Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

FOTO: Desiré Gardner se baba is hier!

$
0
0

Die aktrise Desiré Gardner het vanoggend haar tweede kind verwelkom.

Klein Robin is Desiré en haar man, Chris, se eerste dogtertjie. Hul oudste, James, is al 4 jaar oud.

Desiré het dié kosbare foto met SARIE.com gedeel:

Desiré en Robin

Desiré en Robin

In die April 2016-uitgawe van SARIE het Desiré vertel dat sy ná agt jaar besluit het om die sepie Binnelanders te groet, Kaap toe te trek en by Suidooster aan te sluit. 

Sy het destyds vertel hoe haar tweede swangerskap van haar eerste verskil:

“Dit gaan goed met my en die baba. My tweede swangerskap is heel anders. Ek ervaar ander dinge. Met James het ek omtrent heeltyd gegloei. Dit was wonderlik! Met hierdie swangerskap is dit ’n bietjie anders, ek kry skete en pyne. Maar dis seker ook oor ek 30 geword het. En as jy 30 word, gaan jou lyf mos bietjie afwaarts,” skerts sy.

Met haar tweede swangerskap is sy lus vir alles wat sy nie mag eet nie.

“Sushi, Liquorice Allsorts, ’n glas rooiwyn. Alles wat ek nie mag eet nie, wil ek hê!”

Lees nou

#SARIESondag Desiré Gardner gesels oor haar Sondag-herinnering

Desiré Gardner oor Suidooster, swangerskap en Meryl Streep

EKSKLUSIEF: Paula van 7de Laan se baba

The post FOTO: Desiré Gardner se baba is hier! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294