Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all 2294 articles
Browse latest View live

Meghan praat oor haar verhouding met prins Harry

$
0
0

Die wêreld wag in spanning om die volgende nuus te hoor: Prins Harry is verloof! Maar al nuus wat Kensingtonpaleis op die oomblik deel is die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, se derde swangerskap. Wat natuurlik goeie nuus is, lees meer hier.

Dis ’n jaar sedert die aantreklike prins Harry sy hart op die pragtige Meghan Markle verloor het. ’n Moderne sprokiesverhaal: Sy is ’n aktrise uit Kanada, hy ’n Britse prins wat in die Kensington-paleis woon. Albei het ’n hart vir mense, en hulle deel ’n liefde vir Afrika.

En nou praat Meghan vir die eerste keer. In ’n onderhoud met Vanity Fair het sy die volgende gesê.

“Ons is twee mense wat gelukkig en verlief is. Ons was stilletjies vir ses maande ’n paartjie voor dit bekend geword. Ek het die hele tyd gewerk, die enigste ding wat verander het, was mense se persepsie. Ek het nie verander nie. Ek is steeds dieselfde mens, en het nog nooit myself deur ’n verhouding laat defineer nie.”

Die pragtige donkerkop is die voorbladster van Vanity Fair se jongste uitgawe.

In die Vanity Fair verwys sy gereeld na prins Harry as haar kêrel.

“Ons is ’n paartjie, ons is verlief. Ek is seker daar gaan ’n tyd kom waar ons vorentoe moet kom en ons storie vertel. Maar vir nou hoop ek mense verstaan dat dit vir eers ons tyd is. Dis net vir ons. Dis wat dit so spesiaal maak, dis net ons sin. Maar ons is gelukkig. Persoonlik hou ek van ’n goeie liefdesverhaal.”

Lees die volledige onderhoud hier.

 

 

The post Meghan praat oor haar verhouding met prins Harry appeared first on SARIE.


Die ikoniese 90’s-supermodelle: Toe en Nou

$
0
0

In die jare 90’s is die modelwêreld oorheers deur ʼn paar ikoniese gesigte. Cindy Crawford, Helena Christensen en Tatjana Patitz is maar net ʼn paar name uit die klein groepie betowerend mooi vroue wat bekend was as supermodelle. 

Op die voorblad van elke mode- en vrouetydskrif het ʼn supermodel gepronk. Hollywood-aktrises kon net daarvan droom om op die nuutste Vogue te verskyn – dié voorreg was uitsluitlik beskore vir Cindy en Kie.

Maar teen die einde van die 90’s het supermodelle se status begin afneem. Ewe skielik het aktrises hul plek ingeneem op tydskrifvoorblaaie. En ontwerpers het begin voel hul skeppings moet weer die ster op die loopplank wees, nie die model wat dit dra nie. Die groot ego’s en daarmee gepaardgaande wispelturigheid, asook die buitensporig hoë betalings wat supermodelle geëis het, het nie juis hul gewildheid in die bedryf bevorder nie. Hul inkomste het gegrens aan die belaglike – in 1995 het Claudia Schiffer glo $12 miljoen verdien. En die einste modewêreld wat dié primadonna-modelle gemaak en gepamperlang het, het getrou gebly aan homself: Wat vandag in is, is môre eenvoudig uit. Dit geld toe ook die supermodel-verskynsel.

In die 2000’s het die speelveld oopgegaan vir kunstenaars soos sangers en akteurs. Dit was nie net meer supermodelle wat die trefkrag gehad het om tydskrifte te verkoop nie.

Het jy geweet?

Suid-Afrika het ons eie supermodelle opgelewer, soos Tanya Fourie, Teresa de Klerk, Georgina Grenville en Bernice Dodd.

Supermodelle inspireer SARIE-voorblad

In Januarie 1999 het die legendariese fotograaf Peter Lindbergh ʼn Vogue-voorblad met die 90’s-supermodelle geskiet.

vogue-cover-xlarge

Van links: Naomi Campbell, Linda Evangelista, Tatjana Patitz, Christy Turlington en Cindy Crawford

Lindbergh het in 2011 weer ’n groep mooi vroue afgeneem, dié keer vir Harper’s Bazaar.

slide_195701_451054_free

Die inspirasie vir die voorblad van SARIE se Mei 2016-uitgawe was juis die ikoniese Vogue-voorblad van 1999. Op die voorblad pryk die eerste vyf wenners van SARIE  se Voorbladgesig saam.

MEI

Supermodelle – toe en nou

Cindy Crawford 

Toe: In die 90’s is Cindy bestempel as een van die mooiste vroue op aarde en sy het op talle tydskrifte se voorblaaie gepryk. Sy was die gesig vir onder meer Revlon en ʼn suksesvolle Pepsi-veldtog. Haar moesie en haar huwelik met die akteur Richard Gere het net so baie aandag getrek.

 

#TBT Hello, New York! Back in the city for the last leg of my #BecomingCindy tour.

 

A photo posted by Cindy Crawford (@cindycrawford) on

Nou: Vandag is sy 51 en sy was verlede jaar weer op die Paryse Vogue-voorblad saam met haar dogter, Kaia. Sy het verskeie suksesvolle sakeondernemings, waaronder ʼn anonieme huiswarereeks en ʼn reeks skoonheidsprodukte, Meaningful Beauty.

Linda Evangelista

Toe: Sy het haar groot deurbraak gemaak toe sy haar lang hare in ʼn kort seunsagtige styl gesny het. Later het sy bekend geword as The Chameleon vanweë haar vermoë om haar voorkoms te verander en haarself gedurig te herskep. Sy het ook die bekende stelling gemaak: “Ek staan nie op vir minder as $10 000 ʼn dag nie.”

