Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all 2294 articles
Browse latest View live

Rooi hare nés tannie Julia Roberts

$
0
0

Met haar rooi hare trek sy opvallend baie na haar beroemde aktrise-tannie Julia Roberts. Emma Roberts het onlangs haar blonde lokke rooi gekleur. En dit lyk pragtig!

Julia is die suster van Emma se pa, Eric Roberts, ook ’n akteur.

Wie kan Julia in die 80’s en 90’s vergeet? Met haar rooikop en klokhelder laggie het sy aanhangers se harte keer op keer in rolprente gesteel.

Emma het die foto’s van haar nuwe hare op Instagram gedeel. Dis nie die eerste keer dat sy ’n rooikop is nie. Verlede jaar het sy dieselfde gedoen.

Toe

Sipping and soaking in the first few days of 2017 in my @Coach Delancey watch #TimeforCoach #Partner

A post shared by Emma Roberts (@emmaroberts) on

Nou

Gorgeous day + @Coach Delancey watch #timeforcoach #lovecoachcharms #partner

A post shared by Emma Roberts (@emmaroberts) on

Lees nou

5 nuusstories vir vandag, 16 Februarie 2017

Seksbom Tom se geheim is uit!

SA Michelin-sjef behou sy ster

The post Rooi hare nés tannie Julia Roberts appeared first on SARIE.


Só lyk die Safta-benoemings vir 2017

$
0
0

Die benoemings vir die South African Film & Television Awards (Saftas) is vandag bekend gemaak. 

Noem my Skollie, Neels van Jaarsveld, Christia Visser, Boekklub, Weg! Agterpaaie, Hotel, Karen Zoid, Alison en Nobody’s died laughing is van die groot name en produksies wat benoem is.

Meer as 400 produksiehuise het ingeskryf vir dié gesogte toekennings. Altesaam 258 inskrywings is gekies in die 89 kategorieë. Die toekennings vind 16-18 Maart by Sun City plaas.

Televisie

Beste TV-sepie of telenovela

High Rollers
Isibaya
The Road

Beste regie – TV-sepie of telenovela

High Rollers
Isibaya
The Road

Beste akteur – TV-sepie of telenovela

Anthony Coleman – High Rollers
Justin Strydom – High Rollers
Siyabonga Thwala – Isibaya

Beste aktrise – TV-sepie of telenovela

Tina Jaxa – Gold Diggers
Clementine Mosimane – Gold Diggers
Masasa Mbangeni – Scandal!

Suidooster-akteurs FOTO Donna Lewis

Suidooster-akteurs FOTO Donna Lewis

Gewildste TV-sepie

Isibaya
Zabalaza
The Road
Gold Digger
Isidingo
Generations, The Legacy
Uzalo
Ashes to Ashes
Rhythm City
Suidooster
Getroud met Rugby: Die Sepie
Ring of Lies
Greed and Desire
Binnelanders
High Rollers
7de Laan
Scandal!

bloedbroers

Beste TV-drama

Bloedbroers
Heist
Sober Companion

Beste regie – TV-drama

Bloedbroers
Heist
Sober Companion

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

Beste draaiboek – TV-drama

Die Boekklub
Fluitens
JAB

Beste akteur –TV-drama

Neels van Jaarsveld – Bloedbroers
Jerry Mofokeng – Heist
Trevor Gumbi – Sober Companion

Beste aktrise – TV-drama

Tiffany Barbuzano – Sober Companion
Brenda Ngxoli – Hustle
Linda Sokhulu – Sokhulu and Partners

Beste ondersteunende akteur – TV-drama

Chris van Niekerk – Die Boekklub
Tumisho Masha – Saints and Sinners
Warren Masemola – Heist

Beste ondersteunende aktrise – TV-drama

Jana Cilliers – Die Boekklub
Tina Jaxa – Isikizi
Samela Tyelbooi – It’s Complicated

