Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

EKSKLUSIEF: Quinne terug by die Laan!

$
0
0

Op 12 Augustus het aktrise Quinne Brown vir die eerste keer in 11 jaar weer haar motor by die 7de Laan-ateljee in Lonehill, Johannesburg, geparkeer, haar handsak oor haar skouer gegooi en tussen die geboue deurgeloop na haar aantrekkamer, die grimeer- en haarkamer en die green room. Ook na die stoep waar daar woorde geleer en gekuier word, net soos dit was die dag toe sy die Laan jare gelede gegroet het.  

Op 31 Oktober word die eerste episode uitgesaai waarin Connie (Quinne se karakter) weer verskyn. Sy was in daai heel eerste episode in Februarie 2000, in Oppikoffie saam met Charmaine (Vinette Ebrahim).

Quinne deel die nuus eksklusief met SARIE: 

SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, het eksklusief vir Quinne op die stel van 7de Laan gaan kuier. En Quinne onthou vir Connie en die Laan en die goeie ou dae.

Sy het 21 geword op die stel van 7de Laan saam met haar ander familie, soos Quinne dit self noem wanneer sy praat van haar kollegas by Danie Odendaal-produksies.

Connie van der Lecq (Quinne Brown) FOTO: 7de Laan

Connie van der Lecq (Quinne Brown)
FOTO 7de Laan

“Ek wou terugkom SA toe. Ek het 7de Laan laat weet. En hulle het toe gesê hulle sal graag vir Connie wil terugbring. In Januarie het ek teruggekom huis toe, vir house hunting en skole gesoek. En ook vir 7de Laan laat weet. Toe ek weer terug is Amerika toe om ons goed te gaan oppak, het ons onderhandel, sommer so oor die waters. My man, Ryan, het gou gisteraand teruggevlieg Amerika toe om ons kar te gaan verkoop.”   

Quinne en Ryan het vir vyf jaar in San Francisco gebly en met die geboorte van hul eersteling, Charlotte, het hulle na San Diego getrek om naby sy ouers te wees. Hulle het vier jaar daar gewoon. Op ʼn foto wat vir SARIE se Januarie 2011-uitgawe geneem is, was Quinne reeds swanger met Charlotte. In daai geel rok op  ʼn dak in San Francisco.

FOTO Keeney + Law

Op ‘n dak in San Francisco vir SARIE 2011-uitgawe FOTO Keeney + Law

“Ons noem ons tweede dogter, Lara, ons Afrika-baba, want ek het swanger geraak terwyl ons hier was met vakansie.”

Hulle het oor die jare gereeld in SA kom kuier by haar ma, Salomé.

Dit is vir Quinne baie lekker om weer in Connie se skoene te klim. “Sy het grootgeword. Die nuwe Connie is baie meer volwasse en wêreldwys. Sy is steeds onskuldig. Maar nie meer naïef nie.”

FOTO Keeney + Law

FOTO Keeney + Law

Sy mis van haar ou 7de Laners. Maar van die ou gesigte is nog hier: Pierre van Zyl (Oubaas), Annelisa Weiland (Hilda), Ingrid Paulus (Vanessa) en Vinette Ebrahim (Charmaine).

“In my hart mis ek vir Diaan en Elma en Nico. Dis vars en lekker om terug te wees.”

En hier sit sy nou, vandag in daai einste grimeerkamer. Haar hare word gekrul en haar lippe bloedrooi geverf. Sy gaan oor haar teks, kyk na haar dialoog. Want oor ’n rukkie moet sy ’n toneel gaan skiet. En alles voel sommer eg en lekker, want Connie is by die huis. Soos dit hoort.

Quinne oor die jare op SARIE se voorblad 

Januarie 2005

0101SRCOVER2005

 

Februarie 2006

02

 

November 2008

november 2008

 

Januarie 2011

010111COVERPOSTER.pdf

 

– Quinne deel eksklusief haar nuwe avontuur en hoofstuk met SARIE. Haar storie verskyn in SARIE se Desember 2016-uitgawe wat vanaf 14 November op die rak sal verskyn.

Lees ook

Quinne is by die huis

Quinne se botterskorsie-sop & poeding-smoothie

7de Laan: Wie’s weg en wie bly?

The post EKSKLUSIEF: Quinne terug by die Laan! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294