Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all 2294 articles
Browse latest View live

‘Dr Tertius Jonker’ sing mooi

$
0
0

Dr Tertius Jonker van die kykNET-sepie Binnelanders, Reynardt Hugo, is skrywer en sanger in die mansgroep ADAM – trouens, hy skryf die meeste liedjies van dié groep.

Baie sal hom onthou van die 2008 Houtkruis-musiekproduksie, waarin hy ook opgetree het.

Hy en sy sangmaat Hugo Ludik het die titelliedjie “Hoogtevrees’’ van hul nuwe album Hoogtevrees geskryf.“Dit is my gunsteling-liedjie op die album, want dit is nostalgies, ’n perfekte kombinasie van herinnering en liefde.’’

Die manne van Adam: Kyle Grant, Hugo Ludik en Reynardt Hugo

Die manne van Adam: Kyle Grant, Hugo Ludik en Reynardt Hugo

Hy het ’n BA-dramagraad in 2007 aan die Universiteit van Pretoria verwerf en sê ADAM akkommodeer Binnelanders en andersom. “Ons tree elke naweek op en doen een of meer toere per jaar. Met die Woordfees en KKNK sal ons ook weer optree.’’

Reynardt is die trotsste op sy liedjie “Vergifnis’’ (luister hierna onderaan dié artikel), want dit gaan oor oorbegin, oor jammer sê.

Hy is baie bly sy lewe het uitgedraai soos dit moet. Maar hy droom tog daarvan om te gaan brood bak in Spanje. Of om te gaan vis pak in Alaska …

Luister hier na hul liedjie “Vergifnis” wat ook op ADAM se nuutste album verskyn:

Lees nou

NUWE VIDEO: Joshua na die Reën se nuutste musiekvideo

Marciel: Moenie jou vlees jou vyand maak nie!

Hennie en Jacobu: Langafstand-liefde

The post ‘Dr Tertius Jonker’ sing mooi appeared first on SARIE.


KKNK roep Margit, en kyk haar vakansie!

$
0
0

Die aktrise, toneelskrywer en mede-eienaar van die gewilde teaterrestaurant Die Boer in Durbanville, Margit Meyer-Rödenbeck, beter bekend as die grapmaker Dowwe Dolla, is soos altyd hard aan die werk. Sy is besig om vir die KKNK-produksie Koöperasiestories te repeteer. 

Die teks, ’n verwerking van die dramaturg P.G. du Plessis se verhale, kom uit die pen van Alexa Strachen. Margit speel teenoor die akteurs Chris van Niekerk, Marion Holm, De Klerk Oelofse en Carel Nel. En die regie word deur Sandra Prinsloo behartig.

Gelukkig kan Margit weer na haar Desembervakansie se foto’s kyk as sy te besig raak. Dolla en haar man, Jurg, en oulike dogtertjie, Luca, is einde verlede jaar na Bangkok en die goue strande van die Thaise eilande Phuket, Phi Phi en Krabi.

Dis nie verniet die “land van glimlagte’’ nie, vertel sy. Die mense is vriendelik. Sommer baie. ’n Plek waar Dolla tuis voel. Sy gesels met ons oor haar heerlike vakansie.

'n Gelukkig gesin baljaar in die water.  FOTO Verskaf

‘n Gelukkige gesin baljaar in die water.
FOTO Verskaf

“Ek kan nie onthou wanneer laas ek bruin was nie. Wat Thailand so besonders maak, is die landskap. Dit is prentjiemooi,’’ borrel Margit.

Hulle het gerus. Boek gelees, lekker gaan stap op die strande, nuwe plekkies verken, gesels, gelag.

“Ek en Jurg is mal oor Thaise kos.’’ Luca het reggekom met spaghetti bolognese, pizza, vrugte en hamburgers. “Drank is duur, veral hardehout en wyn, maar plaaslike bier is bekostigbaar.”

Die weer was elke dag lieflik. “Luca was mal daaoor. Om te swem in die warm water. Sy geniet nuwe plekke en mense, nes ons. Phi Phil-eiland was beslis haar gunsteling. Dit wemel van die katte en sy is katmal. Ek het sowat 60 foto’s van wildvreemde katte op my slimfoon,’’ lag Margit.

Margit, Jurg en Luca op 'n bootjie. FOTO Verskaf

Margit, Jurg en Luca op ‘n bootjie.
FOTO Verskaf

In Suid-Afrika gaan Margit elke tien dae vir ’n massering. “Dit is nie ’n luukse nie, maar ’n noodsaaklikheid as jy met jou lyf werk.” In Thailand, vertel sy, is dit spotgoedkoop. Jy kan elke dag jouself daarmee bederf, dikwels agter ’n houtafskorting op die strand of in ’n huisie met ’n uitsig op die oseaan.

“Wees gewaarsku, ek het die tradisionele Thaise massering geneem en hulle werk jou – strek, knie en buig jou. Dit is soos ’n workout. Maar jy moet dit een keer uitprobeer. Dit word sonder olies gedoen. Maar jou volgende massering vra jy mét olie.”

Luca en haar kleurvolle naels. FOTO Verskaf

Luca en haar kleurvolle naels.
FOTO Verskaf

Om met ’n sewejarige te reis hét sy uitdagings.

“Ons moes lank sukkel om haar te leer om nie op elke foto ’n gesig te trek nie. Sy vind dit vervelig om met ’n gewone gesig te poseer. Sy het ook op een strand ’n waterbottel met sand vol lewende organismes en skulpies gevul en in haar pa se tas gebêre. Ek het dit op dag nege ontdek. Die stankende knal. Ek moes die klere in die tas rondom dit weggooi en dis ’n reuk wat my nou nog jaag …”

Sies, dit stink! FOTO Verskaf

Sies, dit stink!
FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Dit was vir Luca lekker om te “shop” in Bangkok. Hulle het ook die Patpong-nagmark besoek en moes haar behoorlik wegskeur by elke stalletjie.

“Langs die mark is die go-go bars, waar Luca wou weet hoekom die meisies dan soos Krismis-elfies aangetrek is.’’

Mamma en Luca voor die James Bond-eilande. FOTO Verskaf

Mamma en Luca voor die James Bond-eilande.
FOTO Verskaf

Daar was nie tyd vir tempels besoek nie. Margit is op die laaste dag in Bangkok platgetrek met die Thailand-maaggogga. En hulle het weggebly van die dieresirkusse.

“Ons hou nie van wilde diere in aanhouding en hoe hulle daar behandel word nie.”

Sal hulle teruggaan? Ja, ja en nogmaals ja. “Dit is mooi, veilig, goedkoop, die mense is vriendelik, jy rus lekker, die kos is geurig en dis ideale gesinspret,” vertel sy.

Intussen is dit ’n nuwe jaar waarin Margit hard werk tot die volgende vakansie. Die KKNK roep haar immers.

Lees nou

Gooi weg jou dun belt: Hierdie trend is gróót!

Ja, Wagter oordeel jou!

Lyk skraal in ’n T-hemp

The post KKNK roep Margit, en kyk haar vakansie! appeared first on SARIE.

