Gister het ons die 10 Voorbladgesig-finaliste verras toe hulle deel van ons #SARIEkrismis-fotosessie was! Vanaand maak ons die wenners van die wedstryd bekend. Het jy jou gunsteling?

Agter die skerm by ons #SARIEkrismis-fotosessie met ons Voorbladgesig-finaliste
FOTO Willie Koen
Leer ken Nicole Lamberts beter
(25) ARBEIDSTERAPEUT, KAKAMAS
Hoekom geniet jy jou werk?
Dit is ongelooflik om te sien watter verskil ek in mense se lewe kán maak. Deur net iemand te leer om ’n lepel self vas te hou, kan jy hom bemagtig en selfvertroue gee.
Geniet jy Kakamas?
Ek verlang na my grootworddorp Stellenbosch, maar ek doen nou praktiese ondervinding op en ek is dankbaar. Dis ’n voorreg om betrokke te wees by gemeenskapsprojekte waar ek mense wat werklik sukkel, kan help.
Wat maak jy as jy so huis toe verlang?
Ek eet ’n bakkie tuisgemaakte sop met brood en kyk my gunsteling-sepie, 7de Laan! Ek was skoon getraumatiseer toe hulle die kenwysie verander het.
Wat is jou gunsteling-Afrikaanse woord?
“Lekker.” Jy kan dit gebruik om ’n gereg, ’n emosie – ag, sommer enigiets te beskryf.
Belangrikste lesse by jou ouers geleer?
My pa, Hilton, en ma, Yolanda, het my laat glo dat ek niks in my pad moet laat staan om my drome te bereik nie. Hulle het my teen die boosheid van die wêreld beskerm, sodat ek nog in die mooi om my kan glo.
Wat maak jou hartseer?
Dikwels sien ek kinders in haglike omstandighede wat aan die grusaamste dinge blootgestel word. Vir hulle is dit “normaal”, en só word die spiraal van wanhoop nooit verbreek nie. Dít breek my hart.
Ons ander Voorbladgesigte:
The post Voorbladgesig-finalis: Nicole Lamberts appeared first on SARIE.