Sedert die vrystelling van Daniel Craig se laaste Bond-fliek, Spectre, het mense bespiegel oor wie sy opvolger kan wees. Nou lyk dit asof dit tussen dié drie akteurs gaan wees.
Die Britse media berig die volgende 007 gaan tien teen een Idris Elba, Tom Hiddleston (Taylor Swift se nuwe kêrel), of Aidan Turner wees. Beroepswedders se geld is op Aidan Turner (foto hieronder).
Aidan is ’n Ierse akteur wat eers sy naam op die verhoog gemaak het voordat hy in films begin speel het. Jy sal sy gesig ken van die Hobbit-films waarin hy die rol van die dwerg Kili vertolk het.
Ander akteurs wat glo nog in aanmerking is vir dié ikoniese rol is Tom Hardy, Michael Fassbender en Henry Cavill. Hugh Jackman het in Januarie ons aan die raai gehad of hy nie dalk die negende James Bond gaan wees nie toe hy ‘n video gedeel het waarin hy ‘n martini drink.
Maar as dit ons keuse was, sou ons dié SA akteurs in dié rol wil sien
Armand Aucamp

Armand Aucamp
FOTO: Instagram (@armandaucamp)
Danny Ross
Nico Panagio
Bennie Fourie
Die wêreld wag ook vir die eerste vroulike James Bond. Verlede maand was daar ’n petisie om Gillian Anderson van The X-Files-faam as die eerste vroulike Bond gekies te kry, berig The Telegraph.
It’s Bond. Jane Bond.
Thanks for all the votes! (And sorry, don’t know who made poster but I love it!) #NextBond pic.twitter.com/f8GC4ZuFgL— Gillian Anderson (@GillianA) May 21, 2016
Wat dink jy? Wie moet die nuwe James Bond wees?
Bronne: The Week, The Sun en The Telegraph
Lees ook
Taylor Swift se nuwe liefde Die fliek-week waarvoor jy gewag het! Ons 5 gewildste stories van die afgelope week Probeer ook ons maklike en vinnige resep vir die week!
The post Een van dié 3 nuwe Bond + ons kies SA se James Bond! appeared first on SARIE.