Beste TV-komedie

Puppet Nation ZANews
Hotel 
Those Who Can’t

hotel

Beste akteur – TV-komedie

James Borthwick
Kagiso Lediga
Grant Swanby

Beste aktrise – TV-komedie

Sola Nombona
Hannah Barnard
Chantal Herman

Beste regie – TV-komedie

Hotel
Puppet Nation ZANews
Those Who Can’t

FOTO Marijke Willems

FOTO Marijke Willems

Beste geselsprogramaanbieder

Anele Mdoda – Real Talk with Anele
Bonnie Mbuli – Afternoon Express
Karen Zoid – Republiek van Zoid Afrika

Beste geselsprogram

Real Talk with Anele
Republiek van Zoid Afrika
The Chatroom

The Voice lees nou

Beste program in ’n internasionale formaat

Clash of the Choirs SA
The Great South African Bake Off
The Voice SA

Beste werklikheidsreeks

The Ultimate Braai Master
Vrydag 4 uur
Weg! Agterpaaie, Namibië

Beste speletjiesprogram

Musiek Roulette
Noot vir Noot
Point of Order

Film

Noem my skollie

Beste akteur – Vollengte film

Deon Lotz – Dis koue kos, Skat
Dan Jaques Mouton – Noem my Skollie
Garion Dowds – Shepherds and Butchers

Christia Visser

FOTO Leana Clunies-Ross

Beste aktrise – Vollengte film

Anel Alexander – Sink
Shoki Mokgape – Sink
Christia Visser – Tess

Modder en Bloed FOTO:  Jacques Loots

Modder en Bloed FOTO: Jacques Loots

Beste manlike byspeler – Vollengte film

Grant Swanby – Modder en Bloed
Abdurahgmaan Adams – Noem my Skollie
Deon Lotz – Shepherds and Butchers

Beste vroulike byspeler – Vollengte film

Hlubi Mboya – Dora’s Peace
Leleti Khumalo – Free State
Renate Stuurman – Happiness is a Four-Letter Word

fliek

Beste dokumentêr

Alison
Doc-U-Mentally
Nobody’s Died Laughing

Beste kortfilm

Konneksies
The Suit
Vryslag

Lees die volledige lys van benoemings HIER.

The post Só lyk die Safta-benoemings vir 2017 appeared first on SARIE.

Drew Barrymore byna dood

$
0
0

Die Hollywood-aktrise Drew Barrymore was byna dood toe ’n oefenlopie vir ’n toneel uit haar nuwe Netflix-reeks, Santa Clarita Diet, lelik skeefgeloop het.

In die toneel moes Drew, wat ’n zombie speel, ’n man bespring om hom dood te maak. Maar toe gly sy en val met haar kop hard op die sypaadjie. Die ongeluk het in 2016 gebeur.

Victor Fresco, skepper van Santa Clarita Diet, het onlangs aan US Weekly gesê hy het die ergste gevrees. “Ek het gedink: Dis dit. Ons het Drew Barrymore vermoor.”

#Spain #santaclaritadiet

A post shared by Drew Barrymore (@drewbarrymore) on

Die besering was so ernstig dat met haar hospitaal toe gejaag is. Sy moes twee dae in die hospitaal bly vir toetse.

“Dit was verskriklik. Ek het nog nooit so iets in my lewe ervaar nie,” het die aktrise aan US Weekly gesê.

’n Week later was sy terug op die stel.

Kyk die lokprent hier:

Lees nou

Rooi hare nés tannie Julia Roberts

5 nuusstories vir vandag, 16 Februarie 2017

Seksbom Tom se geheim is uit!

 

The post Drew Barrymore byna dood appeared first on SARIE.

Gwen Stefani lyk 10 jaar jonger

$
0
0

Is daar iets in die Amerikaanse sangeres Gwen Stefani se water? Sy is 47 jaar oud, maar lyk skaars 37. 

Gwen het gister op die kletsprogram The Tonight Show Starring Jimmy Fallon verskyn. Sy het omtrént gestraal. Is dit wat ’n verhouding met die country-sanger Blake Shelton aan ’n mens doen?

Gedurende die onderhoud het Gwen gereeld na Blake as “dierbaar” en “oulik” verwys.

Kyk net hoe gesels sy oor Blake:

Die twee is sedert 2015 ’n paartjie. Op 27 Februarie gaan albei as afrigters op die Amerikaanse The Voice in aksie te sien wees wanneer die 12de seisoen begin. Die ander twee afrigters is Adam Levine en Alicia Keys.

