Die aktrise Natalie Portman gaan weer ma word! Die Oscar-wenner en haar man, Benjamin Millepied, verwag hul tweede kind, berig US Weekly.
Die 35-jarige was gister te sien by die première van haar nuwe rolprent, Planetarium , by die 73ste Venesiese filmfees. Sy het pragtig gelyk in ’n wit eenskouer- Dior-rok wat haar bababoep beklemtoon het.
Natalie en haar man is reeds die trotse ouers van ’n 5-jarige seuntjie, Aleph. Benjamin, ’n voormalige dansdirekteur van die Paryse Opera- en Balletgeselskap, en Natalie het in 2010 ontmoet op die stel van die rolprent Black Swan. Die twee het in 2012 getrou.
Baie geluk, Natalie en Benjamin!
Kyk die voorprent van Natalie se nuwe rolprent, Planetarium, hier:
Lees nou:
Ikoniese rolprent-oomblikke was toe nié beplan!
Wêreldrekords – die bestes en die vreemdstes!
The post Natalie Portman is swanger! appeared first on SARIE.