 

Linda-Evangelista-vogue-90s-pinterest

Nou: Die 50-jarige skoonheid het die afgelope 20 jaar gewerk en het groot veldtogte vir onder meer Prada en John Galliano gedoen.

 

Francesco Clemente for Harper’s Bazaar April issue. #francescoclemente @harpersbazaarus @dolcegabbana @

 

A photo posted by Linda Evangelista (@lindaevangelista) on

Christy Turlington

Toe: Sy was die gesig vir handelsmerke soos Maybelline, Revlon en Calvin Klein.

christy-turlington-vogue

Nou: Sy is 48 en het onder meer twee reekse oefenklere, Nuala en Mahnuala. Sy is bekend vir haar passie vir joga en het in 2011 in die veldtog van Louis Vuitton se herfsreeks verskyn. Sy is getroud met die akteur Edward Burns en haar dokumentêre rolprent, No Woman No Cry, is in 2010 bekend gestel. Die film handel oor hoërisiko-swangerskappe die wêreld oor.

Naomi Campbell

Toe: Naomi het haar loopbaan op 16 as loopplankmodel begin voordat sy in advertensieveldtogte vir name soos Prada en Ralph Lauren gewerk het. Sy was ook die eerste swart model op die voorblad van baie modetydskrifte. Sy het romantiese verhoudings gehad met Robert Redford, Eric Clapton en Mike Tyson.

naomi-campbell-vogue-paris-march

Nou: Op 46 is Campbell steeds ʼn superster en werk sy nog aan hoëprofiel-veldtogte en loopplankvertonings.

Claudia Schiffer

Toe: Op 17 het sy ʼn modelkontrak met die modehuis Chanel losgeslaan. Haar interpretasie van die ikoniese Brigitte Bardot het vir haar internasionale roem gebring.

Vogue-May-1992Source-Vogue

Nou: Vandag is sy 45 en getroud met die Duitse regisseur Matthew Vaughan. Hulle het drie kinders. Sy werk steeds vir onder meer Dolce & Gabbana, Chanel, YSL en Alberta Ferretti. Sy hou die rekord vir die model wat op die meeste tydskrifvoorblaaie nóg verskyn het, ’n allemintige meer as 1 000 voorblaaie!

 

Zara t-shirts on set today ! X #ootd #balmain #photoshoot #zara @sebastienbascle @luciemccullin

 

A photo posted by Claudia Schiffer (@claudiaschiffer) on

Helena Christensen

Toe: Sy het in 1986 haar loopbaan as Mej. Denemarke begin. Maar sy het eers internasionaal bekend geword toe sy in die sanger Chris Isaak se musiekvideo Wicked Game verskyn het. Ná die musiekvideo het sy kontrakte gekry vir Victoria’s Secret en Covergirl-grimering.

1600-HELENA-ELLE-COVER-VOGUE-SPIRIT-RESTORATION

Nou: Vandag is sy 47 en die medestigter van Nylon Magazine. Helena besit ook boetieks in New York.

A post shared by Helena (@helenachristensen) on

Elle Macpherson

Toe: Dié Australiese model het al vyf keer op die voorblad van Sports Illustrated se swembroek-uitgawe verskyn. Sy staan nie verniet bekend as The Body nie. Elle het veral aandag getrek met haar loopplankwerk vir John Galliano en Azzedine Alaïa.

elle-macpherson-sports-illustrated-swim-1988

Nou: Die 52-jarige skoonheid het ʼn suksesvolle onderklere-reeks. Sy het ook in 2011 haar terugkeer na die loopplank gemaak in die Louis Vuitton-vertoning by die Paryse Modeweek.

Thankyou everyone for all your well wishes for my birthday yesterday A photo posted by Elle Macpherson (@ellemacphersonofficial) on

Tatjana Patitz

Toe: Op 20 was Tatjana een van die mees gefotografeerde vroue op aarde! Vogue het haar skoonheid uitgesonder as “gesofistikeerd”. Haar klassieke, stylvolle en sensuele voorkoms het haar kontrakte met modehuise soos Chanel en Jil Sander besorg.

1097full-tatjana-patitz

Nou: Vandag, ná byna 30 jaar in die modebedryf, bring Tatjana die meeste van haar tyd op haar plaas in Malibu deur saam met haar seun, Jonah. Sy verkies nou om uit die kollig te leef. Sy het ʼn passie vir diere en is ʼn ambassadeur vir die American Wild Horse Sanctuary.

 

NYC #NYC Nathaniel Hoeffel took this pic of me. More from the Big Apple to come!

 

A photo posted by Tatjana Patitz (@mstatjanapatitz) on

Kate Moss

Toe: Sy het bekend geraak as die gesig vir Calvin Klein-onderklere en meisie van die akteur Johnny Depp. Maar dit was Kate se andersoortige voorkoms wat in die 90’s ʼn revolusie in die modewêreld veroorsaak het. Die nuwe gesig van mode was maer en sonder kurwes, en Kate het die voortou geneem.

katemoss1

Nou: Vandag werk die 42-jarige Kate steeds as model. Sy is getroud met Jamie Hince en het een kind.

The post Die ikoniese 90’s-supermodelle: Toe en Nou appeared first on SARIE.

Sterre met grade!

$
0
0

Net toe jy dink hulle is mooi, trek stylvol aan en is vol talent, moet jy hoor dis nie al nie: hulle is boonop geleerd. Dié bekendes het grade en baie van hulle het daarna nog verder studeer, of hulle studeer steeds …

1. Rowan Atkinson
Hy is dalk meer bekend as Mr. Bean, maar Rowan Atkinson het sy MSc-graad in elektriese ingenieurswese aan die Queen’s College by Oxford behaal.

2. Sacha Baron Cohen

Sacha is bekend vir sy rolle as Borat en Ali G. Hy het by die Universiteit van Cambridge sy graad in geskiedenis gekry.

