Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Kyk hoe lyk die wêreld se mooiste kind nou!

$
0
0

Terwyl die meeste ander 4-jariges nog by die kleuterskool gespeel het, was dié Franse meisie toe al op die loopplank vir Jean-Paul Gaultier! Thylane Blondeau is eens aangewys as die wêreld se mooiste kind en maak sedertdien opslae in die modebedryf.

Trek die pyltjie na links om te sien hoe sy nou op 15-jarige ouderdom lyk:

Thylane het as 6-jarige op die voorblad van Vogue Enfants verskyn en het weer in die tydskrif verskyn toe sy 10 jaar oud was. Dié uitgawe het groot opskudding veroorsaak omdat kritici geglo het die tydskrif het ’n seksuele beeld van kinders geskep, berig KIIS 1065.

FOTO Vogue Enfants

Maar dit het nie die Franse skoonheid se model-drome gekeer nie. Op net 15 jaar oud is sy reeds ’n suksesvolle model.

Die tiener het reeds kontrakte met die model-agentskap IMG Models en sal binnekort in L’Oréal-advertensies verskyn. Sy is glo so gewild op sosiale media dat sy haar eie aanhangers het wat hulself die “Thylaners” noem, berig Daily Star.

 Lees nou

Selena nou ’n wasfiguur

Honde kan verstaan wat jy sê!

Die jaar van verrassings …

The post Kyk hoe lyk die wêreld se mooiste kind nou! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!


Wat staan 'n vrou te doen?


Slimmer maniere om jou hoofpyn te klop


10 wenke vir ’n welige tuin


Die beste tyd van my lewe


Fresh off the press: Behind prison walls by Edwin Cameron, Rebecca Gore and...


T Minus …. 6


Mikrogolf-wortelkoek


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee