Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Céline Dion praat oor sterwende man

$
0
0

“René wil in my arms sterf,” het die sangeres Céline Dion oor haar man, die musiekbestuurder René Angélil, aan USA Today vertel. Sy het pas teruggekeer na Las Vegas waar sy haar konserte ná ’n jaar hervat. Sy het dié jaar gebruik om haar man en gesin by te staan.

René is in 2013 vir die tweede keer met keelkanker gediagnoseer, en Hello! berig dat hy weer om sy lewe veg. “Ek wou eers nie terugkeer na Las Vegas nie, ek het dit nie nodig nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is mal daaroor om vir mense te sing, maar ek het prioriteite.”

Céline het erken dat sy en René die afgelope paar maande baie gesels het oor sy grootste vrese en sy wense vir die toekoms.

Hy het vir haar gesê hy wil in haar arms sterf.

Dokters kan nie vir hulle sê hoe lank sy lewensverwagting is nie, daarom is elke oomblik vir die paartjie kosbaar.

Hulle het drie seuns. Vir René Charles (14) is sy pa se siekte baie swaar, terwyl die 4-jarige tweeling Nelson en Eddy “nie hul pa in ’n ander toestand ken nie”.

Die Your Heart Will Go On-sangeres wil René tot teen die einde soveel moontlik ondersteun. “As iemand so hard baklei het jy twee keuses: Jy kan na jou siek man kyk en dink jy kan niks doen nie, of jy kan na hom kyk en hom verseker dat jy vir hom en jou gesin is.”

Céline en René is al 21 jaar getroud.

Bronne: USA Today en Hello!

Lees ook

The post Céline Dion praat oor sterwende man appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Tien kreatiewe idees vir bêreplekke in jou babakamer


Was Verveeld net verveeld?


Die kuns van koeksisters bak


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Man vas vir moord op Moot-egpaar


Taalkwessie: onverwagse versus onverwagte


Wiskunde, graad 7, November: gratis vraestel en memorandum


T Minus …. 6


Die oplossing vir yl hare is hier


[Resep] Pampoensop


Mikrogolf-wortelkoek


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Die beste tyd van my lewe


Fresh off the press: Behind prison walls by Edwin Cameron, Rebecca Gore and...


'n Knippie sout


KYK: Plaaslike bekende se baba sê ‘pappa’– en dit op 5 maande!


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!