Sy “meisiekind”, mede-akteur Tinarie van Wyk-Loots, oor die drumpel dra, ietsie PG (parental guidance) tussen die lakens doen en swem. Dís die drie dinge wat Erik Holm wil doen wanneer hy die gevoel in sy bene terugkry.
Gehore is gaande oor Erik se eenmanvertoning, Blou-Blou, wat grotendeels die storie vertel van hoe die tragiese ongeluk in 2007, toe hy in ’n dam geduik en sy nek gebreek het, sy lewe verander het. Dié verhoog- en TV-akteur gesels met SARIE.com oor toneelspeel, sy familie en sy geloof dat hy weer sal kan stap.
Hoe het jy vir dié rol voorberei, aangesien jy jouself op die planke vertolk?
Ek het my storie aan die regisseur Jan Groenewald vertel en hy het fantasie-elemente tussendeur geweef. Dit was ’n vreemde, moeitelose en natuurlike proses. Ek het wel gedink dit gaan makliker raak hoe meer ek Blou-Blou doen, maar dit raak al hoe moeiliker.
Mense bedank my ná die vertoning vir my “inspirerende” verhaal, maar ek sien nie Blou-Blou as inspirerend nie, eerder as ’n huldeblyk aan my gesin wat my (soms letterlik) op hul hande gedra het.
![FOTO: Erik met sy susters, Nike en Kora]()
FOTO: Erik met sy susters, Nike en Kora
Hoe het jou familie jou letterlik gedra?
Ja, daar is soveel stories wat ek kan vertel wat wys hoe my gesin planne maak. Ek en my familie het op die grens van Mosambiek vakansie gehou, ’n area wat nie juis rolstoel-vriendelik is nie. Hulle het toe die onderkant van ’n groot rugsak uitgesny, my bene vasgemaak en my oor die duine gedra.
![FOTO: Erik op sy vriend André van der Waltd se rug.]()
FOTO: Erik op sy vriend André van der Waltd se rug.
Hoekom werk Blou-Blou as eenmanvertoning?
Alhoewel daar talle talentvolle akteurs in Suid-Afrika is, kan niemand my storie, met al sy emosionele inhoud, so goed soos ek vertel nie. Danksy die talentvolle Izel Smit word die stuk tog aangevul met heelwat multimedia-beelde: onderhoude met my familie, beelde van voor en ná die ongeluk, ensovoorts.
Van waar die naam Blou-Blou?
Daar was ’n tannie wat gesê het ek moet dankbaar wees, want ten minste het ek steeds my blou oë. Dan is daar die liedjie “Blou-Blou”, een oomblik is alles mooi en reg en die volgende oomblik is daar chaos en alles val uitmekaar. Die see en die lug het ook die titel geïnspireer.
Jy glo dat jy eendag weer sal kan loop. Hoe dink jy gaan dit gebeur?
Ek weet regtig nie. Dalk is ek in total denial. Ek weet net dit moet op een of ander manier gebeur … ’n Wetenskaplike wonderwerk bly steeds ’n wonderwerk.
5 vinnige vrae
Sepies of verhoogstukke?
Teater saam met Tinarie, maar ek is baie dankbaar vir Binnelanders, want dit het soveel deure vir my oopgemaak.
’n Swart pak of jeans?
Definitief jeans. Ek hou van gemaklik wees.
Koffie of tee?
Koffie. Ek drink nou juis my derde koppie vir die dag.
TV of radio?
Radio. My musieksmaak is baie wyd.
Drama of komedie?
Komedie, alhoewel ek nie self goed is daarmee nie.
Lees ook
________________
Dis ons aand van die jaar met glans, bekendes en ons Voorbladfinaliste. Wees op 6 September deel van die rooitapyt-geleentheid wanneer die twee kategoriewenners uit die 10 finaliste aangewys word, en één dan wegstap as SARIE Voorbladgesig 2015. Dis haar gesig wat op die Oktober-uitgawe van SARIE sal pronk, en jy sal eksklusief ’n eerste kopie van die tydskrif in jou hande kan hê. Moenie die opwinding misloop nie!
Optredes deur die sangers Joseph Clark, Corlea Botha en Joshua na die Reën, met Nadia Beukes as gasvrou, sal die aand selfs meer spesiaal maak. Maak seker jy kry plek – koop jou kaartjie nou!
![VBGfader 1 voorbladgesig event]()
Lees meer HIER
Kry jou kaartjie HIER
The post Blou-Blou: Erik Holm gesels oor die golwe van die lewe appeared first on SARIE.