Ons is opgewonde oor Klara van Wyk

$
0
0

Ons is nié net opgewonde oor 2017 omdat 2016 verby is nie. Dis wat die mense van ons land – van sjefs tot akteurs, rugbyspelers tot skrywers, skaatsplankryers tot musikante – alles vanjaar doen wat ons die meeste opgewonde maak. Hier deel ons elke week die name van Suid-Afrikaners wat ons dié jaar dophou.

Jy ken hulle dalk alreeds, maar indien nie, is dit ons voorreg om jou aan hierdie opkomende sterre bekend te stel. Vandag is ons opgewonde oor die slimkop-nar (sy is nie net slim en snaaks nie, sy is wérklik ’n narrespel-foendi) Klara van Wyk.

Wat doen jy?

Ek het vroeg al besef as ek wil werk hê in die industrie, sal ek ’n bietjie van alles moet doen. Op die oomblik toer ek met my produksie You Suck and Other Inescapable Truths na skole en kunstefeeste en ek doen ook my PhD op Stellenbosch. Ek was so gelukkig om ’n borg te kry waarmee ek You Suck and Other Inescapable Truths landwyd kan neem.

Wat het jy studeer? 

Ek het by Wits my voorgraadse studie en honneurs in drama gedoen en daarna my meestersgraad in narrespel aan die Universiteit van Kaapstad. Die PhD was ’n natuurlike uitvloeisel, want ek voel daar is nog soveel wat ek kan leer. Moderne narrespel raak ’n gewilde kunsvorm, maar daar is nog baie min navorsing en literatuur daaroor beskikbaar. My werk in die genre is dus toepaslike navorsingsmateriaal.

Gunsteling-YouTube-kanaal?

Suzelle is ’n gunsteling en ek is mal oor Miranda Sings, maar ek moet bieg ek kyk meestal net katvideo’s.

Kyk hier een van die video’s wat Klara as Pretina de Jager ingeskryf het vir Cell C se #BreakTheNet-kompetisie

Wat dink jy het die wêreld nodig?

Ek dink daar is so ’n groot tekort aan geduld en wedersydse respek. Dit gaan nie net oor kulturele verskille nie, maar ook oor die aanvaarding van ander se lewenskeuses. Die wêreld verander vinnig en dit is nodig dat ons meer deernis en begrip vir mekaar moet hê.

Ek voel sterk daaroor dat die kunste ’n platform is waar ons ons stories kan deel en gesprekke kan voer sodat ons as ’n gemeenskap kan groei en ’n inklusiewe, gedeelde waarheid kan vind waaruit ’n nuwe ervaring van Suid-Afrikaner-wees sal groei. Ek glo kuns het die vermoë om grense te oorsteek en te vernuwe en ek wil deel wees daarvan, nie net polities nie maar ook op sosiale en persoonlike vlak.

Waarna sien jy uit in 2017? 

Ek het begin werk aan ’n splinternuwe stuk, La Chair de ma Chair, saam met Buhle Ngaba en Penny Youngleson waaroor ek baie opgewonde is. Ek gaan ook by die KKNK se Uitkampteater optree. Dit is ’n nuwe eksperimentele platform wat nog net ’n jaar aan die gang is en ek voel bevoorreg om deel daarvan te kan wees. Dit klink sommer lekker!

Verder kan mense my ook by die Grahamstadse Nasionale Kunstafees met You Suck and Other Inescapabale Truths sien. Die produksie is verlede jaar goed daar ontvang en het ’n Ovation-toekenning gekry. Die fees lê my na aan die hart, want ek het as ’n student my voete daar gevind en my eerste regte verhoogervarings gehad.

Gunsteling- Afrikaanse gesegde?

Ek was van graad agt af in ’n Engelse skool en dus doen ek die meeste van my dink- en skryfwerk in Engels. Dis my werkstaal. Maar Afrikaans is my huis se taal, hartstaal, my minnaar, my vars-linne-op-die-bed- en koffie-met-kondensmelk-taal.

Ek is dankbaar dat ek ten spyte van my Engelse skool- en universiteitsopleiding steeds kan sê ek is Afrikaans. My gunstelinggesegde wat ek aan vashou wanneer ek werk en skryf is “wat die hart van vol is loop die mond van oor”. Ek wil altyd dit waaroor ek passievol is en wat deel van my is, gebruik om my werk te motiveer sodat ek eerlike werk kan maak.

Is jy opgewonde oor Suid-Afrikaanse vroue-akteurs? 

Ek is opgewonde oor vroue wat hulle stempel in die komediewêreld afdruk. Veral in narrespel is daar in die geskiedenis van die kunsvorm geen melding gemaak van vroue nie en dus is daar oorgenoeg ruimte vir nuwe kunstenaars om te vul.

klara

FOTO Instagram (@klaravanwyk)

Wat het jou geïnspireer om te doen wat jy nou doen?

Toe ons nog klein was, het ek en my boetie vir ons ouers konserte opgevoer en partykeer as goed moeilik gegaan het, het ons situasies of mense op snaakse maniere nagemaak. Ek het van kleins af besef wat ’n kragtige instrument humor en die kunste kan wees. My ma het my ook toegelaat om omtrent sestig items by kunswedstryde op te voer, en daarvoor sal ek altyd dankbaar wees. You Suck and Other Inescapable Truths is my storie, dit is natuurlik gedramatiseer, maar dit is geskryf uit die pyn en ervarings van grootword, inpas en uiteindelik selfaanvaarding.

Ons sien ook uit na hierdie Suid-Afrikaners se 2017:

De Klerk Oelofse

Regardt Scheepers

Lynelle Kenned

Refentse Morake

The post Ons is opgewonde oor Klara van Wyk appeared first on SARIE.

Angelina Jolie praat oor egskeiding

$
0
0

Sy het teen die trane baklei toe sy iets moes sê oor Brad Pitt, hul egskeiding en die voorval op ’n vliegtuig. Dit was moelik vir Angelina Jolie. Eers ’n benoude sug, toe ’n stilte en ’n eenvoudige antwoord.

“Ek wil nie veel daaroor sê nie, behalwe dat dit ’n moeilike tyd is en ons is ’n familie. Ons sal altyd ’n familie wees. En ons sal hierdeur kom en hopelik as gevolg daarvan ’n sterkter familie wees.”

Angelina het vir die eerste keer oor haar mislukte huwelik gepraat in ’n onderhoud met BBC World News.

Hier’s haar volledige onderhoud met die BBC-joernalis Yalda Hakim:

Hakim het verder vir Angelina gevra hoe sy kophou in hierdie emosionele tyd. Haar antwoord was eenvoudig. “My fokus is op die oomblik my kinders. En om daar vir hulle te wees.”

Die insetsel was in Kambodja geskiet waar Angelina en haar ses kinders die première van haar Netflix-rolprent First They Killed My Father bygewoon het.

Die rolprent handel oor die volksmoorde wat deur die Khmer Rouge-regime uitgevoer was tussen 1975 en 1979.

Angelina se oudste seun, Maddox, is in Kambodja gebore.

Kyk die lokprent hier:

Verlede jaar het Brad en Angelina se paadjies geskei. Die paartjie was 12 jaar saam, waarvan net twee jaar as ’n getroude paartjie was.

Lees nou

Ja, Wagter oordeel jou!

