Mumford & Sins (@careymumford) on

A post shared by Glamurama (@glamurama) on

Behati Prinsloo, Namibiese supermodel

Die Victoria’s Secret-model en haar Amerikaanse sanger-man, Adam Levine, is swanger met hul tweede kind.

Behati het ’n foto van haar bababoep op Instagram geplaas.

ROUND 2…..

A post shared by Behati Prinsloo Levine (@behatiprinsloo) on

Serena Williams, tenniskampioen

Sy het al 23 Grand Slam-titels verower en nou het Serena Williams die eerste keer ma geword. En dit lyk of sy elke oomblik geniet!

Serena het ’n foto van haar dogtertjie op Instagram gedeel. En haar naam? Alexis Olympia.

Riana Nel, Afrikaanse sangeres

Riana is reeds die trotse ma van die eenjarige Tristian. En een van dae gaan sy ’n tweede spruit verwelkom!

Riana, wat al sedert 2013 met Cornel de Beer getroud is, het hierdie oulike foto van haar babamagie op Instagram gedeel.

Angelique Gerber, Afrikaanse aktrise

Angelique en haar man, die Blou Bul-rugbyspeler Jacques Potgieter, het onlangs die geslag van hul identiese tweeling aan Huisgenoot verklap. Die twee dogtertjies word in Maart verwag.

Springbok Siya Kolisi en sy pragtige vrou, Rachel

Die oulike paartjie het reeds ’n driejarige seuntjie, Nicholas Siyamthanda. En binnekort gaan hulle hul tweede spruit verwelkom.

Day Maker ✨

A post shared by Rachel Kolisi (@rachel_kolisi) on

A pleasure doing life with this one 🙏🏼

A post shared by Rachel Kolisi (@rachel_kolisi) on

Karlien van Jaarsveld, Afrikaanse sangeres en TV-persoonlikheid

Karlien, reeds die trotse ma van ’n tweeling, gaan binnekort nog ’n pienkvoet verwelkom. Sy het onlangs met SARIE.com oor ma-wees gepraat, klik hier.

The post Die ooievaar is besig hierdie lente appeared first on SARIE.


Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms

$
0
0

Doeners en dromers. Entrepreneurs en studente. Hulle het styl, vasbyt, moed, ’n sin vir humor – en ’n eie storie. Hulle is SARIE-lesers en die finaliste in SARIE Voorbladgesig 2017.

Die laaste weke het hulle gewys wie hulle is, op die televisieprogram op kykNET, asook in die fotografiese ateljee waar hulle deur SARIE se A-span onder hande geneem is en oor drie dae deur topfotograaf Leana Clunies-Ross in ware SARIE-voorbladstyl afgeneem is. Die 2 wenners, wat op die voorblad van ons Oktober-uitgawe sal pryk, word eersdaags aangekondig.

Klik op elke opskrif om die agter-die-skerm-foto’s van ’n finalis te sien.

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Nadia

FOTO: Phyllis Green

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Marize

FOTO: Phyllis Green

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Liza

FOTO: Phyllis Green

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Cato

FOTO: Phyllis Green

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Suné

FOTO: Phyllis Green

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Ashleigh

FOTO: Phyllis Green

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Shené

FOTO: Phyllis Green

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Danél

FOTO: Phyllis Green

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Yolani

FOTO: Phyllis Green

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Elanze

FOTO: Phyllis Green

 

The post Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms appeared first on SARIE.

Super Mario nie meer net ’n loodgieter!

$
0
0

Onthou julle nog vir Super Mario die videospeletjieheld wat nie skroom om sy hande vuil te smeer nie? In die speletjie is jy Mario en jou speelmaat sy jonger broer, Luigi. Saam is julle ’n vindingryke span wat allerlei uitdagings die hoof kan bied. 

Die speletjie, wat in 1983 deur Nintendo vrygestel is, het al baie ander speletjies sien kom en gaan. Oor die jare het die karakter Mario diep in harte gekruip – so diep dat selfs die Japanse premier, Shinzo Abe, by die sluitingseremonie van die Olimpiese Spele in Rio verlede jaar met ’n hoed soos dié van Mario op sy kop verskyn het. Dit was om voorbrand te maak vir 2020 se Spele in Tokio.