Kyk net hoe oulik is Blake en Gwen in die lokprent:

 Gwen lyk regtig goed. Is sy ’n vampier? 

1997

2007

2017

Lees nou

Drew Barrymore byna dood

Só lyk die Safta-benoemings vir 2017

Rooi hare nés tannie Julia Roberts

The post Gwen Stefani lyk 10 jaar jonger appeared first on SARIE.

George Clooney se ma verklap geslag van babas

$
0
0

Teen hierdie tyd weet die hele wêreld al die superpaartjie George en Amal Clooney gaan ’n tweeling ryker word. Maar nou het George se ma, Nina, die geslag van die twee babas verklap. 

Kan jy raai? Dis ’n dogtertjie én ’n seuntjie! Nina het die nuus glo aan Radar Online bevestig.

Foeitog, nie George óf Amal kon uit hul eie die nuus breek nie. Die swangerskapsgerugte is deur Julie Chen, aanbieder van die kletsprogram The Talk, bevestig.

“Dis nie net Beyoncé wat ’n tweeling gaan hê nie. George en Amal Clooney moet ook gelukgewens word,” het sy op die program gesê.

En nou het George se ma die geslag verklap. Toemaar julle twee, miskien gaan julle die tweeling se name met die wêreld kan deel.

Kyk net hoe praat Matt Damon oor die Clooneys se goeie nuus:

Lees nou

Gwen Stefani lyk 10 jaar jonger

Drew Barrymore byna dood

Só lyk die Safta-benoemings vir 2017

The post George Clooney se ma verklap geslag van babas appeared first on SARIE.

Minki van der Westhuizen se raad aan die boere: “Moenie so baie dink nie!”

$
0
0

Wie sou kon dink dat Minki van der Westhuizen, destyds die pin-up-liefling van die troepe in Irak, en op haar dag ’n sexy onderkleremodel en voorbladmeisie van Sports Illustrated SA se swembroek-uitgawes, uiteindelik op haar gemaklikste sou wees tussen die beeste, wingerd en stof? Aan’t gesels met ’n handvol van ons land se boere.

Minki is die voorbladster vir ons Maart-uitgawe (te koop vanaf Maandag). Hier volg ’n kort uittreksel uit dié onderhoud …


In net ’n kort tyd het Minki se natuurlike aanslag en spontaneïteit voor die kamera haar een van SA se mees geliefde TV-aanbieders gemaak, veral met Boer soek ’n vrou.

Verlede jaar het sy weinig verhoudingsraad aan die boere uitgedeel.

“Maar ek dink hulle moet nog baie leer. Ek wil vanjaar vir hulle sê:

‘Moenie so baie dink nie. Die liefde is ’n hartsding. As hy daar is, kan jy dit nie keer nie.’

Lees die volledige onderhoud in ons Maart-uitgawe van SARIE. Minki vertel van haar kinders, haar vorige verhoudings, haar liefde vir Afrikaans en haar lyf-issues, PLUS kyk na die eksklusiewe pragtige foto’s van Minki!

Minki van der westhuizen maart 2017

Lees nou

Minki deel haar mooilyk-gewoontes

Nóg een vir mooie Minki!

Minki verlang na kleintjies se drukkies

The post Minki van der Westhuizen se raad aan die boere: “Moenie so baie dink nie!” appeared first on SARIE.

Olivia, ma Diaan Lawrenson se “ou siel in ’n klein lyfie”

$
0
0

In Mei verlede jaar het aktrise Diaan Lawrenson vir Johannesburg en 7de Laan gegroet. Nou het sy en haar man, Jody Abrahams, en hul kinders, Olivia Rose (6) en Thomas (3), hul Kaapse voete gevind.

Diaan gesels met ons hieroor in die Februarie-uitgawe van SARIE, wat nog tot Sondag 19 Februarie te koop is.

Hier volg ’n kort uittreksel oor Olivia se wyse raad aan haar ouers en die belangrikste les wat Diaan haar wil leer … 

Olivia was die minste van haar ma se bekommernis met die groot trek Kaap toe. ’n Flambojante kind, vol selfvertroue, spraaksaam; nes haar pa.

