Dis weer sulke tyd: die wêreld se beste en vreemdste rekords is aangeteken in die 2016 Guinness World Book of Records. Van springende lamas tot groot katte, dis net so indrukwekkend soos vorige jare.
Hier is ’n lys van die wêreld se beste en vreemdste rekords:
Die jongste vrou met ’n volbaard
Harnaam Kaur, die jongste vrou met ’n baard, is dankbaar om in dié boek te verskyn, berig Daily Mail. Die 24-jarige vrou lei aan ’n hormonale kondisie wat veroorsaak dat haar gesighare tot baie lank groei, plek-plek selfs tot 15 cm.
Harnaam, van wie daar ook ’n Barbie-pop gemaak is, het ná jare se afknouery vrede gemaak en haarself aanvaar. Sy het ook vanjaar die eerste vrou met ’n baard geword wat tydens die Londense Modeweek op die loopplank verskyn het, berig Daily Mail.
Ludo, die wêreld se langste kat.
Ludo die Maine Coon-kat is sowat 1 meter lank en behoort aan Kelsey Gill van Engeland. Ludo is een van drie Maine Coons in Kelsey se huishouding.
Hoe groot kan jy jou mond oopmaak?
Die Duitser Bernd Schmidt kan sy mond 8,8 cm oopmaak! Hy het die wêreldrekord deur die Amerikaner JJ Bittner met slegs 4 millimeter verbeter.
Caspa, die springende lama
Caspa, die 9-jarige lama van Wallis, kan 1,3 m hoog spring! Sy eienaar, Sue Williams, sê glo dat Caspa ’n “groot diva” op hul plaas is.
Die hond en kat met die meeste toertjies binne een minuut
Ouliker as dié sal jy nie sommer kry nie. Die Parson Russel-terriër Smurf kan 32 toertjies binne een minuut doen. Hy is so talentvol dat hy reeds op die TV-reeks Superstar Dogs verskyn het!
Kyk Smurf se toertjies hier:
Dit is nie elke dag dat jy katte sien wat ook toertjies kan doen nie. Dit is hoekom dié kat so indrukwekkend is! Didga, die Australiese kat, doen 20 toertjies binne een minuut.
Kyk die video hier:
Bron: Daily Mail
Lees nou
SA se top-10 gunsteling-katte vir 2016
SA hond gee geboorte aan tweeling
Bekende sanger enkellopend – al weer!
The post Wêreldrekords – die bestes en die vreemdstes! appeared first on SARIE.