Deesdae is Mario ’n “hip dude” wat graag sport doenVolgens Nintendo is die “nuwe” Mario nie meer net ’n loodgieter nie, maar eerder ’n sportentoesias wat alles van tennis tot bofbal en sokker beoefen.

Ons sien uit om te sien wat Mario alles gaan vermag in die opbou tot die Spele!

The post Super Mario nie meer net ’n loodgieter! appeared first on SARIE.

Selena Gomez deel hartseer nuus

$
0
0

Dit word as die “stil siekte” beskryf. ’n Siekte waar die liggaam sy eie gesonde weefsel aanval. En dikwels neem dit jare om dit te diagnoseer. Lupus is ’n outoïmmuunsiekte, en 1 uit elke 250 mense ontwikkel dit. Die Amerikaanse sangeres Selena Gomez is een van hulle.

Lupus kan die vel aantas (velletsels en pynlike swelsels wat soos opgehewe kneusplekke lyk), asook gewrigte (vingers, hande, polse en knieë), niere, longe, hart en senuweestelsel.

Selena moes onlangs ’n nuwe nier gekry het. Sy het die hartseer nuus op Instagram gedeel:

I’m very aware some of my fans had noticed I was laying low for part of the summer and questioning why I wasn’t promoting my new music, which I was extremely proud of. So I found out I needed to get a kidney transplant due to my Lupus and was recovering. It was what I needed to do for my overall health. I honestly look forward to sharing with you, soon my journey through these past several months as I have always wanted to do with you. Until then I want to publicly thank my family and incredible team of doctors for everything they have done for me prior to and post-surgery. And finally, there aren’t words to describe how I can possibly thank my beautiful friend Francia Raisa. She gave me the ultimate gift and sacrifice by donating her kidney to me. I am incredibly blessed. I love you so much sis. Lupus continues to be very misunderstood but progress is being made. For more information regarding Lupus please go to the Lupus Research Alliance website: www.lupusresearch.org/ -by grace through faith

A post shared by Selena Gomez (@selenagomez) on

Maar iets ongeloofliks het ook gebeur. Haar goeie vriendin Francia Raisa het besluit om vir Selena een van haar niere te skenk. Die operasie het glo goed verloop. Sy was vir ’n paar weke uit die kollig om volkome te herstel.

FOTO Instagram / @selenagomez

Simptome van lupus kan die volgende insluit:

• Geweldige moegheid
• Laegraadse koors
• Kwaai gewrigs- en spierpyn
• Veluitslag op lyf
• Gewigsverlies
• Sensitiwiteit vir die son
• Swak sirkulasie in hande en voete
• Haarverlies

Ander bekendes wat aan lupus ly is Lady Gaga, Seal en Elaine Page.

The post Selena Gomez deel hartseer nuus appeared first on SARIE.

SARIE Voorbladgesig 2017: Hier’s die wenners!

$
0
0

’n Patisseriesjef en bakkery-eienaar van die Kaap en ’n boervrou en ma van Mpumalanga wat haarself Russies leer, lewer toe saam-saam SARIE Voorbladgesig vir 2017 op! Dit is die tweede keer op ’n ry dat twee wenners dié gesogte titel deel.

Yolani Abrahams, 25-jarige patisseriesjef en eienaar van die opskietbakkery Kole & Deeg op Ceres, en Nadia de Wet, 34-jarige boervrou met ’n handelsgraad van die plaas Platrand by Standerton, is vanaand by ’n glansgeleentheid by die Menlyn Boutique Hotel in Pretoria saam as die SARIE Voorbladgesig 2017 aangekondig. Wat hulle nié deel nie, is die gróót prys – die Oktober 2017-voorblad van SARIE. Elkeen kry ’n eie voorblad en die twee voorblaaie sal vanaf Maandag 18 September landwyd langs mekaar op die rak staan.

SARIE-redakteur, Michélle van Breda, wat die wenners aangewys en die twee Oktober-voorblaaie onthul het, het gesê elke voorblad is volmaak – die een pure sonskyn, die ander eenvoudig boeiend ­– en sáám is hulle “net magic”.

