Gister het ons die 10 Voorbladgesig-finaliste verras toe hulle deel van ons #SARIEkrismis-fotosessie was! Vanaand maak ons die wenners van die wedstryd bekend. Het jy jou gunsteling?

Agter die skerm by ons #SARIEkrismis-fotosessie met ons Voorbladgesig-finaliste
FOTO Willie Koen
Leer ken Ulandie Slabbert beter
(45) BEMARKER, PRETORIA
Hoe voel dit om binnekort ouma te word?
Ek kan nie wag dat my dogter, Kylie, se baba kom nie … Dit is byna asof ék weer verwag.
Jy het onlangs ’n loopbaanverandering gemaak …
Ná 23 jaar as persoonlike assistent by die Europese Unie en die Amerikaanse ambassade het ek as bemarker begin werk. Dit is wonderlik, want ek werk van die huis af. Ek sal my lewensgehalte vir geen geld ter wêreld verruil nie. Ek glo ook iets nuuts stimuleer die brein.
Hoe kry jy dit reg om op 45 so goed te lyk?
Ek gim en het baie pret saam met my man en kinders.
Wat is die uitdagings van ’n tweede huwelik?
Ek en my man, Ernst, verstaan nou waaroor die huwelik gaan. As jy beste vriende is, werk dit. Omdat ons ’n saamgestelde gesin is (Kylie en my seun, Wesley, en sy seuns, Brendan en Logan), het ons voor die huwelik berading gekry en ons woon steeds huwelikskursusse by.
Is jy lief vir Afrikaans?
Ek het met SARIE op ’n plaas in die Groot Marico grootgeword – ek’s ’n ware Boeremeisie!
Hoekom wil jy op SARIE se voorblad wees?
Om te wys enige mens kan enigiets bereik. Jy hoef nie ’n filmster te wees nie.
Hoe kweek jy vandag ’n goeie selfbeeld?
Ons leef in ’n wêreld van Photoshop en perfekte modelle, maar dit is nie die werklikheid nie. Wees net jouself en trots op wie jy is.
Ons ander Voorbladgesigte:
The post Voorbladgesig-finalis: Ulandie Slabbert appeared first on SARIE.