Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Sharon en Ozzy Osbourne weer saam

$
0
0

Dié paartjie het vroeër vanjaar aangekondig dat hulle gaan skei, maar volgens hul dogter Kelly is haar ouers weer saam.

Kelly sê ook haar verhouding met haar pa is nog goed. “Dit beteken nie dat ek dink wat hy gedoen het is stupid nie, maar dis tussen ons … Ek’s lief vir my pa.”

Sharon (63) het verlede maand gesê sy gaan ná 33 jaar vir Ozzy (67) los. Hy het haar glo verneuk.

Net die tyd sal leer of die Osbournes hul verskille kan uitwerk. Maar dit is nie meer vreemd vir mense om ná jare in ’n huwelik te skei nie. Die term “grys egskeiding” verwys na paartjies wat in hul 50’s en ná dekades van getroude lewe skei.

In 2014 het die studie Gray Divorce: A Growing Risk Regardless of Class or Education bevind dat al meer paartjies skei omdat hulle mekaar ontgroei het.

“Dis kompleks, maar in die meeste gevalle het paartjies by mekaar verbygeleef en mekaar in die proses ontgroei. Met die kinders uit die huis, is dit ook aansienlik makliker vir ’n paartjie om te skei. Dikwels vind een van hulle die verhouding nie meer bevredigend nie en voel hy of sy wil vir die eerste keer alleen staan,” vertel Marianna Jooste, ’n sielkundige in Kaapstad, aan SARIE.com.

Maar Jooste meen só ’n egskeiding kan dikwels traumaties wees.

“Vir albei, want vir die eerste keer ná dekades is jy sonder jou maat. En jy weet dalk nie meer wie jy is sonder jou maat nie. Dis ’n proses.”

In 2014 het Sharon in ’n onderhoud met kletskoning Larry King vertel hoe sy nie haar die lewe sonder Ozzy kan indink nie.

Toe die aktrise Susan Sarandon en akteur Tim Robbins se paadjies in 2009 ná 21 jaar geskei het, het sy ook vertel dat hulle mekaar eenvoudig ontgroei het, berig The Guardian. Die paartjie was nooit getroud nie.

Jooste sê indien een van hulle nie wil skei nie, moet ’n poging tot kommunikasie aangewend word.

Red só jou huwelik

As julle jul trots sluk, mekaar vergewe, steeds waarde heg aan die verhouding en saamwerk aan oplossings, kan julle deur ’n moeilike fase kom, sê Elise Beeby, ’n kliniese sielkundige. Selfs ’n buite-egtelike verhouding, siekte, sterfte of verhuising kan dan hernuwing beteken, sê sy.

• Besoek saam ’n huweliksterapeut om die sterk en swak punte van jul verhouding te identifiseer en ’n bouplan vir jul verhouding op te stel.
• Hersien jul verwagtinge.
• Erken dit wat seermaak.
• Kry saam oplossings vir elke probleem. Konsentreer op die spesifieke. Sê bv. “Ons het een keer per maand seks. Ek sal gelukkiger wees met weeklikse seks.”
• Hou by die feite, bv. “Verlede maand was die kredietkaartskuld R950, maar ons het op R300 ooreengekom.”
• Help mekaar om jul doelwitte te bereik en werk aan konflikhantering, woedebeheer en luistervaardighede.
• Beoefen saam stokperdjies.
• Trou weer.
• Weerhou julle tydelik van seks en leer mekaar weer ken.
• Een van julle kan vir 30 dae uit die huis trek.
• Bring gehaltetyd saam deur.
• Kyk op ’n nuwe manier na mekaar. Aanvaar mekaar, foute en al.
• Doen elke vyf jaar saam ’n huweliks- of verhoudingswerksessie.

Bronne: Hollywood Life, ET Online en Marianna Jooste

Lees nou

FOTO’S: Kyk net hier, ek skei!

Johnny Depp en Amber Heard skei

“Vier en flippen veertig, werkloos, vir die tweede keer aan die skei …”

The post Sharon en Ozzy Osbourne weer saam appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Was Verveeld net verveeld?


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Uitdrukking: ʼn Steen des aanstoots


Die beste tyd van my lewe


Graad 3: Toetse, vraestelle en memoranda (beskikbaar in Afrikaans, Engels,...


T Minus …. 6


Mikrogolf-wortelkoek


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur