Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Voorbladgesig-finalis: Valensia Waibale

$
0
0

Gister het ons die 10 Voorbladgesig-finaliste verras toe hulle deel van ons #SARIEkrismis-fotosessie was! Vanaand maak ons die wenners van die wedstryd bekend. Het jy jou gunsteling?

Agter die skerm by ons #SARIEkrismis-fotosessie met ons Voorbladgesig-finaliste  FOTO Willie Koen

Agter die skerm by ons #SARIEkrismis-fotosessie met ons Voorbladgesig-finaliste
FOTO Willie Koen

Leer ken Valensia Waibale beter

(31) BESTUURDER: FINANSIËLE EN MENSLIKE

HULPBRONNE, ROSETTENVILLE

Vanwaar jou pragtige Afrikaans?

Ek is ’n Xhosa, maar het grootgeword op Upington in die Noord-Kaap, waar ek Afrikaans leer praat het.

Wat is vir jou die mooiste woorde in Afrikaans?

“Asseblief ” en“baie dankie”.

Hoekom wil jy op SARIE se voorblad wees?

Ek het grootgeword met die tydskrif, my ma het dit gelees! Dit was nog altyd my droom.

Die moeilikste ding wat jy moes oorwin?

My sweetheart, met wie ek tien jaar getroud was, is onlangs voor my en ons kinders, Cairo (6ó) en Rhema (5 maande), op ’n plaas buite Vanderbiljpark doodgeskiet. Dis party dae moeilik om met die lewe aan te gaan, maar ek bly sterk ter wille van hulle. God gee my krag. Ek kry ook hulp van beraders.

Het Suid-Afrika ’n goeie toekoms?

Dit is ’n mooi én moeilike plek om in te woon. Dit gaan van almal se houding afhang of ons dit gaan laat werk.

Gebruik jy sosiale media?

Ek is aktief op Facebook en Twitter vir inspirasie.

Hou jy van grimering?

Ek dra dit elke dag werk toe; dis net professioneel. Naweke laat ek my gesig “rus”.

Dink jy Hillary Clinton sal ’n goeie president wees?

Ek hoop sy wen. ’n Sterk vrou kan ander vroue inspireer.

Die beste raad wat jou ma vir jou gegee het?

Goeie maniere maak altyd deure oop.

valensia waibale

Ons ander Voorbladgesigte:

Nicola Smit

Nadia de Jongh

Elmaré Schutte

Ulandie Slabbert

Alma Neethling

Bianca Hendrikse

Tamsyn Jack

Sarah Botes

Nicole Lamberts

The post Voorbladgesig-finalis: Valensia Waibale appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294