A post shared by alidd g (@sachabaecohen) on

3. Chris Martin

Gwyneth Paltrow se eksman en voorsanger van die groep Coldplay het aan die University College London (UCL) die Antieke Wêreld bestudeer en het baie goed gevaar in Grieks en Latyn. Dit is ook hier waar hy die toekomstige lede van Coldplay, Jonny Buckland, Will Champion en Guy Berryman, ontmoet het.

A post shared by Coldplay (@coldplay) on

4. Gerard Butler

Die akteur was op sy dag die voorsitter van die regsvereniging aan die Glasgow-universiteit! Gerard het sy regsgraad aan dié universiteit behaal en daarna sy klerkskap in Edinburg gaan doen. Maar Independant berig dat ’n week voor hy sy internskap sou klaarmaak om as prokureur te kwalifiseer, afgedank is. Wel, dit lyk vir ons of sy Plan B, ’n loopbaan as akteur, toe tog uitgewerk het …

Gerald Butler #geraldbutler

A post shared by Hollywood 👑 (@thehollywoodactors) on

5. Ricky Gervais

Hy het ’n graad in filosofie by die University College London (UCL) gekry. Dit is ook waar hy Jane Fallon ontmoet het. Die paartjie is al sedert 1982 saam.

A post shared by Ricky Gervais (@rickygervais) on

6. Wladimir Klitschko

Dié bokser het sy doktorsgraad in sportwetenskap.

7. Lupita Nyong’o

Sy het haar meestersgraad in toneelspel aan die Yale-universiteit behaal.

8. James Franco
As dit by James Franco kom, voel ek ietwat onbevoeg om sy lys grade weer te gee. Talle publikasies het al met hom onderhoude gevoer en sy CV uiteengesit. Lees wat Pase Magazine al neergepen het of, die lang profiel wat New York Magazine oor Franco geskryf het.

Kortliks: hy het onder meer grade van die Universiteit van New York (in rolprentvervaardiging), die Columbia-universiteit (meestersgraad in die kunste, spesifiek vir skryfkuns), Brooklyn-kollege (fiksie) en Warren Wilson-kollege (poësie).

9. Brian May van Queen

Hy het wiskunde en fisika studeer en het ’n BSc-honneursgraad in fisika.

10. Natalie Portman

In 2003 het sy haar sielkundegraad aan die Harvard-universiteit behaal. Sy het aan New York Post gesê: “Ek gee nie om as dit [universiteit] my loopbaan verwoes nie. Ek wil liewer slim wees as wat ek ’n filmster wil wees.”

11. Lisa Kudrow

Een van ons gunsteling-vriende is toe eintlik baie slim, hoewel haar rol in Friends dit nie laat blyk het nie. Lisa het biologie gaan studeer met die oog daarop om haar pa, dr. Lee N. Kudrow, by te staan met sy navorsing oor hoofpyn.

A post shared by Lisa Kudrow (@lisakudrow) on

12. Rooney Mara

Rooney Mara het ’n graad in sielkunde en internasionale beleid. Dit is soortgelyk aan die waarde-en-beleidstudies wat SA universiteite aanbied.

A post shared by Rooney Mara (@rooney.mara) on

13. Tina Fey

Sy is een van ons gunsteling-aktrises en -skrywers, en dalk is dit omdat sy spesifiek geleer het hoe om ons te vermaak. Sy het haar dramagraad aan die Universiteit van Virginië behaal.

A post shared by Tina Fey (@tina_fey) on

14. Rebel Wilson

Sy is een van ons gunsteling-komediante en is nog te sien in die film How To Be Single. Rebel het ’n BA-graad in drama en regte.

A post shared by Rebel Wilson (@rebelwilson) on

15. Martha Stewart

Sy het ’n graad in Europese en argitektoniese geskiedenis.

16. The Rock, oftewel Dwayne Johnson

Hy het ’n algemene BA-graad met kriminologie en fisiologie as hoofvakke.

A post shared by therock (@therock) on

17. Eva Longoria

Sy het in 2013 haar meestersgraad in Chicano-studies aan die Universiteit van Kalifornië gekry. Dit is die studie van Latyns-Amerikaanse en Mexikaanse Amerikaners.  SheKnows berig haar tesis-onderwerp was “Success STEMS From Diversity: The Value of Latinas in STEM Careers”. Sy het ook ’n graad in kinesiologie.

18. Art Garfunkel

Dié helfte van die musiekgroep Simon & Garfunkel het sy meestersgraad in wiskunde aan die Columbia-universiteit behaal. Hy het ook verskeie ander kursusse in wiskunde gedoen en klas gegee, berig The Science & Entertainment Exchange.

19. Emma Watson

Emma Watson het in 2014 haar graad in Engelse letterkunde aan die Brown-universiteit behaal. Nie net kan sy nou saamgesels oor die Engelse taal nie, sy het ook baie te sê oor geslagsongelykheid. Kyk die video vir haar #HeForShe-beweging hier.

A post shared by Emma Watson (@emmawatson) on

20. Jannie du Plessis

Die Springbok is eintlik dr. Jannie du Plessis. Hy het in Bloemfontein aan Kovsies medies studeer.

A post shared by People Magazine SA (@people_sa) on

21. Ashley Judd

Die Hollywood-aktrise Ashley Judd het verlede jaar op sosiale media aangekondig dat sy ’n PhD by die Universiteit van Kalifornië gaan voltooi. En in niks anders nie as openbare beleid!

Ashley het in 2007 haar B-graad in Frans by die Universiteit van Kentucky voltooi. En in 2009 het sy haar meestersgraad in openbare administrasie by Harvard behaal.

A post shared by Ashley Judd (@ashley_judd) on

22. Mayim Bialik

Sy speel die slim wetenskaplike dr. Amy Farrah Fowler in die Amerikaanse sitkom The Big Bang Theory. Maar in 2007 het Mayim self ’n doktorsgraad in neurowetenskap behaal.