7 maniere om jou hare vinniger te laat groei

Marita van der Vyver oor haar Misverstand

The post Angelina Jolie praat oor egskeiding appeared first on SARIE.

Stylvol en swanger: Natalie en Gal

$
0
0

’n Swanger vrou bly mooi. En met al die mooi kraamklere wat te kry is, hoef jy beslis nie soos ’n tent te lyk of voel nie. Die Hollywood-aktrises Natalie Portman en Gal Gadot bewys jy kan swanger én stylvol wees.

Die toekenningseisoen eindig Sondag met die Oscars, en Natalie, wat vir haar derde goue beeldjie benoem is, sal ook daar wees. Die hoogswanger aktrise het die afgelope maand op die rooi tapyt en in TV-onderhoude gestraal, en ons kan nie wag om haar rok vir die Oscars te sien nie!

 

Die superheldin-fliek Wonder Woman waarin sy die hoofrol speel, word later vanjaar vrygestel. En Gal wys haar superkragte ook in haar stylkeuses.

Is jy swanger? Jy mág dit dra:

1. Rokke met uitsny-detail

Om ’n bietjie van jou lyf te wys tydens jou swangerskap lyk allesbehalwe sleg.

2. Noupassende items

Daar is min dinge so oulik soos ’n swanger magie.

3. Skouerlose items

Indien jy wel selfbewus voel oor jou nuwe kurwes, wys ’n bietjie van jou lyf deur jou skouers oop te hou.

Lees nou

Gooi weg jou dun belt: Hierdie trend is gróót!

7 maniere om jou hare vinniger te laat groei

Ja, Wagter oordeel jou!

The post Stylvol en swanger: Natalie en Gal appeared first on SARIE.

TROUFOTO’S: Erica Wessels se hele album

$
0
0

Ware liefde het nie maklik gekom vir aktrise Erica Wessels nie. Maar in Desember verlede jaar het sy en haar geesgenoot, Willem Boshoff, in boheemse styl bruilof gehou. Sy deel haar troualbum met SARIE en ons lesers. 

Sy het lank geworstel om ware liefde te vind. Erica Wessels glo egter sy het met elke liefdesverhouding – en daar was ’n hele paar – ’n bietjie wyser geword.

“Ek het die skoonheid en donker in myself ontdek met elke verhouding, maar nou voel ek gereed om aan te beweeg,” vertel sy.

Ek weet ek het die regte een ontmoet. Ons is gereed vir die toekoms.

“’n Gemeenskaplike vriendin het ons sowat twee jaar gelede aan mekaar voorgestel en ons het net dadelik begin gesels. Willem voel soos ‘huis’. Ek voel veilig by hom,” blom sy terwyl sy ’n rukkie voor die troue met SARIE-joernalis Marguerite van Wyk praat.

FOTO Lavonne Bosman

Erica en Willem het elkeen hul eie beloftes aan mekaar afgelê
FOTO Lavonne Bosman

Willem, ’n aktuaris, lag skamerig. “Ek is mál oor haar. Sy is mooi, ons het dieselfde lewensuitkyk – ons filosofeer oor intellektuele flieks, politiek en dieper dinge.”

“Toe ek jonger was, het ek soms ’n oor-idealistiese idee van die liefde gehad,” sê sy. Erica is nou 38, Willem 40. “Ons het ’n volwasse, real liefde,” meen sy. “Ons waardeer die klein dingetjies, soos om springmielies te eet en ’n DVD te kyk op ’n Sondagaand.”

Natuurlik is daar tye in hul verhouding wanneer die vuurwerk blits, of die vlinders in hul maag woel, maar Willem glo die liefde lê dikwels in die alledaagse. Om mekaar te help skottelgoed was. Of saam kos te maak.

Hulle deel baie belangstellings, en is veral dol daarop om in die berg te gaan stap. “Groenigheid, die natuur, is ’n soort spirituele ervaring.”

Willem het Erica trouens gevra om verloof te raak toe hulle op 11 September verlede jaar gaan blomme kyk het in die Weskus Nasionale Park. Trots wys sy haar vintage opaalring (foto hieronder) en vertel Willem se ma, Elena, wat in 2011 oorlede is, se diamantring is oorgemaak vir die troudag.

FOTO Lavonne Bosman

FOTO Lavonne Bosman

Willem oor sy bruid op die troudag: 

“Ek het in trane uitgebars toe ek haar sien. Ek weet almal dink hul bruid is die mooiste, maar Erica was net asemrowend.”

Groot vreugde en kruie-konfetti FOTO Lavonne Bosman

Groot vreugde en kruie-konfetti
FOTO Lavonne Bosman

Erica was baie dankbaar dat haar pa, Erich (foto hieronder), wat gevorderde demensie het, met haar daardie laaste ent kon stap. “Dat hy my kon weggee aan Willem, het die wêreld beteken. Die trane het geloop.”

Kosbare familie-tyd vir Erica en Willem met haar ouers, Erich en Heléne FOTO Lavonne Bosman

Kosbare familie-tyd vir Erica en Willem met haar ouers, Erich en Heléne
FOTO Lavonne Bosman

Dié storie het oorspronklik in ons Februarie 2017-uitgawe verskyn. Dié uitgawe is nie meer beskikbaar nie, maar kan steeds digitaal afgelaai word.

Kyk na die res van die foto’s hier:
Alle foto’s: Lavonne Bosman

Aardse elemente vir ’n bostroue – ’n bloekomtakkie versier ’n linneservet.

Op die bruidstafel was vintage elemente soos koperblakers en ou glasbottels. Erica en twee vriendinne het sewe uur lank al die blomme (en ook ruikers) gedoen.

Antieke snuisterye soos dié sakkie is ingespan vir die dekor. Erica het kwistig by familie en vriende geleen.

Bloekomtakkies en ander stukkies fynbos word in haar hare gesteek vir ’n bosvoorkoms.

Elke troue het ’n krisis. Voor die seremonie het die rok se ritssluiter gebreek, maar dis deur ’n helpende hand vasgewerk. Die bruid was 50 minute laat!

Onder hoë dennebome sit 150 gaste in afwagting vir die groot oomblik.

Getroud en ’n oomblik van saligheid.

Drie blommemeisies het pret met die kruie-konfetti. In die middel is Leonore Wessels, Erica se broer, Jurie, se dogter. Links en regs is haar suster Liezl van Tonder se dogtertjies, Mia en Mignonne.

Die egpaar en Erica se suster, Lali Pellissier (blou rok), haar vriend, Theo Roodman, en haar seuns (van links), Jean Pierre, Erich, Samuel en heel regs Emile.

Haar roomwit rok van meters Victoriaanse kant, satyn, pêrels, kralewerk en mooi inlegstukkies antieke materiaal waarin haar oudste suster, Lali Pelissier, dertig jaar gelede getrou het, het soos ’n handskoen gepas. “My sus het dit sowaar met die hand gewas om nuwe lewe daarin te blaas.”

Erica se sielsgenote (van links agter): Michael Matthews, Marelize Raubenheimer, Carla Steenkamp, Renier Ridgeway en Chris Kriek. Van links voor: Chloe Williams, Trude Gunther, Juanita Kotzé en Erica.

