Alle goeie besluite word om die braaivleisvuur gemaak. Wel, so iets … ’n Aand se kuier om die vuur het onlangs vir 6 ou Potch-vriende genoeg inspirasie gebied om weer by mekaar uit te kom en te sing. Ja, jy lees reg, en nogal a cappella ook!
Wêreld, ontmoet Tonteldoos. Heinrich Erasmus, FJ Liebenberg, Kobus Muis Lourens, Dietz Meiring, Francois de Jager en Johannes Strydom was almal saam op universiteit in Potchefstroom. Toe hul vriend Reghard Smith (akteur Stiaan Smith se broer) ’n rukkie gelede in Johannesburg kom kuier uit Dubai uit, bevind hulle hulself een aand om ’n gesellige braaivleisvuur.
En soos dit alle goeie aande gaan, kuier die manne láát. So tussen die nostalgiese universiteitsherinneringe deur word daar ook sommer uitdagings aan mekaar gestel. Reghard dare toe sy vriende om in te skryf vir Sy Klink Soos Lente se liedjiekompetisie. Lees verder vir meer oor wat hulle kan wen!
En soos alle goeie uitdagings, word dit aanvaar. Die talentvolle F.J. Liebenberg het die temalied verwerk en via WhatsApp het die vriende die groep Tonteldoos gestig. Heinrich vertel dat hulle almal sowat 6 jaar laas gesing het en die afgelope Sondag net vir 3 uur kon oefen voordat hulle die liedjie met ’n skootrekenaar opgeneem het. Jy kan maar sê 6 oud-sêrlede, 6 stemgroepe en 3 uur later was daar n liedjie!
Heinrich kon egter nie bevestig of Tonteldoos gereeld gaan begin optree nie en of hulle weer gaan bymekaarkom nie.
En laastens, soos die meeste a cappella-liedjies, is dié een ook iets besonders!
Luister hier na hul weergawe van ‘Sy Klink Soos Lente':
Wat sê Bouwer van Tonteldoos se verwerking?
Dit is baie lekker om te sien hoe innoverend almal te werke gaan met die covers. Dit is ’n baie lekker en vars aanslag met net stemme en dit is ook lekker om te hoor hoe die ouens met hul stemme verskillende instrumente interpreteer.
Is jy ook lus om Bouwer se lied jou eie te maak? Hier’s jou kans!
Wen ’n liedjieskryfskool en ateljee-dag saam met Bouwer en 2 kaartjies na die première van Sy Klink Soos Lente.
Wat moet jy doen?
1. Laai “Sy Klink Soos Lente” hier af.
2. Verwerk hierdie liedjie en maak dit jou eie. Jy kan die lirieke hier en hier aflaai.
3. Neem dit af met enige toestel (selfoon, tablet, videokamera, ensovoorts).
4. Laai jou weergawe op Facebook of Youtube en stuur dit ook aan liedjie@syklinksooslente.co.za.
5. Die wenner sal op Lentedag, 1 September, aangekondig word.
Kyk Bouwer se ‘Sy Klink Soos Lente’ hier:
Lees ons nuusbrief HIER
Lees nou
Kyk! Sy Klink Soos Lente-lokprent
The post Oud-Pukke sê “ja” vir vriend se dare! #SKSL appeared first on SARIE.