A post shared by mayim bialik (@missmayim) on

23. Shaquille O’Neal

Ná 19 seisoene op die basketbalbaan het Shaquille in 2011 uitgetree. ’n Jaar later het hy ’n PhD in leierskap en opvoedkunde aan die Barry-universiteit in Miami Shores, Florida, voltooi.

The post Sterre met grade! appeared first on SARIE.

Jennifer Lawrence straal behoorlik van liefde

$
0
0

Sy kon haar oë nie van hom afhou nie. Die Oscar-wenner Jennifer Lawrence het gisteraand vir die eerste keer op die rooi tapyt saam met haar regisseur-kêrel, Darren Aronofsky, verskyn.

Darren se fliek Mother! is een van die speelfilms by vanjaar se Venice Film Festival. Jennifer speel die hoofrol en haar mede-akteurs is Javier Bardem, Phil Harris en die beeldskone Michelle Pheiffer.

Jennifer Lawrence en Darren Aronofsky op die stel van die rolprent ‘Mother!’
FOTO Twitter / @jenniferupdates

Jennifer en Darren, wat al ’n jaar saam is, was duidelik verlief, berig Refinery 29. Hoewel die paartjie probeer het om nooit langs mekaar te staan nie, het hulle gereeld vir mekaar gekyk en oogkontak gemaak.

Vroeër vanjaar in ’n Vogue-onderhoud het Jennifer meer oor hul verhouding gepraat.

“Toe ek hierdie fliek [Mother!] gekyk het, het ek weer besef hoe briljant hy [Darren] is. Ek was in verhoudings voor die een waar ek verward was. Maar saam met hom is ek nooit verward nie.”

I love this man 💗 #jenniferlawrence#darrenaronofsky Not in the weird way

A post shared by jennifer shrader lawrence (@jlaw_onelove) on

A post shared by Karen Geraghty (@blissbakery) on

Kyk net hoe pragtig het Jennifer Lawrence gelyk:

A post shared by ^Nora B^ (@norabnora) on

The post Jennifer Lawrence straal behoorlik van liefde appeared first on SARIE.

12-jarige laat Simon Cowell bloos

$
0
0

So rooi soos ’n tamatie! Darci Lynne Farmer, ’n 12-jarige dogter, het dit reggekry om die grompot Simon Cowell te laat bloos.

Sy’s ’n talentvolle buikspreker en neem deel  aan die Amerikaanse realiteitsprogram America’s Got Talent. ’n Buikspreker is iemand wat kan praat sonder om haar lippe te roer. Met elke optrede stel Darci ’n nuwe pop aan die gehoor voor. ’n Gesprek sal dan tussen haar en die pop plaasvind. Die pop sal ook ’n liedjie sing. Darci is so talentvol, jy kan nie eers sien dis sy wat sing nie.

SKERMGREEP YouTube / America’s Got Talent

In gisteraand se episode het Darci met een van haar stoute karakters, ’n 80-jarige genaamd Edna, op die verhoog verskyn. Edna het net oë vir Simon. Sy het toe Aretha Franklin se treffer-liedjie “(You Make Me Feel Like) A Natural Woman” spesiaal vir Simon gesing! Sy reaksie? Hy het gebloos en geglimlag,

Kyk net vir die talentvolle Darci Lynne in aksie:

 

The post 12-jarige laat Simon Cowell bloos appeared first on SARIE.

Kelly Osbourne se hare nou oranje!

$
0
0

Die voormalige Fashion Police-aanbieder was nog nooit bang om haar hare te kleur! Sy het al blond, swart, pers, pienk, rooi, grys en blou gegaan. En nou het Kelly Osbourne besluit om haar hare oranje te kleur.

Sy het haar nuwe lokke op Instagram gedeel.

Welcome to the new ME!!!!!! 🔥

A post shared by Kelly Osbourne (@kellyosbourne) on

A post shared by Kelly Osbourne (@kellyosbourne) on

Kelly was nie al bekende wat vanjaar met kleur gewaag het nie. Kyk net vir hierdie bekendes.

Rihanna

crawpova. ’17

A post shared by badgalriri (@badgalriri) on

Shakira

A post shared by Shakira (@shakira) on

Salma Hayek

About last night @kering_official @festivaldecannes #womaninmotion #cannesfilmfestival2017 #gucci #hair #kering

A post shared by Salma Hayek Pinault (@salmahayek) on

Gigi Hadid

A post shared by Gigi Hadid (@gigihadid) on

 

The post Kelly Osbourne se hare nou oranje! appeared first on SARIE.

Ontmoet 7de Laan se Reandi Grey

$
0
0

Dit het die 7de Laan-kykers nie lank geneem om aanklank te vind by die nuwe karakter, Esti Fouché nie. Die blonde krulkop, gespeel deur nuweling Reandi Grey, is weird en wacky en gryp die lewe ten volle aan. Dit was Esti se soektog na werk wat haar in die Laan laat beland het. En soos ons 7de Laan ken, gaan sy nog vir baie vermaak en opwinding sorg. Ons het gaan uitvind wie die mooi sepie-ster agter Esti is.

Waar het jy grootgeword, skoolgegaan en studeer?

Ek het in Pretoria grootgeword en aan die Hoërskool Waterkloof gematrikuleer. Ek het my honneursgraad in grafiese ontwerp en ontwikkelingskommunikasie by die Noordwes-Universiteit op Potchefstroom verwerf.

Wie is jou ouers en hoeveel kinders is julle?

My pa, Wouter Schutte, is ’n bourekenaar en my ma, Elza Schutte, is ’n proefleser. My sussie is vier jaar ouer as ek en ’n fisioterapeut.

En jy is getroud?

Ja, my man is Dewald Grey. Hy is ’n orthosis en prostetikus by Mediclinic Morningside .

Hoe het jy die rol in 7de Laan losgeslaan?

