Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Fanie toets: Hoe ek voel nou?

$
0
0

SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, het gister aangebied om die vitamiendrup te gaan toets, die einste een wat bekendes soos Karlien van Jaarsveld weekliks kry.

Die behandeling het 15 minute geduur. Daar is aan Fanie verduidelik dat hy waarskynlik moeg gaan wees vir die res van die dag.

In Suid-Afrika is vitamiendruppe dalk ’n “nuwe” gier, maar in Hollywood is dit al ou nuus. Bekendes soos Madonna, Cindy Crawford, Gwyneth Paltrow, Rihanna en Cara Delevingne gebruik dit, berig The Australian.

Lees sy ervaring tydens die behandeling hier.

Só voel ek die volgende dag:

Mense, ek voel soos die dood self.

Ek weet nou nie of dit is omdat die drup nog moet inskop nie. En of dit is oor ek 05:00 vanoggend moes opstaan om 06:30 op die lughawe te wees vir die terugverwelkoming van ons atlete van Rio af nie.

Maar ek wil letterlik uitpass.

So kry ek deur die loop van die nag  ʼn boodskap van ʼn vriendin (ek kon uiteraard nie lekker slaap nie uit vrees dat ek laat gaan wees vir ons atlete se aankoms op O.R. Tambo) wat sê sy kry nuus van haar internis af: Die drup is glo sleg vir ’n mens.

O jinne! Dis nou vir jou ’n ding.

Ek herhaal mense, ek is moeg, baie moeg! En ek crave suiker, soetgoed, sjokolade. Is dit deel van die ding?

Lees nou

Fanie toets: Drup-behandeling

Vermy dié mode-items as jy kort is (Deel 2)

The post Fanie toets: Hoe ek voel nou? appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294