“Vanjaar was SARIE Voorbladgesig inderdaad ’n reis omdat televisie ook bygekom het. Maar dit was opwindend, want almal kon meer van die finaliste sien en hulle leer ken. Die mededinging was straf, elke jaar word dit strawwer, en dit maak die finale keuse nog moeiliker. Maar op die ou end práát die foto’s. Is ek gelukkig met vanjaar se wenners? Nie gelukkig nie … ek’s over the moon! Hierdie twee voorblaaie is baie anders as dié van ons vorige wenners. Tog is hulle in voorkoms én in emosie in die kol, 100% SARIE-voorblaaie. Boonop is hulle van internasionale gehalte.”

Die gala-aand is vir televisie verfilm en word eerskomende Maandag om 17:30 op kykNET (Dstv-kanaal 144) uitgesaai as die laaste episode van SARIE Voorbladgesig. Dit is die sewende jaar dat SARIE dié gewilde wedstryd aanbied, maar dit is die eerste keer dat televisiekameras die maande lange soektog na ’n Voorblad-wenner volg. Oor die laaste sewe jaar het meer as 50 000 vroue al vir die wedstryd ingeskryf, met Pretoria die stad waarvan die meeste inskrywings kom.

Drie vorige wenners, SARIE Voorbladgesig 2013 se Marike Nel van Pretoria, en die twee wenners van SARIE Voorbladgesig 2016, Elmaré Schutte van Pretoria en Nicola Smit van Kraaifontein, het ook die geleentheid bygewoon. Ivan Botha, regisseur en medeskrywer en -vervaardiger van die 2018-rolprent Stroomop!, waarvan SARIE die mediavennoot is, was die seremoniemeester.

Nog bekendes wat die geleentheid bygewoon het, was onder andere die Binnelanders-aktrises Brümilda van Rensburg, Pascal Pienaar, Cindy Swanepoel en Je-ani Swiegelaar, asook Getroud met rugby se Marijke van der Westhuizen, Christel van den Bergh en Marlee van der Merwe en kykNET se Nadia Beukes en Lynelle Kenned.

SARIE Voorbladgesig is trots geborg deur kykNet, Inoar Professional, Nomination Italy en Menlyn Boutique Hotel.

Hou môre SARIE.com dop vir eksklusiewe agter-die-skerm-foto’s! 

The post SARIE Voorbladgesig 2017: Hier’s die wenners! appeared first on SARIE.

Fergie en Josh Duhamel se paadjies skei

$
0
0

Die akteur Josh Duhamel en sy sanger-vrou, Fergie, se paadjies het geskei. Die Hollywood-paartjie het die hartseer nuus met CNN gedeel in ’n gesamentlike verklaring. 

“Met absolute respek en liefde het ons vroeër vanjaar besluit om uitmekaar te gaan as paartjie,” het die verklaring gelui.

Josh en Fergie is al sedert 2004 saam. Hulle is in 2009 in Kalifornië getroud en het ’n vierjarige seuntjie, Axl.

8 years!! Love you babe.

A post shared by Josh Duhamel (@joshduhamel) on

had to post this one too #mommylove #axljack 4th bday! 🎂🎂🎉🎉 ❤️💛💚💙💜

A post shared by Fergie (@fergie) on

The post Fergie en Josh Duhamel se paadjies skei appeared first on SARIE.

Minki is swanger!

$
0
0

Dis nie net die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, wat volgende jaar haar derde kind verwelkom nie. Die beeldskone Minki van der Westhuizen is ook swanger met baba nommer 3!

Die Boer soek ’n vrou-aanbieder het die goeie nuus op Instagram gedeel.

Baba Joubert no 3 – Due Maart 2018 #superopgewonde #dankieJesus #dankbaar #bevoorreg #kanniemeerdiemagiewegsteeknie

A post shared by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Sy en haar rugbyspeler-man, Ernst Joubert, het reeds twee skattige dogtertjies, Katerien en Elise. Hul nuwe bababoetie of -sussie word in Maart verwag.

Baie geluk met jou verjaarsdag, liefste pappa @ernstjoubert !! Ons is absoluut mal oor jou! Dankie Jesus vir Errie!!

A post shared by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

The post Minki is swanger! appeared first on SARIE.

FOTO’S: SARIE Voorbladgesig se gala-aand!

$
0
0

En so is nóg ’n SARIE Voorbladgesig-hoofstuk verby! En wat ’n opwindende reis was dit nie … ’n TV-reeks op kykNET, 10 #trotsSA-vroue wat ons inspireer en twee wenners, elk met hul eie SARIE-voorblad.