Jare en jare se gebedel! Ek het vreeslik gesukkel om ’n agent te kry omdat ek nie drama studeer het nie en nie eintlik ervaring gehad het nie. Lisa Modisane is my ridder op ’n wit perd, want sy het my deelgemaak van die Legends-agentskap (Lisa is mede-hoof van dié agenstskap vir akteurs en kunstenaars). Ek het deur hulle die oudisie vir 7de Laan gekry.

Was dit ’n droom van jou om in 7de Laan te speel?

Ek het grootgeword met 7de Laan. Ons het dit vir niks gemis nie. Om nou deel van die sepie te wees het al my verwagtinge oortref. Ek leer ongelooflik baie by van die beste akteurs in die bedryf. Dis ’n absolute seëning om elke dag deel van so ’n span te wees.

FOTO Because Life Photography

Hoe was jou eerste dag op stel?

Ek was goed voorbereid, maar toe die groot oomblik aanbreek dat ek op stel moes stap, het die spanning behoorlik ingeskop! Ek het sommer duiselig gevoel en my woorde was skielik onbekend. Maar ná my eerste lyn was die spanning ligter en toe skop die opgewondenheid weer in. Die eerste dag was wonderlik totdat ek my tweede toneel misgeloop het. Ek was ’n bietjie deurmekaar oor hoe die call sheet werk. Ek was onder die indruk dat ek daardie dag net een toneel moes opneem. Ek het toe heel tevrede huis toe gegaan, opgewonde vir die volgende dag. Ek het later ’n oproep gekry wat sê almal wag vir my op stel. Ek is toe lankal rustig by die huis in Pretoria. My siel word steeds uitgetrek omdat ek op my eerste dag ‘gebunk’ het.

Ken jy altyd al jou woorde?

Ek berei goed voor en maak seker ek ken my woorde. Maar spanning bly maar ’n faktor en dit lol soms met die woorde in my kop.

Watter 7de Laan karakter is jou gunsteling van alle tye?

Paula van der Lecq (Diaan Lawrenson) was nog altyd die karakter wat uitgestaan het. Diaan is ’n fenomenale aktrise en het Paula altyd op so ’n manier vertolk dat mens met haar kon identifiseer.

Wie was die lekkerste om te ontmoet?

Dit was ’n fees om almal te ontmoet en te leer ken. Dis ’n lieflike groep akteurs om jou dag mee saam deur te bring.

 

 

The post Ontmoet 7de Laan se Reandi Grey appeared first on SARIE.

Rozanne McKenzie verwelkom haar tweede kind

$
0
0

Sy is een van kykNET se geliefde aanbieders: Eers ’n Kwêla-veldaanbieder vir vyf jaar, toe douvoordag op die ontbytprogram Dagbreek en deesdae is Rozanne McKenzie ’n aanbieder van die aktualiteitsprogram Flits. Sy is ook radio-omroeper by Jacaranda FM. En dis nie al nie: Rozie, soos mense haar graag noem, is deel van Idea Candy, die produksiehuis wat SARIE Voorbladgesig vervaardig. 

Maar vir agt weke gaan kykers nie haar vriendelike gesig sien of haar warm stem hoor nie. Haar jongste, ’n dogtertjie, is gisteroggend gebore. Die naam? Fallon Ann. Nou lê haar hart vir eers by klein Fallon, haar Britse man, Chris Bishop, en 3-jarige seuntjie, James.

Rozanne sê haar ma, Anne McKenzie, ’n verpleegster in Londen, gaan haar vir die eerste ses weke kom bystaan. Chris se ma, Jan, en pa, Bob, wat ook in Londen woon, sal ook kom help.

Vir Rozanne en Chris is dit belangrik dat klein James gemaklik moet wees met Fallon Ann se koms. “Hy is baie opgewonde, al is dit vir hom ’n groot aanpassing. En dis hoekom sy oumas en sy oupas hier gaan wees, sodat hy genoeg aandag kry. Hy gaan fine wees.”

Gelukkig is hul nuwe huis groot genoeg vir al die voete.

 

The post Rozanne McKenzie verwelkom haar tweede kind appeared first on SARIE.


FOTO’S: Prins George se eerste skooldag

$
0
0

Ag, moeder! Klein prins George word te vinnig groot. 

Vandag was prins George se eerste dag by sy nuwe skool, die gesogte Thomas’s Battersea-skool. Die klein prinsie het redelik skaam en bang gelyk by die groot geleentheid, maar sy pa, prins William, en nuwe skoolhoof, Helen Haslem, het sy hand vasgehou.

Die prinsie se ma, die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, is swanger met haar en prins William se derde kind. Sy kon nie saam skool toe gaan nie, as gevolg van hyperemesis gravidarum, ’n erge vorm van oggendnaarheid.

A post shared by InStyle UK (@instyleuk) on

A post shared by BBC News (@bbcnews) on

A post shared by @arabictiara on

Só het prins George gelyk toe hy in Januarie 2016 aanmeld by die Westacre Montessori-kleuterskool in Norfolk, Engeland.

William het destyds sy skoolloopbaan by die Mrs Mynors-kleuterskool begin. In daardie stadium ’n eerste vir die koninklikes, want dié kleuterskool was buite die Kensington-paleis. Wyle prinses Diana wou William egter so normaal moontlik grootmaak.

Só het Harry en William in 1989 by Harry se eerste skooldag gelyk:

FOTO: Reddit

Nes Diana wil Kate ook haar kinders so na moontlik aan normaal grootmaak, berig Hello!

Wanneer prins George en prinses Charlotte groot genoeg is, beplan hul 33-jarige ma om hulle na onderskeidelik die Scouts en die Rainbows te stuur, wat sal verseker dat hulle prettige en leersame interaksie met ander kinders het.

The post FOTO’S: Prins George se eerste skooldag appeared first on SARIE.

