Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Beethoven en Coenie de Villiers het dít gemeen

$
0
0

Coenie de Villiers, Beethoven, Mathys Roets en Andrea Bocelli. Wat het hulle gemeen? Almal musici wat nie toelaat dat een of ander siekte of “gebrek” hulle onderkry nie.

Die sanger en liedjieskrywer Coenie de Villiers het die naweek aan Rapport se Hanlie Retief vertel dat hy las het van osteoartritis, ’n progressiewe degeneratiewe gewrigsiekte. Hy speel glo nog ’n hele gig sonder pyn.

Kyk hoe gesels hy met Hanlie:

En ná ’n stilte van vyf jaar, so saam met sy sestigste verjaardag, sal sy nuutste album, Emoji, vanjaar verskyn. Hy werk met kunstenaars soos Karen Zoid, Elvis Blue, Hemelbesem en Wouter Kellerman. En hy kan waarskynlik nog ’n paar albums maak. Maar hy is nugter oor die toekoms… Hy sal dalk nie vir ewig speel nie. Maar nou? Speel sal hy speel.

Een van die bekenste klassieke komponiste, Ludwig van Beethoven, van onder meer Eroica- en Maanligsonata-faam, het ook nie toegelaat dat doofheid (teen die einde van sy lewe) hom van stryk bring nie. Hy het trouens sy befaamde Negende Simfonie in dié tydperk gekomponeer, sonder dat hy een noot daarvan kon hoor.

Só ook het die blinde Italiaanse sanger Andrea Boccelli, wat op 12 blind geword het weens ’n sokkerbesering, die eerste keer sukses gesmaak tydens ’n stemkompetisie in 1970. Hy het regte studeer, bespeel ook die fluit en saksofoon en sy groot deurbraak het gekom toe die ontslape Italiaanse tenoor Luciano Pavarotti hom ontdek het. In 1999 het Sogno ’n internasionale treffer geword.

Nader aan die huis het ons harte vermurwe toe Bobby van Jaarsveld, Karen Zoid en Lira betower is deur die stem van die die 22-jarige blinde Vernon Barnard van die Strand se sielvolle vertolking van ‘’The Story of my Life’’ op die realiteitsreeks The Voice. Vernon is gebore met die oogsiekte gloukoom en het op ses blind geword, maar hy het nooit toegelaat dat dit in die pad van sy drome staan nie.

En Mathys Roets, wat kans sien vir enigiets van sneeuski tot kamp (in ’n rolstoel), het sedert sy motorfietsongeluk in 2009 al landwyd opgetree, ook op vele kunstefeeste soos Aardklop en die KKNK. Hy is letterlik on a roll, meer energiek en gewilder as ooit.

FOTO: Verskaf

FOTO Verskaf

Feit bly staan, musiek, nes sport, kan enigiets oorwin.

En nou wag die Paralimpiese Spele in Rio (7-18 September) – wat dit sekerlik opnuut sal bewys.

The post Beethoven en Coenie de Villiers het dít gemeen appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294