Die gala-aand is gisteraand by die pragtige Menlyn Boutique Hotel gehou. Gaste, wat bekendes en vorige SARIE Voorbladgesig-wenners ingesluit het, kon die aand saam met die Top-10 meemaak. Die talentvolle Ivan Botha, regisseur en rolprentvervaardiger, was die seremoniemeester. SARIE was die trotse mediavennoot. Ja, dit was ’n aand om te onthou.

SARIE se redakteur, Michélle van Breda, saam met die Top-10.
FOTO Phyllis Green

Ons Top-10, almal asemrowend vir die aand.
FOTO Phyllis Green

En ons wenners?

’n Patisseriesjef en bakkery-eienaar van die Kaap en ’n boervrou en ma van Mpumalanga wat haarself Russies leer, is toe saam-saam as 2017 se SARIE Voorbladgesigte aangewys. Dit is die tweede keer in ’n ry dat twee wenners die gesogte titel deel.

Ons wenners, Yolani Abrahams en Nadia de Wet!
FOTO Phyllis Green

Kyk net hoe skitter Yolani Abrahams en Nadia de Wet op hul voorblaaie:

SARIE se Oktober-uitgawe is vanaf Maandag 18 September te koop.
FOTO Phyllis Green

As jy graag wil sien hoe die aand verloop het en die wenners se reaksie eerstehands wil beleef, skakel Maandag om 17:30 in op kykNET. Die laaste episode wys alles wat dié glansaand gebeur het!

Kyk net die foto’s:

Die pragtige aktrise Donnalee Roberts by die gala-aand.
FOTO Phyllis Green

Getroud met Rugby-sterre Christel van den Bergh (links) en Anlia van Rensburg.
FOTO Phyllis Green

Verlede jaar se SARIE Voorbladgesig-wenners, Nicola Smit (links) en Elmaré Schutte.
FOTO Phyllis Green

Die aktrise en kykNET-aanbieder Lynelle Kenned en RSG-aanbieder Sue Pyler lyk beeldskoon in onderskeidelik groen en swart.
FOTO Phyllis Green

Die Getroud met Rugby-ster Chantal Stanfield het geskitter in haar swart rok.
FOTO Phyllis Green

Die pragtige aktrise Nadia Beukes en haar man, David de Villiers.
FOTO Phyllis Green

Die Binnelanders-ster Cindy Swanepoel straal in haar lente-uitrusting. FOTO Phyllis Green

En op Instagram natuurlik:

Letting the people know with @lynelle_kenned! About the fro, yo.

A post shared by Chantal Stanfield (@chantal.stanfield) on

Kyk wie is saam op #SARIEvoorbladgesig se rooi tapyt! Ons voorbladgesigwenner van 2013 @marikenel en @donnalee_r ❤️

A post shared by SARIE Tydskrif (@sarietydskrif) on

#SARIEvoorbladgesig top-10 finaliste @catorganic en @abrahamsyolani is reg vir die ROOI tapyt!

A post shared by SARIE Tydskrif (@sarietydskrif) on

What a beautiful evening celebrating #femininity #style #glamour & #grace at the @sarietydskrif #voorbladgesig final. A very special thank you & congratulations to @michellevanbreda & everyone involved in this wonderful venture & special gala event at @menlynboutiquehotel in association with @kyknettv #ideacandy cc: @rozmckinsta @wim.steyn @faniecronje @emtia1 @adribritz @elleoosthuizen @curlytops357 @nicolavanniekerk @carmenbotma @berdenevandiedak 💛It is always such a pleasure to be associated with the SARIE brand & I feel so incredibly honored to say I have also had the privilege of being a #sarie #covergirl along with other inspiring woman like @donnalee_r & the two ladies that won tonight @abrahamsyolani & @nadiadewet2333 – Dreams do come true ⭐️#dreambig #socialstar nb p.s Thanks to @philschnetler & @hschouse for this classic look #dressedby #styledby 😉

A post shared by Nadia Beukes-DeVilliers (@nadiabeukes) on

 

The post FOTO’S: SARIE Voorbladgesig se gala-aand! appeared first on SARIE.