Erica en Willem bedank:

• Wyn: Montpellier Tulbagh 023 230 0656
• Venue: Winery Road Forest info@wineryroadforest.co.za
• Fotograaf: Lavonne Bosman www.lavonne.co.za
• Tweede fotograaf: Tabitha Mee illuminatephotography.co.za
• Musiek: Lonesome Dave Ferguson 074 132 0456 en Your DJ info@yourdj.co.za
• Ringe: Adi Cloete adicloete@gmail.com
• Kos: Avec Mari mariloumarais@gmail.com
• Blomme: Jackie van Crown Flower Marketing 021 448 6886
• Dekor: Pretty Vintage, Blooming Wonderful, Indigenous www.indigenous-store.co.za
• Linnejapon terwyl sy gereed maak: WASS www.wassskin.com
• Tekstiel-drukwerk met aanhalings in die bos: Imaterial www.imaterial.co.za
• Grafiese ontwerper: Hester Bergh www.trill.co.za
• Grimering en hare: Saskia Buxton van MLC 060 818 9328

The post TROUFOTO’S: Erica Wessels se hele album appeared first on SARIE.

Ons is opgewonde oor … Gideon Lombard

$
0
0

Ons is nié net opgewonde oor 2017 omdat 2016 verby is nie. Dis wat die mense van ons land – van sjefs tot akteurs, rugbyspelers tot skrywers, skaatsplankryers tot musikante – alles vanjaar doen wat ons die meeste opgewonde maak. Hier deel ons elke week die name van Suid-Afrikaners wat ons dié jaar dophou.

Jy ken hulle dalk alreeds, maar indien nie, is dit ons voorreg om jou aan hierdie opkomende sterre bekend te stel. Vandag is ons opgewonde oor die Gideon Lombard.

Wie is Gideon Lombard?

’n Akteur, skrywer en musikant oorspronklik van Namibië.

Jy ken hom van … 

Die kykNET-sepie Suidooster. Hy speel die rol van Stefan Gerber.

Gideon Lombard

Hy was verlede jaar ’n maand lank in Argentinië as die assistent-regisseur van ’n grootskaalse produksie van George Gershwin se opera Porgy and Bess. Die produksie is by die Teatro Colón in Buenos Aires opgevoer onder begeleiding van ’n simfonie-orkes met 100 lede! Gideon self was ook in die opera. Hy het voor sy vertrek met ons gesels, lees HIER.

In 2017 …

“2017 is ’n besige jaar!” vertel hy aan SARIE.com. “Benewens Suidooster elke dag, behartig ek die regie van Nagwandelaars by die US Woordfees. Dis ’n plek-spesifieke teater-ervaring met C.J. Langenhoven se ou spookstories. By die fees speel ek ook in Allegorie musiek saam met Grethe van der Merwe. 

“Kort daarna is ek en Grethe ook by die KKNK, maar my groot nuwe projek is Die reuk van appels, ’n verhoogverwerking van die bekende boek deur Mark Behr. Dis my heel eerste eenmanstuk! Dit is baie opwindend, maar ook ’n groot uitdaging en verantwoordelikheid. Die stuk het ook al ’n bevestigde lewe vorentoe by van die ander kunstefeeste en ’n speelvlak in Pretoria in September. 

“Later die jaar is ek weer op pad oorsee vir operawerk. Dié keer na Parys en daarna na die suide van Duitsland. 

“Benewens al dié bestuur ek saam met ’n klein groep wonderlike mense ’n filmmaatskappy, Other Films, wat kortfilms en advertensies maak.” 

Grootste uitdaging van 2017

“Ek dink die grootste uitdaging vir my in hierdie stadium is Die reuk van appels. Ek het nog nie so iets aangepak nie. Daar is baie woorde om te leer en van sin te maak en moeilike inhoud, maar ek probeer kalm bly en dit stukkie vir stukkie doen. 

“’n Ander uitdaging is om genoeg tyd vir myself en die mense in my persoonlike lewe uit te kerf. Ek kan obsessief raak oor werk en myself daarin verloor, maar dit is immers net een deel van die lewe. Dit is nie jou hele lewe nie.” 

Neighbourhood Goods with beautiful @lynelle_88 Liefde.

A post shared by Gideon Lombard (@gideonlombard) on

In die foto hierbo is hy saam met die sangeres Lynelle Kenned, wat ook een van ons gesigte is om in 2017 dop te hou. Lees meer oor haar HIER.

Waaraan skryf jy jou sukses toe?

“Ek huiwer altyd om dié vraag te antwoord, want ek is nooit heeltemal seker of iets ’n sukses is of nie. Hoe bepaal ’n mens dit? Ek probeer elke keer my beste en om juis nie te bang te wees om foute te maak nie. Dis wanneer interessante kreatiewe dinge gebeur en ’n mens die meeste leer. 

“Ek sal wel sê dat ek die kombinasie van die verskeidenheid van dissiplines waarin ek werk, vreeslik geniet. Die een hou die ander vars, en dus voel die lang ure nie soos werk nie. Ek is ook vreeslik nuuskierig as mens. Ek wil weet hoe dinge werk. 

“’n Korter, minder filosofiese antwoord op die vraag is waarskynlik: Koffie.” 

Een ding wat mense nie van jou weet nie …

“Ek drink nou al langer as tien jaar swart koffie. Geen suiker, geen melk en so warm as moontlik. Ek het ’n klein rooi plunger wat al oral om die wêreld saam met my was.” 

Ons sien ook uit na hierdie Suid-Afrikaners se 2017:

De Klerk Oelofse

Regardt Scheepers

Lynelle Kenned

Refentse Morake

The post Ons is opgewonde oor … Gideon Lombard appeared first on SARIE.

Kyk wie ry motorfiets saam met Johrné van Huyssteen

$
0
0

Kyk, Ma, geen hande nie, net pote!

In die Maart-uitgawe van SARIE pronk Johrné van Huyssteen saam met sy vrou, Alet, se twee honde. Mnandi, die Deense hond, en Stoffel, ʼn straatbrak, het hulself tot binne-in ons harte ingekliek tydens die fotosessie en ons kry net nie genoeg van die twee nie (lees die volledige storie in die Maart-uitgawe van SARIE).

Al is dit Alet se honde, is Johrné baie lief vir die twee. “Hulle is eintlik baie liewer vir my as vir haar,” terg hy wanneer hy vertel hoe graag Stoffel saam met hom motorfietsry. “Ek het hom nie geleer nie. Die eerste keer toe ek die motorfiets aangesluit het, het hy by my kom staan, gereed om op te klim. Alet het hom toe tussen my bene gesit en hy het self sy pote op die stuurwiel gesit. Elke keer wat ek die motorfiets aansluit, wil hy saamry.”

Johrné en Alet het Stoffel aangeneem.

“Ons weet nie waar hy vandaan kom nie. Ons het hom vyf jaar gelede op die koudste winternaweek by die DBV in Bloemfontein aangeneem. Hy was in die laaste hok. Toe ek hom, sien het ons dadelik connect.”

En Stoffel is baie spesiaal, som Johrné dit mooi op. “Jis, dis ʼn oulike ding daai!”

Mnandi is op 27 April gebore. “Ek onthou dit baie goed. Sy is nou vyf jaar oud.”

