Kelly Osbourne maak nie ’n moordkuil van haar hart nie … Sy het haar voormalige, mede Fashion Police-aanbieder Giuliana Rancic ’n ‘leuenaar’ genoem, berig The Wrap.
Sjoe, hierdie is vir ons moeilik om te glo. Al is jy ’n aanhanger van Fashion Police of nie – dié twis onder die aanbieders kan moontlik die laaste spyker in dié program se doodskis wees.
Fashion Police sal 31 Augustus weer op die kassie wees om kommentaar te lewer oor die mode by vanjaar se MTV Video Music Awards. Kelly hoop dat die program suksesvol sal wees en sou dit oorweeg om terug te keer “indien sekere mense nie daar is nie”.
Moddergooiery
“Ek sal nooit erken dat ek van Giuliana hou nie, want ek hou niks van haar nie. Ek dink nie sy is ’n goeie mens nie en sy is ’n leuenaar,” het Kelly aan The Wrap vertel.
“Guiliana verstaan nie hoekom Kelly aanhou om neerhalende opmerkings teenoor haar te maak nie,” het ’n bron aan People vertel.
Raad: Hanteer eerder konflik op kantoor só
Die einde van Fashion Police?
Kelly het in Maart Fashion Police verlaat, ná Giuliana by die jaarlikse Oscar-toekennings gesê het die Disney-ster Zendaya Coleman se hare soos plant-olie of dagga ruik. Dié program het verder ’n knou gehad toe Joan Rivers verlede jaar oorlede is.
Wat dink jy? Beteken hierdie moddergooiery die einde van Fashion Police?
Lees ook
- Giuliana Rancic verlaat ‘E! News’
- Kelly Osbourne groetFashion Police PLUS wie gaan haar vervang?
- Sandra Bullock het fliekrol by George Clooney “gesteel”
The post Suurdruiwe tussen Kelly Osbourne en Giuliana Rancic appeared first on SARIE.