Riana Nel spog met babamagie

$
0
0

Die Afrikaanse sangeres Riana Nel is reeds die trotse mamma van haar eersteling, Tristian. En een van dae gaan sy ’n tweede spruit verwelkom!

Riana wat al sedert 2013 met Cornel de Beer getroud is, het gister hierdie oulike foto van haar babamagie op Instagram gedeel.

Nou ja! #JOY #incomparable!

A post shared by Riana Nel (@riananelofficial) on

Bring your kid to work day☺️

A post shared by Riana Nel (@riananelofficial) on

The post Riana Nel spog met babamagie appeared first on SARIE.

Voormalige Mej. SA swanger!

$
0
0

Die beeldskone Claudia Henkel wat in 2004 as Mej. Suid-Afrika gekroon is, het vandag goeie nuus op die kuberruim gedeel. Sy is swanger! En nie met een nie, maar twee.

Ja, Claudia is swanger met ’n tweeling! Sy het vanoggend die nuus op Instagram gedeel.

The flowers are blooming for spring and so is my belly 🌺🌸👶🏼👶🏼 #babies #preggie #spring #love

A post shared by Claudia Henkel (Roesstorff) (@claudiahenkelsa) on

Sy is in 2014 met die sakeman Orin Roesstorff.

Dis omtrent die jaar van tweelinge. Vroeër vanjaar het die Hollywood-paartjie George en Amal Clooney ’n tweeling verwelkom. Die sangers Jay-Z en Beyoncé het ook ’n tweeling verwelkom! Die Afrikaanse aktrise Angelique Gerber is ook swanger met ’n tweeling.

Ons almal mis jou so baie! Nog net 3 slapies 🙌🏼🙌🏼🙌🏼🙌🏼🙌🏼

A post shared by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

The post Voormalige Mej. SA swanger! appeared first on SARIE.

Rolanda Marais se vele gesigte

$
0
0

Sy doen byna enigiets om ’n rol te volmaak. In Rolanda Marais se agtien jaar as aktrise was daar al baie karakters, maar hier is sewe waarin sy veral haar hart en siel gewerp het.

“Ek sal gewig verloor of aansit, my hare kleur, sny – as aktrise is ek die voertuig wat die storie oordra. [Haar hare is juis kort-kort gesny en rooi gekleur vir haar onlangse rol in die fliek Die Seemeeu.] In Suid-Afrika word baie akteurs persoonlikhede. Hulle is dikwels bang oor wat aanhangers van hulle gaan dink as hulle nie hul sterstatus in stand hou nie. Dit berus op ’n soort ydelheid. Ek wil juis daarvan wegbeweeg en is om dié rede mal oor byvoorbeeld Meryl Streep en Cate Blanchett wat die ekstra myl sal loop om werklik hul karakter te probeer verstaan.”

Baby waaants…… #aminaglasses #aminawomen

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

Dis nie maklik om te kies tussen al die rolle wat sy deur die jare vertolk het nie, maar sy sonder wel sewe uit:

Anna in Waterfront‘Sy is emosioneel beheers –anders as my ander karakters’

Anna, my karakter in hierdie familiedrama, ontwerp seiljagte, soos haar pa, vertolk deur Dawid Minnaar. Die kykNET-reeks, wat in Oktober begin, gaan oor die dood van ’n gesinslid wat drie susters [die ander twee vertolk deur Milan Murray en Trix Vivier] saamsnoer. Anders as baie van my donker karakters is Anna emosioneel beheers – sterk en stoïsyns. Sy is ’n corporate en keer uit Londen terug ná die sterfte in die gesin. Ek hou van haar. Sy het soveel mure om haar gebou om haarself te beskerm, wat my baie bied om mee te werk. Sy is ’n ongetroude ma. Die pa van haar kind word deur Stian Bam vertolk. Die groep akteurs wat saam met my speel, het ’n goeie energie, en ons het genoeg tyd gehad om vooraf oor ons karakters te gesels. Dit was ’n voorreg om by die seiljagklub in die Kaapse Waterfront te skiet. Ek het ook dadelik gehou van Leon Kruger se toeganklike teks.

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

Lise in Johnny is nie dood nie: ‘Ek moes diep delf in my emosies . . .’

Ek moes die student asook die volwasse Lise se karakter ontgin in die rolprent [wat verlede jaar met verskeie pryse by die kykNET-Silwerskermfees bekroon is]. As jong meisie was sy wild and wacky, en ek moes my jare as dramastudent aan die Universiteit van Kaapstad herbesoek. Ek het lank en hard na Voëlvry se musiek geluister, veral Johannes Kerkorrel. Dit is gegrond op Malan Steyn se draaiboek vir die teater, hoewel Christiaan Olwagen dit vir die rolprent verwerk het. Christiaan, wat ook die regisseur was, is nie pedanties nie en wou hê die woorde moes lekker in ons mond lê. Lise is ’n hartseer karakter. Sy het nie besef wat sy het nie. Toe sy met Dirk [Albert Pretorius], wat enigiets vir haar sou doen, getroud is, het sy bly hunker na meer. Ek moes na diep plekke in myself gaan, na duisend goed wat ék ook nie reg gedoen het nie. Alle akteurs weet hoe om onvervuldheid, hartseer en hoopvolle emosies uit te beeld, maar die kuns is om dit uniek te doen, om in te klim en byt te kry aan die karakter. Daarvoor moet jy jouself “seermaak”. Ek voel elke keer emosioneel verrinneweer ná die aanleer van ’n nuwe rol. My blonde hare vir die rol het my jeugdig, sorgeloos en wild laat voel. Mense het anders op dié energie reageer – ek weet nie hoe nie, net “anders”. Toe Joz my na afloop van die film op die lughawe kom haal het, het hy my aanvanklik nie herken nie, net gedink: “Daai blondie is hot.”