Mnandi en Stoffel het in Desember saam met die Van Huyssteens op Jeffreysbaai gaan vakansie hou. “Hulle het die vakansie vreeslik geniet, dit was hulle eerste keer by die see.”

Mnandi is vir ons ’n besonder mooi hond, en byna so groot soos ’n perd. Sy het ons tydens die fotosessie beïndruk met haar lieflike geaardheid en haar supermodel-look. En ons wil Stoffel sommer net opvreet so oulik is hy!

Kom kuier van 16 tot 18 Maart saam met Johrné en talle ander bekendes by die SARIE-fees by die Atterbury-teater in die Lynnwood Bridge-winkelsentrum in Pretoria.

Johrné gaan ’n praatjie, “Om die rok in die huis te dra”, aanbied. Dit gaan oor vroue se uniekheid, hul plek in die samelewing en die uitdagings van vandag.

Koop nou jou kaartjie HIER.

Lees nou

#SARIEfees is hier!

The post Kyk wie ry motorfiets saam met Johrné van Huyssteen appeared first on SARIE.


Aktrise Amber Tamblyn verwelkom eersteling

$
0
0

Die Hollywood-aktrise Amber Tamblyn het haar eersteling, ’n dogtertjie, verwelkom. Sy het die goeie nuus op Instagram gedeel. 

Amber en haar akteur-man, David Cross, is al sedert 2007 ’n paartjie en het in 2012 getrou.

Amber is bekend vir haar rol in die rolprent Sisterhood of the Traveling Pants en sy opvolg, Sisterhood of the Traveling Pants 2.

Sy het ’n video van haar dogtertjie se pienk voetjie gedeel. En haar naam? Ons vermoed dis ’n grap. Maar voorlopig is dit Dauphinoise Petunia Brittany Scheherazade Von Funkinstein Mustard Witch RBG Cross Tamblyn-Bey jr. Jip, beslis ’n grap. Wel, ons hoop so!

Kyk die pienkvoet:

Lees nou

Is Justin Trudeau die mooiste man in politiek?

Kyk wie ry motorfiets saam met Johrné van Huyssteen

Facebook het ’n nuwe funksie – en jý sal moet skoonmaak

The post Aktrise Amber Tamblyn verwelkom eersteling appeared first on SARIE.

Hollywood kuier in die Kaap

$
0
0

Sedert die begin van 2017 het ’n hele paar Hollywood-akteurs in die Moederstad kom bly vir die verfilming van die fliek Tomb Raider.

Die Oscar-wenner Alicia Vikander is in die rol van Lara Craft, ’n rol wat Angelina Jolie oorspronklik in 2001 vertolk het.

En akteurs soos Dominic West, Daniel Wu, Alexandre Willaume en Walton Goggins is ook op die stel.

Groot dele word by die Cape Town Film Studios geskiet, maar op IMDb word plekke soos die Paarl, Plettenbergbaai en Epping ook gelys.

Alicia Vikander is al in Kaapstad afgeneem toe sy die onlangse Cape Town Electronic Music Festival bygewoon het.

Hier is sy op die stel van Tomb Raider:

A first look at Alicia on set of the new Tomb Raider movie, she looks incredible! #AliciaVikander #TombRaider #LaraCroft A post shared by Alicia Vikander (@aliciavikanderdaily) on

Alicia performing stunts on set of the new Tomb Raider movie. #AliciaVikander #TombRaider #LaraCroft

A post shared by Alicia Vikander (@aliciavikanderdaily) on

Alicia performing stunts on set of the new Tomb Raider movie. #AliciaVikander #TombRaider #LaraCroft A post shared by Alicia Vikander (@aliciavikanderdaily) on

Alicia on set of the new Tomb Raider movie. #AliciaVikander #TombRaider #LaraCroft

A post shared by Alicia Vikander (@aliciavikanderdaily) on

Die Amerikaanse akteur Daniel Wu kon nie genoeg van Suid-Afrika kry nie.

My view for the next few months. #tablemountain #CapeTown #southafrica A post shared by Daniel Wu (@thatdanielwu) on

So blessed to be able to work in places like this. #southafrica #capetown #tombraider

A post shared by Daniel Wu (@thatdanielwu) on

Good morning #capetown! #southafrica#sunrise A post shared by Daniel Wu (@thatdanielwu) on

Alexandre Willaume, ’n Deense akteur, is ook gaande oor Kaapstad.

SA you crazy place! Here to New friends. #actorontherun #tombraider #capetown #sundown #missyouall #hot #summer #allalone A post shared by The__danish (@alexandre_willaume) on

Die Hollywood-akteur Walton Goggins het selfs plekke soos Stellenbosch besoek. Op sy Instagram het hy ook foto’s van ’n vakansie in Namibië gedeel.

Almost a full moon here… dinner at little saints on Bree street and Gin to wash it all down.

A post shared by Walton Goggins (@waltongogginsbonafide) on

Little gig festival… outside Stellenbosch SA. IN FUCKING SANNNEEEE

A post shared by Walton Goggins (@waltongogginsbonafide) on

From the Bush… to the desert… now the sea. Heading to Mozambique today. Good day to all of you lovely people. WG A post shared by Walton Goggins (@waltongogginsbonafide) on

Leo Ashizawa, ’n Japannese akteur, het verlief geraak op die pragtige Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad.

#kirstenboschgardens #capetown

A post shared by Leo Ashizawa (@leoashizawa) on

Climbed for 2.5hrs with Alexandre Willaume #capetown #tablemountain @the__danish A post shared by Leo Ashizawa (@leoashizawa) on

Tomb Raider word eers in 2018 vrygestel.

Dis nie ál bekendes wat in die Kaap kom kuier het nie:

Die Amerikaanse sangeres Nicole Scherzinger was onlangs in Kaapstad om ’n advertensie vir die jogurtmaatskappy Muller te skiet, berig Daily Mail.

Nicole het foto’s van die Moederstad op Instagram gedeel.

#southafrica dance, beach, sun! So happy and free! I’m so inspired!

A post shared by Nicole Scherzinger (@nicolescherzy) on

I will miss you #capetown #lionsheadmountain epic #sunset

A post shared by Nicole Scherzinger (@nicolescherzy) on

Die Franse platejoggie David Guetta en Nederlandse platejoggie David Garrix is ook die naweek in Kaapstad vir die Ultra Music Festival.

Lees nou

Aktrise Amber Tamblyn verwelkom eersteling

Is Justin Trudeau die mooiste man in politiek?

Ons is opgewonde oor … Gideon Lombard

The post Hollywood kuier in die Kaap appeared first on SARIE.

Nick Cannon word wéér pa

$
0
0

Die Amerikaanse kletsrymer en akteur Nick Cannon het vir ’n derde keer pa geword. Nick het die nuus op sosiale media gedeel. En die seuntjie se naam? Golden Sagon Cannon. Nou ja, tipies Hollywood!

Dis Nick se enigste kind saam met sy eks-meisie, Brittany Bell.

Hy het reeds ’n tweeling, Moroccan en Monroe, uit sy huwelik met popdiva Mariah Carey. Die paartjie is in 2008 getroud, maar hul paadjies het amptelik in 2016 geskei.