Maar toe onverwags ontroosbaar oor wat sy moes agterlaat. Dae lank het sy net gelê, nie geëet nie. Een wintersdag in die Kaap het Olivia gehuil asof haar hart wil breek.

“Sy’s ’n ou siel in ’n klein lyfie. Sy vat haar eie tyd om goed te prosesseer,” sê Diaan nou.

Vir Olivia het die keerpunt ná ’n kuier van twee weke in Johannesburg gekom. Sy het meer van Diaan se vriende gesien as haar ma self en al haar oumas en oupas. Vir Olivia het alles toe in plek geval.

“Ek dink nie sy het voorheen verstaan hulle is steeds daar nie. Vir haar was dit so goed hulle is dood, nie meer deel van haar lewe nie.”

“Soms het jy perspektief nodig, dis maar met almal so.”

FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

Dit was Olivia wat haar ouers aangepor het om in 2014 te trou. Sy wou aanmekaar weet hoekom is Diaan dan Lawrenson en die res van die gesin Abrahams? Nou sê sy met duidelike genot: “Ons is álmal Abrahams.” Diaan werk onder haar nooiensvan, maar is amptelik Abrahams.

Voor hul huwelik het die twee ’n huweliksberader besoek. By die berader het Diaan ’n belangrike lewensles geleer. Een aand het hulle soesji gaan eet, ’n ervaring wat sy graag vir haar kinders wou gee. Die geld was skraps en sy het nie saamgeëet nie. Toe hulle oor geld praat, het sy die storie aan die berader vertel. Dis nie reg nie, het hy gesê. “Ek was ontsteld. ‘Verskoon my, ek wil net die beste vir my kinders gee.’ En sy antwoord: ‘Weet jy wat jy hulle leer? Dat jy ’n vloermat is.’”

Dis iets waaroor sy baie dink.

Sy voel sterk dat haar Olivia ’n vrou uit eie reg moet wees, nie in ’n boksie gedruk word nie.

“Jy sou dink daai tyd is verby, vroue kan vandag doen wat hulle wil, maar nee. Ek word baie veroordeel omdat ek so hard werk. Die persepsie is dat jy, hoewel nie noodwendig ’n tuisbly-ma nie, nie te veel ambisie moet hê en jou eie drome najaag nie. Want dan is jy nie ’n goeie ma nie. Gelukkig ondersteun Jody my al die pad.”

Lees die volledige onderhoud én sien nóg foto’s in die Februarie-uitgawe.

FEBruair sarie diaan lawrenson 2017

Lees nou

SA Michelin-sjef Jan Hendrik behou sy ster

Andriëtte Norman verwelkom eersteling

Dié Hollywood-paartjies is al vir jare saam

The post Olivia, ma Diaan Lawrenson se “ou siel in ’n klein lyfie” appeared first on SARIE.

Rob Kardashian en Blac Chyna se paadjies skei wéér

$
0
0

Hul eersteling is skaars drie maande oud. Maar die werklikheidsepiesterre Rob Kardashian en Blac Chyna is wéér uitmekaar.

Ai tog! Blac het in Desember sak en pak uit hul huis getrek saam met hul dogter, Dream. ’n Paar dae later het die twee weer opgemaak en sy’s terug.

Maar nou lyk dit of hul paadjies “finaal” geskei het. Volgens US Weekly het hulle hul verlowing verbreek en albei is vort uit die huis. Lees die volledige storie hier.

Stealing hearts mama

A post shared by ROBERT KARDASHIAN (@robkardashian) on

Today my baby girl is 3 months old and I’m in love with her

A post shared by ROBERT KARDASHIAN (@robkardashian) on

Lees nou

Kleur jou hare … met Nutella!

Olivia, ma Diaan Lawrenson se “ou siel in ’n klein lyfie”

Minki van der Westhuizen se raad aan die boere: “Moenie so baie dink nie!”

The post Rob Kardashian en Blac Chyna se paadjies skei wéér appeared first on SARIE.