Johnny Johnny stadig nou ….. #johnnyisniedoodnie begin oor 7 dae!! #5Mei #voëlvry #interrobang

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

Stefanie in Binnelanders: ‘Ons het almal ’n bitch in ons’

Ek was die feeks Stefanie in die kykNET-sepie. [Sy het dit in 2010 verlaat.] Dit was prettig – ek vertolk veel eerder ’n karakter wat dinge moeilik vir ander maak as die boring sweetheart. Ek wéns ek kan in die regte lewe pront-uit die bitch wees, maar ek is iemand wat konfrontasie vermy, stil wegstap van bakleiery. Deur die karakter word jy gekonfronteer met emosies wat jy nie sommer in jou eie lewe ervaar nie. Ek kan baie verduur, maar daar is tog ’n sekere lyn. Dit gaan oor respek. Vriende en romantiese vennote moet mekaar opbou, aanmoedig. Ek geniet dit om in sepies te speel omdat storielyne en karakters konstant verander. Ek het soms gesukkel om te verstaan hoekom my karakter sekere dinge doen. Die skrywers het groot vryhede om te doen wat hulle wil met karakters.

Om uit te vind wat die ander vyf rolle was en hoe sy ma-wees beskou, lees SARIE se September-uitgawe. Nou te koop – kik hier!

The post Rolanda Marais se vele gesigte appeared first on SARIE.

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Elanze

$
0
0

Doeners en dromers. Entrepreneurs en studente. Hulle het styl, vasbyt, moed, ’n sin vir humor – en ’n eie storie. Hulle is SARIE-lesers en die finaliste in SARIE Voorbladgesig 2017.

Die laaste weke het hulle gewys wie hulle is, op die televisieprogram op kykNET, asook in die fotografiese ateljee waar hulle deur SARIE se A-span onder hande geneem is en oor drie dae deur topfotograaf Leana Clunies-Ross in ware SARIE-voorbladstyl afgeneem is. Die 2 wenners, wat op die voorblad van ons Oktober-uitgawe sal pryk, word eersdaags aangekondig.

Elanze van der Merwe (30), Beampte: menslike hulpbronne, Bethlehem

Kry hier ’n agter-die-skerms-blik van Elanze se fotosessie:

Kyk Maandag 18 September na die finale episode van SARIE Voorbladgesig (17:30 op KykNET.) Hou ook SARIE se Oktober-uitgawe dop wat vanaf volgende week op die winkelrakke sal verskyn.

SARIE Voorbladgesig word trots aangebied in samewerking met kykNet, Inoar Professional, Nomination Italy en Menlyn Boutique Hotel.

The post Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Elanze appeared first on SARIE.

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Yolani

$
0
0

Doeners en dromers. Entrepreneurs en studente. Hulle het styl, vasbyt, moed, ’n sin vir humor – en ’n eie storie. Hulle is SARIE-lesers en die finaliste in SARIE Voorbladgesig 2017.

Die laaste weke het hulle gewys wie hulle is, op die televisieprogram op kykNET, asook in die fotografiese ateljee waar hulle deur SARIE se A-span onder hande geneem is en oor drie dae deur topfotograaf Leana Clunies-Ross in ware SARIE-voorbladstyl afgeneem is. Die 2 wenners, wat op die voorblad van ons Oktober-uitgawe sal pryk, word eersdaags aangekondig.

Yolani Abrahams (24) Patisseriesjef en bakkery-eienaar, Ceres

Kry hier ’n agter-die-skerms-blik van Yolani se fotosessie:

Kyk Maandag 18 September na die finale episode van SARIE Voorbladgesig (17:30 op KykNET.) Hou ook SARIE se Oktober-uitgawe dop wat vanaf volgende week op die winkelrakke sal verskyn.

SARIE Voorbladgesig word trots aangebied in samewerking met kykNet, Inoar Professional, Nomination Italy en Menlyn Boutique Hotel.

The post Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Yolani appeared first on SARIE.

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Danél

$
0
0

Doeners en dromers. Entrepreneurs en studente. Hulle het styl, vasbyt, moed, ’n sin vir humor – en ’n eie storie. Hulle is SARIE-lesers en die finaliste in SARIE Voorbladgesig 2017.

Die laaste weke het hulle gewys wie hulle is, op die televisieprogram op kykNET, asook in die fotografiese ateljee waar hulle deur SARIE se A-span onder hande geneem is en oor drie dae deur topfotograaf Leana Clunies-Ross in ware SARIE-voorbladstyl afgeneem is. Die 2 wenners, wat op die voorblad van ons Oktober-uitgawe sal pryk, word eersdaags aangekondig.

Danél Pratt (38), Skoonheidsterapeut en eienaar van ’n skoonheidsalon, Bredasdorp

Kry hier ’n agter-die-skerms-blik van Danél se fotosessie:

Kyk Maandag 18 September na die finale episode van SARIE Voorbladgesig (17:30 op KykNET.) Hou ook SARIE se Oktober-uitgawe dop wat vanaf volgende week op die winkelrakke sal verskyn.

SARIE Voorbladgesig word trots aangebied in samewerking met kykNet, Inoar Professional, Nomination Italy en Menlyn Boutique Hotel.

The post Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Danél appeared first on SARIE.


Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Shené

$
0
0

Doeners en dromers. Entrepreneurs en studente. Hulle het styl, vasbyt, moed, ’n sin vir humor – en ’n eie storie. Hulle is SARIE-lesers en die finaliste in SARIE Voorbladgesig 2017.

Die laaste weke het hulle gewys wie hulle is, op die televisieprogram op kykNET, asook in die fotografiese ateljee waar hulle deur SARIE se A-span onder hande geneem is en oor drie dae deur topfotograaf Leana Clunies-Ross in ware SARIE-voorbladstyl afgeneem is. Die 2 wenners, wat op die voorblad van ons Oktober-uitgawe sal pryk, word eersdaags aangekondig.