Pon de studio with #demkids

A post shared by Mariah Carey (@mariahcarey) on

Hy het ’n foto op Instagram gedeel.

Lees nou

Hollywood kuier in die Kaap

Kyk wie ry motorfiets saam met Johrné van Huyssteen

Bak vandag piesangbrood!

The post Nick Cannon word wéér pa appeared first on SARIE.

FOTO’S: Bryan Habana, Janine en Timothy

$
0
0

Bryan en Janine Habana en hul tweejarige seuntjie, Timothy, het op ’n Kaapse strand geposeer vir die mooiste foto’s van hulle drie as gesin.

Hanri Human, bekende Pretoriase fotograaf, was agter die kamera om die spesiale oomblikke vas te lê toe die Habanas onlangs uit Frankryk in Suid-Afrika kom kuier het.

Wanneer Janine haar en Bryan se lewe saam beskryf, kies sy die woord “kaleidoskoop”. Sy het aan SARIE.com verduidelik waarom:

“Dis die een woord wat ons lewe saam die beste kan beskryf: ‘’n voortdurende veranderende stel kleure of ander dinge; om te beweeg in verskuiwende patrone; twee spieëls wat patrone van mekaar af reflekteer vir ’n oneindige kombinasie patrone’.” 

Plaas die kaleidoskoop van ’n lewensreis op ’n rots van onvoorwaardelike liefde en daar het jy dit – ’n huwelik wat ek koester.

Die paartjie woon sedert 2013 in Frankryk waar Bryan vir die klub Toulon rugby speel. Die Son het vroeër berig dat Habana sy kontrak by die Europese kampioen met nóg ’n jaar (tot einde 2017) verleng het. Die 33-jarige vleuel het ook die nuus op Twitter gedeel.  

“Totdat die lewe ’n Europese ompad met ons gestap het, was ek en Bryan lieflik onbewus dat so ’n Provençal-reis eintlik soveel beter vir ons sou wees, as die besige gejaag waarin ons onsself bevind het. ’n Ander perspektief op die lewe was een van die grootste geskenke wat die trek vir ons gegee het. Dit het vir ons ’n nuwe uitkyk op ons lewe en op mekaar gebring.

FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

“Ons is elke dag opnuut dankbaar vir ons avonture saam. Natuurlik is al die avonture nie altyd net lekker nie. Soms is daar opofferinge, wat geduld en deursettingsvermoë verg. Maar die liefdesfees se avontuur bring ook wonderlike, onvergeetlike herinneringe.

“Om dit saam met Bryan te kan deel is ’n droom wat bewaarheid word. Timothy maak die avontuur nog meer kosbaar en ons is versot daarop om sy ouers te kan wees! Wat ’n voorreg om ’n hartjie te lei en te leer hoe om te wees, te lewe en lief te hê! Ons groet elke oggend op pad speelskool toe die dag met: ‘Goeiemôre, pragtige dag!’ En so het ons geleer al is ons ver van die Kaap en haar wonderlike mense, is ’n dag wat ons saam kan deurbring, elke dag ’n pragtige dag,” vertel Janine oor hul lewe saam. 

FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

Kyk hier na die pragfoto’s wat einde Januarie vanjaar op Llandudno se strand geneem is.

(blaai deur die galery)

FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

Fotograaf Hanri het ’n paar geheime oor die fotosessie verklap:

“Toe Janine en Bryan uit die kar klim, was dit asof somer van voor af weer sy kop in Suid-Afrika uitgesteek het. Hulle is sonskyn! Van die eerste sekonde wat ons saam met hulle begin werk het, het dit gevoel of ons die Habanas al jare lank ken.”

Hanri beskryf hulle soos volg: “Bryan is ’n boksie vol grappe, Janine is die rustigheid vanself en klein Timothy is so soet soos die kinders in storieboeke. Dit was ’n breeze om die Habanas voor my lens te hê.”

Waar het Hanri haar inspirasie vir die fotosessie gekry?

“My inspirasie vir die goud-en-swart kleurskema gekombineer met die geel van die sonsondergang het ek eintlik by Janine gekry. Sy is so tydloos en classy. Ons moes iets met flair doen. Dis toe dat ek besluit het op Dolce & Habana: klassiek, formeel en FABULOUS!”

Janine oor …

… Frankryk

“In Frankryk aangekom het my lewe ewe skielik ’n dubbel-rol ontvang: Ek besit en bestuur steeds my Wellness Centre, Femme Fitness in die Kaap (Panorama), terwyl ek ook moes leer om hier ’n huisvrou te wees! Die lewe in Europa is baie meer minimalisties, maar dit beteken ook mens doen als self. Dit hou my besig, en dan natuurlik ook maak ons Timothy groot, die beste deel!”

* Femme Fitness is ’n gesondheidsentrum vir vroue wat swanger is of hul lyf wil terugkry ná swangerskap. Hulle help om vroue fiks te hou tydens swangerskap en weer sterk te maak en op hul voete te kom ná geboorte.

“Al is ek nou ’n rugby-wife en mamma is ek eintlik ’n fiksheidentrepreneur met ’n honneursgraad in sportwetenskap. Bryan het my nog altyd ondersteun om my drome na te volg.”

… Bryan

“Nou die dag kyk ek hoe Bryan met Timmy speel en besef ek opnuut: Hy is gebore om ’n pa te wees! Dit kom so natuurlik vir hom. Vir die wêreld is hy ’n legendariese sportheld wat al sy hoogste drome al bereik het. Hy is maklik die mees hardwerkende en etiese mens wat ek ken. Daarom sou jy maklik dink dat dit nie beter raak as dit nie, maar dit doen: Hy is ’n wonderlike pa.

Hoe hy is as pa en huweliksmaat is ver bo al sy prestasies as sportheld op die veld.

Liefdevol, sterk, nederig. Wanneer dit kom by my en Timothy, is niks ooit te veel moeite vir hom nie. Hy het ’n medemensliefde wat een van sy beste karaktereienskappe is en dis vir my ’n voorreg om hom te sien gloei as ’n wonderlike nuwe pappa.”

FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

Die volgende verskaffers het gehelp om die sprokiesmooi fotosessie moontlik te maak:

Blomme: Paramithi Flower & Decor Design

Hare en grimering: Corle Barnard

Dekor en stilering: Mon Amour Events

Rok: JanitaToerien

Lees nou

QUIZ: Wie se baba is dit?

Proteas-babas: Kyk hoe lyk hulle nou!

George Clooney se ma verklap geslag van babas

The post FOTO’S: Bryan Habana, Janine en Timothy appeared first on SARIE.

One Direction se Liam Payne wórd pa

$
0
0

Ná maande se bespiegeling is die nuus nou uit: Liam Payne, eks-lid van die seunsgroep One Direction, word wel pa op 23. Sy beeldskone popsanger-meisie, Cheryl Cole, het tydens ’n fotosessie met haar bababoep gespog.

In die foto hou die 33-jarige Cheryl, wat in swart geklee is, haar bababoep liefderik was. Die fotosessie was vir ’n gesamentlike veldtog deur prins Charles se Prince-trust en die skoonheidshuis L’Oréal. Die veldtog is daarop gemik om die selfvertroue van benadeelde jong volwassenes op te bou, berig Sky News.