Steve Irwin se seun maak TV-debuut

$
0
0

Waarheen het die tyd gevlieg? Die ontslape bewaringsgesinde, oftewel The Crocodile Hunter, Steve Irwin, se seun, Robert, volg in sy pa se voetspore. En hy is 13 jaar oud.

Nes ousus, Bindi, werk Robert by die Australian Zoo, wat deur Steve se pa gevestig is. Die wêreld het al vir Bindi op televisie gesien. In 2015 het sy deelgeneem aan Dancing with the Stars en het ook die kompetisie gewen.

Maar vir die eerste keer het Robert alleen op televisie verskyn. Hy het gister diere gewys op The Tonight Show with Jimmy Fallon. Daar is beslis trekke na pa, Steve.

Kyk net hoe spontaan en vriendelik is Robert:

Robert is nie net lief vir diere nie, maar ook vir fotografie. Hy deel gereeld foto’s op sy Instagram-profiel.

Hier is van Robert se foto’s:

The joy and happiness that these pigeons brought to this man in Barcelona was so special. #barcelona A post shared by Robert Irwin (@robertirwinphotography) on

Lees nou

Kwaad as iemand hard kou of sluk? Dís hoekom

Tukkie gaan gróót met SARIE

Olivia, ma Diaan Lawrenson se “ou siel in ’n klein lyfie”

The post Steve Irwin se seun maak TV-debuut appeared first on SARIE.

Little Rascals se Alfalfa trou

$
0
0

Die internet is gaande oor die troue van een van die Little Rascals

Onthou jy die 1994-film Little Rascals? Die nege jong akteurs het destyds harte gesteel, maar nou kan ons nie glo hoe groot hulle is nie!

FOTO Little Rascals

Die akteur Bug Hall, wat destyds Alfalfa in dié rolprent gespeel het, het met sy meisie Jill Marie DeGroff in Encino, Kalifornië, getrou. Hy het ’n pragtige foto op Instagram gedeel.

I will.

A post shared by Bug Hall (@bug_hall) on

Ons kan nie glo dis dieselfde seuntjie wat eens Alfalfa gespeel het nie. Kyk net hoe groot het hy geword.

Toe

Nou

Throwback to the beard days. #IThrowbackWhateverDayIWant

A post shared by Bug Hall (@bug_hall) on

Lees nou

Steve Irwin se seun maak TV-debuut

Kleur jou hare … met Nutella!

Tukkie gaan gróót met SARIE

The post Little Rascals se Alfalfa trou appeared first on SARIE.

Nicole Kidman was toe verloof

$
0
0

Daar was altyd bespiegel, maar die Oscar-wenner Nicole Kidman het dit nooit bevestig nie. 

In 2003 het Nicole ’n verhouding met die rockster Lenny Kravitz begin. Hul paadjies het einde 2003 weer geskei. Daar was egter gerugte dat sy en Lenny in daardie tyd stil-stil verloof geraak het, maar nie een van hulle het dit ooit bevestig nie.

Sy het onlangs die nuus aan die aanlyntydskrif The Edit bevestig. Nicole en Lenny se aktrise-dogter, Zoë Kravitz, speel saam in ’n nuwe HBO-reeks Big Little Lies.

“Wel, ek ken vir Zoë, want ek was verloof aan haar pa. Ek’s lief vir Lenny, hy’s ’n oulike ou,” het Nicole gesê.

Sy is sedert 2006 met die country-sanger Keith Urban getroud. Die paartjie het twee dogters, Sunday Rose en Faith Margaret. Nicole het ook twee aangenome kinders, Isabella en Connor, uit haar vorige huwelik met Tom Cruise.

Lees nou

Steve Irwin se seun maak TV-debuut

Kwaad as iemand hard kou of sluk? Dís hoekom

Tukkie gaan gróót met SARIE

The post Nicole Kidman was toe verloof appeared first on SARIE.

Kyk hoe lyk Mr. Bean se dogter!

$
0
0

Met sy teddiebeer en sy bruin pak het Mr. Bean ons al laat huil van die lag. Wie kan vergeet hoe hy in 2012 tydens die opening van die Olimpiese Spele in Londen kykers vermaak het? Of sy scenario met die goudvis? Ja, Rowan Atkinson is talentvol en het gesorg vir vele skreeusnaakse oomblikke.

