Gister het ons die 10 Voorbladgesig-finaliste verras toe hulle deel van ons #SARIEkrismis-fotosessie was! Vanaand maak ons die wenners van die wedstryd bekend. Het jy jou gunsteling?

Agter die skerm by ons #SARIEkrismis-fotosessie met ons Voorbladgesig-finaliste
FOTO Willie Koen
Leer ken Elmaré Schutte beter
(19) STUDENT, UNIVERSITEIT STELLENBOSCH
Hoekom studeer jy voedselwetenskap?
Ek wou eers ’n tandarts word, maar ek het ’n passie vir biochemie en wil graag eendag gesonde kosprodukte ontwikkel.
Leef jý gesond?
Ek maak gesonde kos, ek speel netbal, klim graag berg met vriende en doen Zumba-klasse.
Hoekom wil jy op SARIE se voorblad wees?
Dit is ’n gehalte-brand en ek hou van die tipe vrou wat die tydskrif verteenwoordig.
Wie is jou gunsteling-celeb?
Die aktrise Emma Watson (Hermione in Harry Potter) is ongelooflik mooi, vroulik en stylvol en sy doen ook gemeenskapswerk. Ek is ’n groot Harry Potter-fan!
Vind jy dit hartseer dat die US verengels?
Ek is mal oor die Afrikaanse kultuur – braai en rugby, en ek hou van die taal. Ja, dit is vir my sad dat dinge nou so Engels raak. Ek is bang as mense minder Afrikaans praat, gaan die kultuur ook verlore.
Het jy ’n gunsteling- Afrikaanse woord?
My ouma praat die heel suiwerste Afrikaans. Sy sal nog “springmielies” vir popcorn sê. Ek hou daarvan.
Wat maak jou kwaad?
Ek haat dit as mense dink hulle is altyd reg en nie na ander se opinies wil luister nie.
Jy’s jonk; het jy al swaargekry?
Ek was baie skaam op skool en het gesukkel om maats te maak. Nou gaan dit darem beter.
Ons ander Voorbladgesigte:
The post Voorbladgesig-finalis: Tamsyn Jack appeared first on SARIE.