SARIE Voorbladgesig 2017: Wat kry die wenners?

$
0
0

As wenners van SARIE Voorbladgesig 2017 stap Yolani Abrahams en Nadia de Wet weg met SARIE se Oktober-voorblad en R20 000 kontant asook die volgende pryse:

Moët & Chandon: Kalligrafie-pak van Moët & Chandon (Nadia en Yolani)

Vogue: Sonbril ter waarde van R1 390

Madison: Skoen-geskenkbewys ter waarde van R600

Spree: R500-geskenkbewys

NB Uitgewers: Boeke ter waarde van R450

Dior: 100 ml-bottel Miss Dior-parfuum ter waarde van R2 200

Clarins: Geskenkpak ter waarde van R1 700

Michelle Ludek: R900-kleregeskenkbewys

INOAR: Haarprodukte-geskenkpak ter waarde van R3 500

kykNET: DStv Explora ter waarde van R1 300 (Yolani en Nadia)

Beauty Within Salon & Spa by Menlyn Boutique Hotel: Pedikuur ter waarde van R280

Nomination: ’n Armband ter waarde van R2 500

Superspar Menlyn Maine: R1 000-geskenkbewys

Die top-10 finaliste stap elke weg met:

Vogue: Sonbril ter waarde van R1 390

Madison: Skoen-geskenkbewys ter waarde van R600

Spree: R500-geskenkbewys

NB Uitgewers: Boeke ter waarde van R450

Dior: 100 ml-bottel Miss Dior-parfuum ter waarde van R2 200

Clarins: Geskenkpak ter waarde van R1 700

Michelle Ludek: R900-kleregeskenkbewys

INOAR: Haarprodukte-geskenkpak ter waarde van R1 000

Beauty Within Salon & Spa by Menlyn Boutique Hotel: Pedikuur ter waarde van R280

Nomination: ’n Armband ter waarde van R1 000

Superspar Menlyn Maine: R1 000-geskenkbewys

The post SARIE Voorbladgesig 2017: Wat kry die wenners? appeared first on SARIE.

Johnny Clegg praat oor kanker en laaste wêreldtoer

$
0
0

Die Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en gumboot-danser Johnny Clegg het verlede week tydens ’n intieme mediageleentheid oopgemaak oor sy stryd teen kanker. Die 64-jarige musiek-ikoon het aan die begin van die jaar aangekondig dat hy vanjaar sy laaste wêreldtoer aanpak nadat hy in 2015 met pankreaskanker gediagnoseer is.

“Die optredes is moeilik vir my,” sê Johnny oor sy toer, The Final Journey, wat in Junie in Kaapstad afgeskop het.

Juluka – Sipho Mchunu & @johnnyclegg on stage together! #TheFinalJourney pic: @missjinamin

A post shared by RealConcerts (@realconcerts) on

Hy vertel dat hy sedert sy diagnose reeds drie chemoterapiebehandelings gehad het, asook ’n operasie waar onder meer sy galblaas en die helfte van sy maag en pankreas verwyder is. Ná sy laaste chemo-sessie in Februarie vanjaar het die toetse gewys dat die kanker in remissie is. Dis toe dat hy besluit het om dié laaste konserttoer te doen.

“Ek het weer begin goed voel. Ek het besef: Ek weet nie wat gaan gebeur nie … ek weet nie hoe lank ek het nie.” Met sy Final Journey-toer sluit Johnny ’n indrukwekkende loopbaan van byna 40 jaar af. Hy is bekend vir sy unieke musiekstyl wat tradisionele Afrika- en Zoeloe-klanke, -lirieke en -danse inkorporeer. Hy het ook ’n reuse- internasionale aanhang en staan in Frankryk bekend as “Le Zoulou Blanc” (Die Wit Zoeloe).

Hoewel dié laaste toer sy uitdagings het, is Johnny opgewonde oor die rits plaaslike en internasionale vertonings wat kom. “Ek voel fiks en sterk en ek dans en ek sing. Ek gee dit my alles terwyl ek in dié toestand [remissie] is.” Sy aanhangers motiveer hom. “Ek het Clegg-heads, Savuka-heads, Juluka-heads wat almal saam met my ouer geword het. Hulle waardeer wat ek doen en hulle is werklik hartseer en wil hierdie finale konneksie maak en vier, en ek voel baie gemotiveerd om dit saam met hulle te doen.”