Het jy geweet? Rowan Atkinson het in 1975 ’n meestersgraad in elektriese ingenieurwese by The Queen’s College in Oxford, Engeland, verwerf.

In 2015 het Rowan en sy vrou, Sunetra Sastry, ná ’n huwelik van 25 jaar geskei. Die paartjie het twee kinders, Ben en Lily.

Dis veral sy doger, Lily, wat die koppe laat draai. Dié 21-jarige is beeldskoon en wil, nes haar pa, in die vermaaklikheidsbedryf wees.

Kyk net hoe pragtig is sy:

A post shared by Lily Sastry Atkinson (@lilysastry) on

A post shared by Lily Sastry Atkinson (@lilysastry) on

Don't know why I look sad I'm actually very happy there #takemeback

A post shared by Lily Sastry Atkinson (@lilysastry) on

Out out

A photo posted by Lily Atkinson (@lilyatk) on

 

Ow

 

A photo posted by Lily Atkinson (@lilyatk) on

 

An awesome holiday @oayton

 

A photo posted by Lily Atkinson (@lilyatk) on

Wow!

via GIPHY

Lees nou

Jy sal nie glo wat dié Kardashian vir Kersfees gekry het nie!

Die beste raad vir jou Desember-foto’s!

Wow! Ons weet nie waar om te kyk nie, Kim …

The post Kyk hoe lyk Mr. Bean se dogter! appeared first on SARIE.

VIDEO: Jake Gyllenhaal kan sing

$
0
0

Hy is nie net mooi nie, genugtig die Hollywood-akteur Jake Gyllenhaal kan sing ook!

Dié Oscar-wenner is op die oomblik besig met voorskoue vir sy Broadway musiekblyspel Sunday in the Park with George. Hy speel die hoofrol van George. Kritici, soos The New York Times, prys reeds sy vertolking.

Kyk die video van ’n singende Jake tydens ’n repetisie:

Lees nou

Steve Irwin se seun maak TV-debuut

Rob Kardashian en Blac Chyna se paadjies skei wéér

Kwaad as iemand hard kou of sluk? Dís hoekom

The post VIDEO: Jake Gyllenhaal kan sing appeared first on SARIE.

’n Derde kind vir Zoe Saldana

$
0
0

Die Hollywood aktrise Zoe Saldana het onlangs haar derde kind verwelkom. Sy het Saterdag die goeie nuus op Instagram gedeel. Haar jongste is ’n seuntjie, genaamd Zen.

Zoe en haar kunstenaar-man, Marco Perego, het reeds in 2014 ’n tweeling, ook seuns, gehad. Die paartjie is al vier jaar getroud.

Kyk net die oulike foto wat Zoe gedeel het:

 

Lees nou

VIDEO: Jake Gyllenhaal kan sing

Nicole Kidman was toe verloof

Raak ontslae van dié klein jakkalsies in jou huis

The post ’n Derde kind vir Zoe Saldana appeared first on SARIE.

Tori Spelling spog met bababoep

$
0
0

Tyd het beslis gevlieg vir die Hollywood-aktrise Tori Spelling. Oor minder as drie weke ontmoet sy en haar akteur-man, Dean McDermott, hul vyfde bloedjie. En dan is dit weer pajamadrill.

Sy het onlangs die foto’s van haar bababoep op sosiale media gedeel.

Die paartjie is al vir tien jaar getroud en het reeds vier kinders, Liam (9), Stella (8), Hatti (5) en Finn (4). Dean het ook ’n 18-jarige seun, Jack, uit sy vorige huwelik.

Die nuwe bloedjie was ’n onbeplande verrassing. “Dit was ’n groot verrassing. Maar ons wou nog altyd ’n groot gesin gehad het,” het Tori destyds aan People gesê.

Lees nou

VIDEO: Jake Gyllenhaal kan sing

Nicole Kidman was toe verloof

Steve Irwin se seun maak TV-debuut

The post Tori Spelling spog met bababoep appeared first on SARIE.