Kyk die veldtog se amptelike video:

Liam, wat intussen ’n sololoopbaan begin het, en Cheryl is al sedert 2016 ’n paartjie. Hulle het mekaar in 2010 ontmoet toe One Direction aan die Britse weergawe van die sangtalentsoek-kompetisie The X Factor deelgeneem het. Cheryl was een van die beoordelaars.

Lees nou

Vrou se eksotiese vakansie verander in ’n nagmerrie

Nick Cannon word wéér pa

Rek! Nuwe (ou) trend verbrand die kJ

The post One Direction se Liam Payne wórd pa appeared first on SARIE.

Elon Musk vergoed Tesla-held

$
0
0

Dis nie aldag dat ’n motorongeluk ’n lewe red nie, maar dis bes moontlik wat op die Duitse snelweg gebeur het toe ’n op-en-wakker bestuurder ’n bewustelose man agter die stuur gewaar.

Manfred Kick was in sy Tesla Model S-motor op die autobahn op pad na München toe hy ’n Volkswagen Passat voor hom sien wat kort-kort in die veiligheidsreling vasry.

Sonder om aan sy eie veiligheid of die toestand van sy kar te dink, het Manfred voor die Passat ingeswaai, die slingerende kar toegelaat om agter in hom vas te ry en toe stadig tot stilstand gekom sodat die man nie seerkry nie. Hy het by die bewustelose man, wat ’n beroerte gehad het, gewaak tot die nooddienste opgedaag het, berig Tech Times.

Die Tesla Model S, soortgelyk as die een waarin Manfred was.

Dit was nie lank voor Elon Musk, Suid-Afrikaans gebore grootbaas van Tesla, die nuus oor die heldedaad verneem het nie. As blyk van waardering vir Manfred se onbaatsugtige optrede het hy terstond belowe om self vir al die herstelwerk aan die Tesla te betaal.

Hy het selfs sy belofte getwiet:

The post Elon Musk vergoed Tesla-held appeared first on SARIE.

Fiëstas 2017: En die wenners is …

$
0
0

Gister is die blou tapyt uitgerol vir kykNET se Fiëstas. Die glansgeleentheid het in die Kunstekaapteater in Kaapstad plaasgevind. 

En die wenners is …

Beste opkomende kunstenaar: Faith Kinniar – Valencia – KKNK

Beste teaterontwerp: Francois Toerien en Kosie Smit – Heidi – KKNK

Lewensbydrae tot musiek: Acáma Fick

Beste vroulike byspeler: Nicole Holm – In ongenade – Woordfees

Beste manlike byspeler: Dawid Minnaar – Die huis van Bernarda Alba – KKNK

Beste prestasie in ’n solo-vertoning: Richard September – Rooivalk – Woordfees

Lewensbydrae tot musikale teater: Alvon Collison

Beste musiekgedrewe produksie (arena): Charl du Plessis – Big Band Boogie Woogie – KKNK

Beste musiekgedrewe produksie (podium): Hunkering na die ses – SOF

Beste musiekgedrewe produksie (teater): Heidi – KKNK

Lewensbydrae as kunste-filantroop: Ton Vosloo

Beste prestasie in klassieke musiek: Corelli & Co. – Stefan Temmingh en Erik Dippenaar – Woordfees

Beste prestasie in visuele kuns: Alex Hamilton – Kurator van visuele kunsprogram – Woordfees

Beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie: Nico Scheepers – Rooivalk – Woordfees

Beste regie: Marthinus Basson – Die Gangsters – Woordfees

Beste aktrise: Ilse Klink – Kristalvlakte – SOF

Beste akteur: Stefan Erasmus – As – Woordfees

Gewildste fees: Innibos

Beste aanbieding: Rooivalk – Woordfees

Lees nou

Elon Musk vergoed Tesla-held

Grimering in Hollywood nou “onderstebo”

FOTO’S: Bryan Habana, Janine en Timothy

The post Fiëstas 2017: En die wenners is … appeared first on SARIE.


Gaan prins Harry trou? Net as ouma ja sê …

$
0
0

Dis hoogtyd dat prins Harry geluk vind. En die goeie nuus is dinge lyk ernstig tussen die rooikopprins en Amerikaanse televisie-aktrise Meghan Markle. 

As ons die poniekoerant Daily Star kan glo, het Meghan vir die vervaardigers van Suits gevra om haar karakter, Rachel, uit te skryf. Die gewilde reeks, wat in die regswêreld afspeel, is al ses jaar op die kassie. Maar skindertonge sê Meghan wil Londen toe verhuis om naby prins Harry te wees.

Gaan prins Harry haar vra om te trou? Wel, net as ouma ja sê. Ja, koningin Elizabeth II moet toestemming gee voordat aanspraakmakers op die Britse troon mag trou. Hoewel prins Harry slegs vyfde in die ry is, geld dit ook vir hom ingevolge die Royal Marriages Act 1772.

In die 18de eeu het koning George III ’n wet uitgevaardig dat die monarg voorgenome huwelike van lede van die Britse koninklike familie eers moet goedkeur.

Hierdie einste wet het verhoed dat koningin Elizabeth se ontslape suster, prinses Margaret, destyds met haar kapt. Peter Townsend kon trou. Townsend was geskei, iets waarop die koningshuis en Kerk neergesien het.

Selfs prins William moes destyds vir sy ouma vra of hy met sy geliefde Kate Middleton mag trou. Koningin Elizabeth het ná wat met prinses Margaret gebeur het, nooit nee gesê nie.

In 2015 is dié wet versag sodat dit slegs geld vir die eerste ses koninklikes wat koningin Elizabeth kan opvolg: prins Charles, prins William, prins George, prinses Charlotte, prins Harry en prins Andrew.

Ons glo ouma sal ja sê, prins Harry!

Lees nou

One Direction se Liam Payne wórd pa

FOTO’S: Bryan Habana, Janine en Timothy

Vrou se eksotiese vakansie verander in ’n nagmerrie

 

The post Gaan prins Harry trou? Net as ouma ja sê … appeared first on SARIE.

Leah deel haar goeie nuus

$
0
0

Die pragtige Afrikaanse sangeres Leah kan behoorlik die naweek feesvier. Haar Wonderwerk Deluxe album het goue status bereik!

“So ongelooflik dankbaar.Dankie aan die hele span vir elke inset en elkeen wat die album gekoop het, alle eer aan God!” het Leah op sosiale media geskryf.

Leah se 5 skoonheidswenke

Die blondekop en blouoog deel haar wenke spesiaal met SARIE.com.

1. Drink baie water

“Ek probeer om baie water te drink. Soms vergeet ek, maar ek voel baie goed as ek genoeg water drink.”

2. Probeer om elke maand vir ’n gesigbehandeling te gaan

“Ek sien die verskil in my vel. En dis belangrik om jouself te bederf en om jou vel mooi op te pas.”

Grootste ooit! Dankie Bieliemieliefees!!!!

A post shared by Leah [Official] (@leahmusieksa) on

3. Kry die regte gesigprodukte vir jóú vel

“Ek het baie gesukkel met my vel toe ek jonger was en moes ’n dermatoloog raadpleeg oor die regte velsorgprodukte vir my. Nou werk my vel ook sommer saam.”