Hoewel Johnny reeds in Johannesburg was, is die vraag na kaartjies so groot dat hy besluit het om nóg ’n laaste konsert in die Goudstad te hou. Dit sal op 11 November by die Ticketpro Dome wees. Kaartjies is vanaf vandag beskikbaar by Computicket.

FOTO: Verskaf deur Real Concerts

The post Johnny Clegg praat oor kanker en laaste wêreldtoer appeared first on SARIE.

SARIE Voorbladgesig: #Voorskou van episode 7

$
0
0

SARIE Voorbladgesig 2017 se wenners, Yolani Abrahams en Nadia de Wet, is Donderdagaand by ‘n glansgeleentheid aangekondig. 

In episode sewe van SARIE Voorbladgesig kan jy die gala-aand eerstehands ervaar. Kyk hoe maak die top-10 finaliste reg vir die rooi tapyt en sien die wenners se reaksie wanneer Michelle hulle name noem. 

Vanaand is ‘n glansaand en jy word genooi om saam fees te vier!

Kyk Maandagaand (18 September) om 17:30 op KykNET.

Hier’s episode 7 se lokprent:

Hier’s die hoogtepunte van vanjaar se SARIE Voorbladgesig:

Kyk hier na Yolani Abrahams en Nadia de Wet se voorbladreis:

The post SARIE Voorbladgesig: #Voorskou van episode 7 appeared first on SARIE.

’n Dogtertjie vir Karlien van Jaarsveld!

$
0
0

Die pragtige Karlien van Jaarsveld gaan binnekort haar nuwe pienkvoet ontmoet. Sy het onlangs op Instagram verklap dat sy reeds op ses weke haar babatjie se naam “gehoor het”. En die geslag? ’n Dogtertjie en haar naam is Elah!

Karlien het sopas die goeie nuus oor haar dogtertjie op Instagram gedeel:

Ons het dit lank geheim gehou, maar wil dit vandag deel dat ek en Joe toevertrou word om ‘n dogtertjie groot te kan maak. Ons stap nog elke dag in afwagting en vertroue in God tot haar geboorte, en ook so daarna. Ons kan nie ons dankbaarheid beskryf dat Eliah en Daniël nog ‘n sussie (na Evah 15/01/15) bykry nie! Hulle is so opgewonde🕊en het alreeds vir baie mense van haar vertel🙈🌳 Ons het ‘n hele paar maande al met haar naam geloop en God in Sy getrouheid het dit oor en oor kom bevestig dat sy ELAH genoem sal wees. (Uitspraak Êlla) Dit was die PLEK waar Saul en die Isrealiete weggekruip het, onder die Terebinte Bome in Elah, en dan waar Dawid uiteindelik vir Goliat verslaan het. Dis ‘n skuilplek. Mag jou reus verslaan word en mag jy ONTHOU wie jy was voor die grondlegging van die wêreld, en met Christus beklee word in geregtigheid. Ek het hierdie gedig vir haar geskryf🌳 Waarheen sal die wind en wolke gaan Sonder die stem van God Wie sal op die uithoek v die aarde staan En roep keer terug vanwaar ek jou geplant het jy soek soek en vind niks Ek roep roep in jou binneste in Hoor My vandag as ek jou naam noem Elah, my terebint, geregtigheid sal die son laat skyn en die takke bloei Staan jy op na waar Ek roep jou tuiste in die eden plek, jy hoor, jy stap, jy vind jou weg. Let op hierdie een van My sy het haar skuilplek, vanuit die ooste verkry geroep deur die Ware Geluid, Genoem terebinte van geregtigheid. Liefde Mamma Jes 61:3 Thank you @melissa__madsen for the most beautiful babyshower🌸🌟

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Sondag het Karlien saam met haar ma, skoonsus, Annatjie, kleinsus, Cara, en hartsvriendinne, wat Donnalee Roberts en Riana Nel insluit, ’n babatee gehou. Die babatee is by Kievits Kroon Country Estate buite Pretoria gehou.

Sy het pragtig in haar somersrokkie gelyk!