Is dit jou hare, Kim?!

$
0
0

Kim Kardashian se hare is soos die weer, dit verander elke liewe dag. En die keer het dié koningin van selfies besluit om met ’n korter blondekop te spog.

Is dit haar eie hare? Ons is nie seker nie. Haar haarkapper, Chris Appleton, het ’n foto van haar nuwe lokke op Instagram gedeel.

Today@kimkardashian

A post shared by Hairstylist (@chrisappleton1) on

Haar kleinsus, Kendall Jenner, het ook onlangs besluit om haar lokke nóg korter te knip.

La Perla show @laperlalingerie

A post shared by Kendall (@kendalljenner) on

Lees nou

Tori Spelling spog met bababoep

Kyk hoe lyk Mr. Bean se dogter!

VIDEO: Jake Gyllenhaal kan sing

The post Is dit jou hare, Kim?! appeared first on SARIE.

4.9 miljoen hou van Selena se rok

$
0
0

Die Amerikaanse sangeres Selena Gomez word die meeste gevolg op Instagram met 110 miljoen mense. Só dis geen verrassing dat ’n foto, wat sy gedeel het, meer as 4 miljoen likes gekry het nie.

Selena het op Valentynsdag ’n eenvoudige foto gedeel van haarself in ’n rooi rok. Aanhangers was so gek oor haar rok dat dit 4.9 miljoen likes gekry het.

Hier is Selena en haar gewilde rok:

A post shared by Selena Gomez (@selenagomez) on

Gewoontlik kry haar foto’s maar net 2 miljoen likes op Instagram.

Lees nou

Nicole Kidman was toe verloof

Kyk hoe lyk Mr. Bean se dogter!

Steve Irwin se seun maak TV-debuut

The post 4.9 miljoen hou van Selena se rok appeared first on SARIE.

James Earl Jones steeds Mufasa se stem

$
0
0

Die Amerikaanse akteur James Earl Jones (86) gaan weer sy stem vir die ikoniese karakter Mufasa leen. Ja, The Lion King word oorgemaak en Mufasa is terug!

Disney is in ’n nuwe fase, want al hul klassieke animasie-films word oorgemaak. Eers was die Cinderella toe Jungle Book en in Maart gaan Beauty and the Beast gehore vermaak.

The Lion King is in 1994 uitgereik en is steeds een van die gewildste animasierolprente. Die regie gaan deur Jon Favreau behartig. Hy het die akteurs op sosiale media aangekondig. Dit lyk of James die enigste akteur is wat deel van die oorspronklike rolprent was.

Die stem van Simba sal deur die Amerikaanse akteur Donald Glover vertolk word.

Lees nou

Kyk hoe lyk Mr. Bean se dogter!

VIDEO: Jake Gyllenhaal kan sing

Nicole Kidman was toe verloof

The post James Earl Jones steeds Mufasa se stem appeared first on SARIE.

Hugo Ludik: Adam-man en liedjieskrywer

$
0
0

In 2003, as regsstudent aan die Universiteit Stellenbosch, het Hugo Ludik, aan die sêr-kompetisies deelgeneem. Daarna het hy 5 jaar lank met sy sanger- en akteurbroer Stefan Ludik gesing. Dis toe dat hy besef daar is ’n tekort aan Afrikaanse liedjies.

Hy skryf toe “Pasopwinterwaternat’’ saam met Willie van der Merwe waarmee hulle die Huisgenoot Tempo Liedjieskryfwedstryd wen en later het Kurt Darren die liedjie opgeneem.

Die wiele was aan die rol.

Hy skryf deesdae ook liedjies vir Willem Botha, Pieter Koen en Gerhard Steyn.

Die musiekgroep Adam vervul hom musikaal. Dit is boonop lekker om musiek te maak met sy beste vriende, Kyle Grant en Reynardt Hugo. “As ons naweke weggaan om vertonings te gee, is dit meer soos ’n klomp vriende wat kuier en werk. Ek sal dit vir niks op aarde verruil nie.’’

ADAM

Oor Hoogtevrees, hul vierde album, sê hy: “Dit is ons heel beste werk en gaan oor kruispaaie in die lewe. Soms moet jy net glo en spring.” Die lirieke is gegrond op sy eie lewenservaring.

