Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Bekende sanger enkellopend – al weer!

$
0
0

Die internet gons vanoggend oor dié nuus! ‘Swifty’s’ die wêreld oor is hartseer, want “Hiddleswift” is verby. Die sangeres Taylor Swift en die akteur Tom Hiddleston se romanse van 3 maande het tot ’n einde gekom.

Die rede vir Hiddleswift se einde? Tom wou hul verhouding te veel in die openbare oog hou, berig US Weekly. Maar Taylor wou nie.

Sy het in die verlede al baie negatiewe kommentaar ontvang juis oor sy die een is wat gewoonlik nie haar verhoudings privaat gehou het nie. 

 

Maar die aktrise laat nie gras onder haar voete groei nie!

Dié twee het begin uitgaan slegs twee weke ná sy en die musikant Calvin Harris se verhouding verby was. Sy het ook al ’n reputasie om liedjies oor vorige verhoudings te skryf.

Ons wonder waaroor haar volgende liedjie sal gaan, Calvin of Tom?

Hier is ’n lys van Taylor se vorige kêrels:

Calvin Harris

Harry Styles

Conor Kennedy

Jake Gyllenhaal

John Mayer

Taylor Lautner

Joe Jonas

Lees nou

Taylor Swift verlos van jurie-pligte

Bekende sanger veg om sy lewe

Kyk hoe lyk die wêreld se mooiste kind nou!

The post Bekende sanger enkellopend – al weer! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294