Wie wil nie ’n selfie saam met ’n celeb neem nie?
1. Besoek Computicket
2. Koop jou kaartjie na die Sy Klink Soos Lente-première.
3. Trek ’n glansryke rock-uitrusting aan en kuier op 8 September saam met SARIE en die akteurs in Pretoria.
4. Neem ’n selfie saam met Amalia Uys, Stiaan Smith, Bennie Fourie, Wilson Dunster, James Cunningham, Darren Kelfkens, Bouwer Bosch en Tina Kruger.
5. Nou het jy ’n bekende ontmoet. So maklik soos dit!
Kyk die fliek waaroor almal praat, Sy Klink Soos Lente, nog voor hy op die groot skerm verskyn. Ons hou ’n eksklusiewe première in samewerking met King Price net vir jou – kom skuur skouers met die akteurs en kry ’n lekker lente-bederf!
Jy het nog nie ’n romkom soos dié gesien nie. So voel almal wat aan Sy Klink Soos Lente werk. Verwag iets tussen School of Rock en 500 Days of Summer met Johannesburg op sy mooiste as die agtergrond. O, en natuurlik ’n klomp werktuigkundiges, karre en kitare! Hierdie is ’n fliek vir almal.
Is jy al nuuskierig?
Sy Klink Soos Lente gaan oor ’n motorwerktuigkundige (Stiaan Smith) wat sy baas se dogter (Amalia Uys) in ’n kroeg raakloop. Hy word onkant gevang deur haar sjarme, en vertel haar hy’s in ’n band. In sy kop is die volgende logiese stap om dan ’n band te begin. Hy en sy vriende van die werkswinkel span talente saam in ’n poging om haar hart te wen.
Lees ons nuusbrief HIER
Bespreek nou jou kaartjies!
Datum: Donderdag, 8 September 2016, 19:30
Drag: Rock-ster-glans
Waar: Atterbury-teater, Lynnwood Bridge, Pretoria
Prys: R150 (sluit ’n lente-bederf in)
Koop kaartjies by Computicket
The post Só ontmoet jy ’n bekende in 5 stappe appeared first on SARIE.