4. Oefen gereeld

“Die motivering is soms moeilik, maar ek gaan gim toe en doen een keer per week Body20, wat net 20 minute is. Verder spring ek op en af op die verhoog, so dis seker ook my oefening.”

5. Pas jou hare mooi op

“Ek het baie dun hare en probeer om nie my hare te veel te kleur nie.”

 

Baie geluk, Leah!

Lees nou

Gaan prins Harry trou? Net as ouma ja sê

Elon Musk vergoed Tesla-held

Grimering in Hollywood nou “onderstebo”

The post Leah deel haar goeie nuus appeared first on SARIE.

Ons is opgewonde oor Roelof Storm

$
0
0

Van sjefs tot akteurs, rugbyspelers tot skrywers, skaatsplankryers tot musikante – die mense van ons land en alles wat hulle doen, maak ons opgewonde oor 2017. Hier deel ons elke week die name van Suid-Afrikaners wat ons dié jaar dophou.

Akteur en rolprentvervaardiger Roelof Storm is ’n opwindende nuwe talent in die bedryf: iemand om dop te hou, maar wat ook reeds sy merk begin laat.

Roelof het die titelrol in die bekroonde rolprent Johnny is nie dood nie vertolk. Daarin is hy ’n ou wat obsessief is oor die musiek van die jare 80. Spesifiek dié van tragiese figure soos Johannes Kerkorrel en Kurt Cobain. Op die 2016 Silwerskermfees het die fliek feitlik elke liewe prys gewen wat te wen was. Ook die een vir Beste Speelfilm. Roelof was saam met Christiaan Olwagen asook Jaco Smit van die produksiehuis Human Capital Films ook die vervaardiger.

flieks

Roelof het hom ook al as talentvolle akteur bewys in onder meer Four Corners en Twee Grade van Moord (in laasgenoemde het hy Sandra Prinsloo en Marius Weyers se seun gespeel), maar sy vreugde lê tans eerder by vervaardiging as akteur-wees.

“Omdat ek my fokus geskuif het na vervaardiging, is ek baie kieskeurig oor die projekte wat ek as akteur aanpak. Iets soos Johnny het met my gepraat.

“Ek loop op wolke, dit is ʼn baie groot voorreg om elke dag te kan doen waarvoor jy lief is. My werk gee my soveel plesier, en ek doen dit elke dag. Ek werk baie hard ja, almal van ons doen. Maar dis ʼn groot voorreg om die werk te kan doen.”

Saam met Christiaan en Jaco het hy ook help skiet aan Kanaries, ʼn rolprent oor die Weermag-sanggroep van vroeër jare. Dis tans in naproduksie en sal waarskynlik einde September op die Silwerskermfees bekend gestel word.

Tans werk die span hard om Christiaan se treffer-toneelstuk Die seemeeu in ’n rolprent te verwerk. Hulle begin April skiet. Sandra Prinsloo, Rolanda Marais en Albert Pretorius is onder andere in die skitterende rolverdeling.

roelof

Een van die skermgrepe uit Johnny is nie dood nie. FOTO Verskaf

Buiten dat die span met uitstekende tekste werk is hul produksie ’n visuele fees. Hulle maak gebruik van ʼn baie unieke kamerategniek.

“Dis ʼn eenskoot-tegniek; dit gee die akteur die geleentheid om die hele toneel uit te speel. Jou performance moet perfek wees. Dis baie tegnies. Dis byna soos ʼn repetisie vir ʼn toneelstuk. As jy deur dit skiet, is dit soos ʼn dans. In Johnny is daar ʼn paar skote wat tot 15 minute lank was. Die elektriese energie op stel is ’n belewenis. Al die akteurs met wie ons werk, het teateragtergrond.”

Die werk wat Roelof saam met Christiaan en Jaco doen, is merkwaardig. En belangrik. Met ons plaaslike filmbedryf wat fokus op romantiese rolprente, maak hulle toeganklike kunsflieks in verskeie genres. “Ons wil kunsfilms op ʼn platform sit waar meer mense toegang daartoe het en om die standaard van flieks vir die gehoor te verbreed. Ons filmbedryf word groot. Ons is al ʼn tiener.”

Ons sien ook uit na hierdie Suid-Afrikaners se 2017:

Klara van Wyk

Gideon Lombard

De Klerk Oelofse

Regardt Scheepers

The post Ons is opgewonde oor Roelof Storm appeared first on SARIE.

Bekende spog met pienkvoet

$
0
0

Verlede Woensdag het die Afrikaanse sangeres Andriëtte Norman haar eersteling, Graham Harold Moolman, verwelkom. En dit lyk of hy reeds haar hart gesteel het.

Die nuwe mamma het gister ’n foto van hul eerste uitstappie op Instagram gedeel. “Dis lekker om ’n mamma te wees,” het Andriëtte geskryf.

Eerste outing met babaseun.Dis so lekker om n Mamma te wees.x

A post shared by Andriëtte Norman (@andriette.norman.official) on

Sy is nie al bekende wat met nuwe bloedjie spog nie. Die Amerikaanse aktrise Katherine Heigl en haar man, Josh Kelly, se harte is ook gesteel deur hul derde kind, Joshua.

He’s a happy little dude in the morning !! Love this little buddy

A post shared by Josh Kelley (@joshbkelley) on

Hierdie bekendes het ook foto’s van hul bondeltjie vreudges gedeel. Olivia Wilde, Hollywood-aktrise

# #giantbabyhand A post shared by Olivia Wilde (@oliviawilde) on

Afrikaanse sanger Kurt Darren en sy vrou, Dunay

Afrikaanse aktrise Angelique Gerber

Liefde liefde liefde liefde liefde liefde liefde….. A post shared by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

Die Afrikaanse akteur Tim Theron en sy vrou, Juanli

Amerikaanse sangeres Pink

Cheers darlin’ A post shared by P!NK (@pink) on

Suid-Afrikaanse supermodel Candice Swanepoel

FOTO Instagram / @angelcandices

FOTO Instagram / @angelcandices

Lees nou

Leah deel haar goeie nuus

Gaan prins Harry trou? Net as ouma ja sê …

Fiëstas 2017: En die wenners is …

The post Bekende spog met pienkvoet appeared first on SARIE.

FOTO’S: Amal Clooney se bababoep

$
0
0

Sy is beeldskoon, slim en ’n sterk vrou. Nou gaan die Britse prokureur Amal Clooney vir die eerste keer ma word. Gister het sy saam met haar akteur-man, George Clooney, op die rooi tapyt van die César Awards verskyn. En sy het behoorlik gestraal! 

Die glansgeleentheid, wat die Franse rolprentbedryf vereer, het in Parys, Frankryk, plaasgevind. George het die gesogte César d’Honneur-toekenning ontvang vir sy bydra in die rolprentbedryf.

Lees nou

Bekende spog met pienkvoet

Dié broek kan jy nou oral heen dra

One Direction se Liam Payne wórd pa

The post FOTO’S: Amal Clooney se bababoep appeared first on SARIE.

Viewing all 2294 articles
Browse latest View live