Karlien het spesiaal haar ma op Facebook bedank. “Dankie Ma. Dit was die mooiste en mees spesiale babatee ooit. Ek sal dit nooit vergeet nie! So lief vir Ma. Dankie vir alles …”

Kyk net hoe straal Karlien:

Vandag was ‘n spesiale dag saam my eersgeborene. @karlienvanjaarsveld 🍼

A post shared by Ronel Brink (@ronelbrink1) on

Karlien het vroeër vanjaar aan SARIE.com gesê sedert die tweeling in haar lewe is, het alles verander. Maak nie saak hoe die wêreld haar sien en opsom nie, sy bly heel eerste ’n ma vir Eliah en Daniël.

“Ma-wees verander alles. Alles lyk meer gevaarlik. Jy kyk uit vir almal op die paaie. Jy voel vir elke liewe kind wat swaarkry of seer het, want jy dink heeltyd aan jou eie. Jy dink permanent oor jou woorde en ook ander s’n.”

Daar is een belangrike les wat Karlien van Jaarsveld vir haar driejarige tweeling, Daniël en Eliah, wil leer. En dit is dat hulle uniek is. Om die waarheid te sê wil dié Afrikaanse sangeres hê elke kind moet dit weet.

“Maak nie saak wat jy deur jou lewe hoor wat negatief is nie. Jy is so nodig vir hierdie wêreld want jy bied iets wat niemand anders kan nie. En die hartseer ding is dat bitter min kinders dit glo. Ek wil hê elke kind moet dit weet en glo!” het Karlien aan SARIE.com vertel.

Terebinte van Geregtigheid🌳 Jes 61:3 Ek sal later van tyd die geslag van ons babatjie deel… en ook die naam (wat ek reeds op 6 weke swanger by God gehoor het) God deel soveel geheimenisse met die mens en soms is ek skrikkerig om te deel wat ek hoor en weet, en dan laat ek dit eers net tussen my en God bly omdat Hy my vertroue en skuilplek is. Ek is veiligste by Hom. Mense praat te maklik, en dit maak dit moeilik om dan net goed te deel.. ek moet regtig so met diskresie kies wat om te deel en wat nie.. so jammer vir die wat opreg is wat dan voel ek weerhou julle om saam my in my lag te kan deel, want dis so lekker om in mekaar se geluk en leed te kan deel! Ek wil saam jou kan lag en ek wil saam jou kan huil. Die wêreld se oordeel maak dit net moeiliker om te deel.. Dankie vir die bly wees saam my🕊 Ek deel ook net so 2 of 3 fotos van my swangerskap om te probeer veilig bly van mense se uitsprake. Dankie vir die mooiste fotos @suna1suna1 ek hou van jou natuurlikheid en dat jy nie edit aan die fotos nie🦋 Liefde K

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

The post ’n Dogtertjie vir Karlien van Jaarsveld! appeared first on SARIE.

Eerste episode: Jay en sy seuns

$
0
0

Om vier seuns groot te maak is geen grap nie – dis harde werk! Gelukkig lyk dit of die Afrikaanse sanger, Jay du Plessis, darem kaptein is van sy klein rugbyspan. 

Jay en sy beeldskone vrou, Mia, is gelukkige ouers van die oulike laaities Aidan, Samuel, Luka en Jamie! Binnekort gaan die hele gesin op VIA te siene wees. In Jay en die boys kuier ons saam met Jay en sy gesin – sy vrou, Mia, daag hom en die laaities ook uit om saam doen-dit-self-projekte in en om die huis aan te pak. Die reeks begin vanaand om 19 om 21:00.

Ons kan nie glo hoe groot Jay se seuns geword het nie!

FOTO VIA

Vir Jay is pa-wees onsettend belangrik.

“Die belangrikste deel van pa-wees is om seker te maak jou kinders word gebalanseerde volwassenes. Om te sorg dat hulle respek vir ander het en te weet hoe om ten volle lief te hê en hulle oë nederig en dankbaar na Bo te hou,” het Jay destyds vir SARIE gesê.

Kyk net die pragtige foto’s van Jay en sy gesin:

FOTO VIA

FOTO VIA

FOTO VIA

FOTO VIA

– Van 19 September, elke Dinsdag om 21:00, heruitsendings Saterdae om 16:30.

The post Eerste episode: Jay en sy seuns appeared first on SARIE.

Viewing all 2294 articles
Browse latest View live