Kyk Bouwer Bosch se nuwe musiekvideo vir die fliek Sy Klink Soos Lente nóú! Glo ons, jy gaan hierdie deuntjie nie uit jou kop kry nie. Suid-Afrika, maak reg om “Sy Klink Soos Lente” oral te hoor!
Sy Klink Soos Lente is die storie van Ben, die motorwerktuigkundige wat een aand vir Linda in ’n kroeg ontmoet. Soos in elke romantiese fliek wat sy sout werd is, is daar kenmerkende musiek wat jou deur die storie lei. Sy Klink Soos Lente is geen uitsondering nie, verál omdat Ben ’n band (Groenblare) moet stig om Linda se hart te wen.
Die liedjie “Sy Klink Soos Lente” is deur Bouwer Bosch, Dawie de Jager (die kitaar- en baskitaarspeler van Klopjag en Die Tuindwergies) en die sanger en liedjieskrywer Roan van As geskryf.
In die film is dít die liedjie wat Ben (gespeel deur Stiaan Smith) vir Linda (gespeel deur Amalia Uys) skryf. Bouwer het “Sy Klink Soos Lente” se refrein geskryf, terwyl Dawie en Roan die res van die verse geskryf het.
In die musiekvideo sien jy vir Bouwer in ’n kamer vol van Sy Klink Soos Lente-plakkate. Tussendeur speel gedeeltes van die fliek.
Bouwer sê:
“Dit was ’n ongelooflike manier om ’n liedjie te skryf omdat ons mekaar vertrou en almal die belange van die film eerste wou stel. Die liedjie is opgeneem en ons gaan die video bekend stel, maar ek en Roan het nog nie eens ontmoet nie. Dit is hoe liedjieskryf deesdae werk, wonderlike idees wat gedeel en elektronies verbeter word.”
Hier is die musiekvideo vir “Sy Klink Soos Lente”
Wat dink jy van dié liedjie? Is jy al net so opgewonde soos ons?
“Ek dink luisteraars gaan die liedjie nie uit hul koppe kan kry nie. Sy Klink Soos Lente is ’n great fliek en daarom het ons nóg beeldmateriaal uit die film vir die video gebruik wat nie in die lokprent is nie. Dus gee ons geleidelik meer weg soos ons nader aan die uitreiking van die film kom. Ek dink almal sal aanklank vind by die mooi storie wat in die verse van die liedjie vertel word,” sê Bouwer.
Kyk hier na Sy Klink Soos Lente se lokprent
Sy Klink Soos Lente begin op 30 September landwyd draai. SARIE is die trotse mediavennoot.
Lees nou
Bennie Fourie: ‘Ek het helfte van my tand verloor vir dié rol!’ #SKSL
Kyk! Sy Klink Soos Lente-lokprent
The post Die 1ste liedjie van Sy Klink Soos Lente is hier! appeared first on SARIE.