En die kersie op die koek, nadat hy weke lank, op sy eie en in sy stilligheid, gestoei het met liedjieskryf, geniet hy dit as die gehoor so baie van die musiek hou dat hulle dit saam met hom sing by shows. “Dít is ongelooflik.’’

Hy glo hul suksesresep is goeie lirieke en melodieë. En hulle werk so lekker saam, omdat hulle lojaal is en dinge op die regte, eerlike manier bereik het, sedert Adam ses jaar gelede gestig is.

“Ons het die afgelope ses jaar dieselfde bestuur, platemaatskappy, fotograwe, mediamense, vervaardiger en skakelpersoon.’’

Luister hier na hul liedjie “Vergifnis” wat ook op Adam se nuutste album verskyn:

Lees nou

NUWE VIDEO: Joshua na die Reën se nuutste musiekvideo

Marciel: Moenie jou vlees jou vyand maak nie!

Hennie en Jacobu: Langafstand-liefde

The post Hugo Ludik: Adam-man en liedjieskrywer appeared first on SARIE.

Egoli se Schalk en Billy van Dirty Dancing oor Hoogtevrees

$
0
0

Egoli se Schalk en Billy Kostecki van Dirty Dancing – in die regte lewe Kyle Grant van ADAM – hou daarvan om te sing in dié musiekgroep, want hy leer hoe om homself te wees.

Vroeër het hy gereeld rolle vertolk in musieblyspele soos Chess, Sunset Boulevard en Hairspray. “Dit is nogal uitdagend om so eerlik te wees. Jy moet altyd jou hart op jou mou dra,’’ vertel hy.

“Die dissipline van die teater is nie vir sissies nie. Jy werk jou amper dood. Ek het baie respek vir mense wat dít hul lewe maak. Die lekkerste ding is die rush wat jy kry om te sien hoe alles bymekaarkom. Dit is asof jy die geboorte van die produksie sien.’’

Vir eers is ADAM sy lewe. “Ons is trots op die album Hoogtevrees, ons maak musiek waarvan ons hou, al hou almal nie daarvan nie. Ons doelwit is om altyd gehaltewerk te lewer.’’

Kyle, Hugo en Reynardt

Die manne van Adam: Kyle Grant, Hugo Ludik en Reynardt Hugo

Kyle is baie lief vir Afrikaans. “Ek het my eerste kunswedstryd op tien met die liedjie ‘Die kat kom weer’ gewen. Hoewel ek eintlik Engels groot geword het, is my ma se familie Afrikaans. My pa het wel saam met ons Afrikaanse musiek gesing.’’

Hy oorweeg steeds ’n solo-loopbaan. “My wortels is in Suid-Afrika, maar ek sou graag wil hê my stem moet oorsee gehoor word. Ek het so baie wat ek as sanger, akteur en skrywer aan die wye wêreld kan bied, wat ek wil deel. Dit was ’n groot voorreg om met produksies soos Dirty Dancing na Hong Kong en Singapoer vir ’n jaar lank te toer.’’

Groot invloede in sy lewe? Nataniël en Sean Butler. “Hulle het my baie van die bedryf geleer.’’

En mis hy nie ’n sepieloopbaan nie? “Dit was destyds goeie ondervinding. Sepies sal nog baie lank deel van die Afrikaanse kultuur wees. Dit was altyd vir my ongelooflik hoe die publiek gedink het hulle ken jou omdat hulle jou elke dag op die kassie sien. Ek moet sê, dit was ’n baie goeie manier vir ’n akteur om ’n gereelde salaris te kry …”

Luister hier na hul liedjie Vergifnis wat ook op ADAM se nuutste album verskyn:

Lees nou

NUWE VIDEO: Joshua na die Reën se nuutste musiekvideo

Marciel: Moenie jou vlees jou vyand maak nie!

Hennie en Jacobu: Langafstand-liefde

The post Egoli se Schalk en Billy van Dirty Dancing oor Hoogtevrees appeared first on SARIE.

Viewing all 2294 articles
Browse latest View live