Shené van der Vyver (23), Modeontwerper, Krugersdorp

Kry hier ’n agter-die-skerms-blik van Shené se fotosessie:

Kyk Maandag 18 September na die finale episode van SARIE Voorbladgesig (17:30 op KykNET.) Hou ook SARIE se Oktober-uitgawe dop wat vanaf volgende week op die winkelrakke sal verskyn.

SARIE Voorbladgesig word trots aangebied in samewerking met kykNet, Inoar Professional, Nomination Italy en Menlyn Boutique Hotel.

The post Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Shené appeared first on SARIE.

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Ashleigh

$
0
0

Doeners en dromers. Entrepreneurs en studente. Hulle het styl, vasbyt, moed, ’n sin vir humor – en ’n eie storie. Hulle is SARIE-lesers en die finaliste in SARIE Voorbladgesig 2017.

Die laaste weke het hulle gewys wie hulle is, op die televisieprogram op kykNET, asook in die fotografiese ateljee waar hulle deur SARIE se A-span onder hande geneem is en oor drie dae deur topfotograaf Leana Clunies-Ross in ware SARIE-voorbladstyl afgeneem is. Die 2 wenners, wat op die voorblad van ons Oktober-uitgawe sal pryk, word eersdaags aangekondig.

Ashleigh Kleintjies (19), Regstudent aan die Universiteit van Pretoria, Windhoek

Kry hier ’n agter-die-skerms-blik van Ashleigh se fotosessie:

Kyk Maandag 18 September na die finale episode van SARIE Voorbladgesig (17:30 op KykNET.) Hou ook SARIE se Oktober-uitgawe dop wat vanaf volgende week op die winkelrakke sal verskyn.

SARIE Voorbladgesig word trots aangebied in samewerking met kykNet, Inoar Professional, Nomination Italy en Menlyn Boutique Hotel.

The post Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Ashleigh appeared first on SARIE.

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Suné

$
0
0

Doeners en dromers. Entrepreneurs en studente. Hulle het styl, vasbyt, moed, ’n sin vir humor – en ’n eie storie. Hulle is SARIE-lesers en die finaliste in SARIE Voorbladgesig 2017.

Die laaste weke het hulle gewys wie hulle is, op die televisieprogram op kykNET, asook in die fotografiese ateljee waar hulle deur SARIE se A-span onder hande geneem is en oor drie dae deur topfotograaf Leana Clunies-Ross in ware SARIE-voorbladstyl afgeneem is. Die 2 wenners, wat op die voorblad van ons Oktober-uitgawe sal pryk, word eersdaags aangekondig.

Suné Janse van Rensburg (31), Boekhouer, Pretoria

Kry hier ’n agter-die-skerms-blik van Suné se fotosessie:

Kyk Maandag 18 September na die finale episode van SARIE Voorbladgesig (17:30 op KykNET.) Hou ook SARIE se Oktober-uitgawe dop wat vanaf volgende week op die winkelrakke sal verskyn.

SARIE Voorbladgesig word trots aangebied in samewerking met kykNet, Inoar Professional, Nomination South Africa en Menlyn Boutique Hotel.

The post Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Suné appeared first on SARIE.

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Cato

$
0
0

Doeners en dromers. Entrepreneurs en studente. Hulle het styl, vasbyt, moed, ’n sin vir humor – en ’n eie storie. Hulle is SARIE-lesers en die finaliste in SARIE Voorbladgesig 2017.

Die laaste weke het hulle gewys wie hulle is, op die televisieprogram op kykNET, asook in die fotografiese ateljee waar hulle deur SARIE se A-span onder hande geneem is en oor drie dae deur topfotograaf Leana Clunies-Ross in ware SARIE-voorbladstyl afgeneem is. Die 2 wenners, wat op die voorblad van ons Oktober-uitgawe sal pryk, word eersdaags aangekondig.

Cato Meaker (26), Risiko-analis en deeltydse ingenieur-student, Durbanville.

Kry hier ’n agter-die-skerms-blik van Cato se fotosessie:

Kyk Maandag 18 September na die finale episode van SARIE Voorbladgesig (17:30 op KykNET.) Hou ook SARIE se Oktober-uitgawe dop wat vanaf volgende week op die winkelrakke sal verskyn.

SARIE Voorbladgesig word trots aangebied in samewerking met kykNet, Inoar Professional, Nomination Italy en Menlyn Boutique Hotel.

The post Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Cato appeared first on SARIE.

Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Marize

$
0
0

Doeners en dromers. Entrepreneurs en studente. Hulle het styl, vasbyt, moed, ’n sin vir humor – en ’n eie storie. Hulle is SARIE-lesers en die finaliste in SARIE Voorbladgesig 2017.

Die laaste weke het hulle gewys wie hulle is, op die televisieprogram op kykNET, asook in die fotografiese ateljee waar hulle deur SARIE se A-span onder hande geneem is en oor drie dae deur topfotograaf Leana Clunies-Ross in ware SARIE-voorbladstyl afgeneem is. Die 2 wenners, wat op die voorblad van ons Oktober-uitgawe sal pryk, word eersdaags aangekondig.

Marize Baird (36), Persoonlike assistent, Heidelberg, Gauteng

Kry hier ’n agter-die-skerms-blik van Marize se fotosessie:

Kyk Maandag 18 September na die finale episode van SARIE Voorbladgesig (17:30 op KykNET.) Hou ook SARIE se Oktober-uitgawe dop wat vanaf volgende week op die winkelrakke sal verskyn.

SARIE Voorbladgesig word trots aangebied in samewerking met kykNet, Inoar Professional, Nomination South Africa en Menlyn Boutique Hotel.

The post Voorbladgesig se Top-10: Agter die skerms met Marize appeared first on SARIE.

Viewing all 2294 articles
Browse latest View live