Die Kanadese sanger Justin Bieber het net 75 mense op Instagram gevolg, maar sy eie profiel het die sesde meeste volgelinge op dié platform gehad. ’n Hele 77,9 miljoen van hulle! Nou het hy Instagram gegroet en sy aanhangers, oftewel Beliebers, is woedend.
Dit het als begin toe Justin se aanhangers hom ontstel het met hul lelike kommentaar op sy foto’s wat hy van hom en sy nuwe meisie, Sofia Richie, gedeel het. Sofia is die Grammy-wenner Lionel Richie se dogter.
“Ek gaan my Instagram privaat maak as julle nie ophou met jul haat nie …” het hy op Instagram geskryf, berig The Guardian.
So vinnig soos wat jy “stop” kan sê, het sy eksmeisie, die sanger Selena Gomez, vir sy aanhangers opgekom. Selena het die meeste Instagram-volgelinge, met Taylor Swift en Ariana Grande in tweede en derde plek. “As jy nie die haat kan hanteer nie, moet jy ophou om foto’s van jou meisie te deel… Moenie kwaad wees vir jou aanhangers nie. Hulle was lief vir jou. En hulle was daar vir jou voor iemand anders,” het Selena op sy boodskap gereager. En toe bars die herrie los. Justin reageer en Selena regeer. En toe besluit Justin om Instagram te groet.
Hier’s ’n skermgreep van hul interaksie:
Ná Justin sy Instagram gesluit het, het Selena op Snapchat probeer verskoning vra, berig Daily Mail. “Wat ek gesê het, was selfsugtig en puntloos,” het sy geskryf. Maar Justin het haar ’n koue skouer gegee.
Beliebers kon dit nie weerstaan om op sosiale media te kla nie:
When u wake up to the biggest drama#SelenaEndedJustinBieberParty pic.twitter.com/ZiuXGRRQTa
— Shanti Tan (@ShantiJoanTan) August 15, 2016
#RIPBeliebers this is what happened pic.twitter.com/wAjLPAuUgt
— Miriam Belieber (@miryamdehbi) August 15, 2016
@justinbieber we love u too we love u more than anything never forget that #JustinYoureNotAlone pic.twitter.com/k5vERFt02T
— inactive bc Italia (@kdrhlsrevival) August 17, 2016
Hy is nie die eerste bekende wat Instagram los nie. Die sanger Demi Lovato het in Junie vir Instagram en Twitter gegroet.
Hierdie bekendes word die meeste gevolg op Instagram:
Bron: Statista
The post Beliebers woedend: Justin groet Instagram appeared first on SARIE.