Die appel val nie ver van die boom nie. En in die geval van supermodel Cindy Crawford en haar dogter, Kaia Gerber, is dié gesegde goud werd. Op 15-jarige ouderdom is Kaia nou die nuwe gesig van die modehuis Marc Jacobs se skoonheidsafdeling, Marc Jacobs Beauty!
Cindy was self net 17 jaar oud toe sy haar suksesvolle loopbaan in dié bedryf begin het. En Kaia se ouer broer, Presley, is ook met die goeie gene van hul ouers, Cindy en Randy Gerber, geseën.
We are excited and very honored to announce the new face of #MarcJacobsBeauty is the incredibly talented, gorgeous and charming @kaiagerber. Stay tuned for more! A photo posted by Marc Jacobs Beauty (@marcbeauty) on
A photo posted by Marc Jacobs Beauty (@marcbeauty) on
Hier’s 5 goed wat jy nie van Kaia geweet het nie:
1. Op die ouderdom van 10 het sy in advertensies vir die modehuis Versace verskyn. In Augustus vanjaar (2016) was sy alleen op die voorblad van die Britse tydskrif Pop, en sy het ook in April vanjaar saam met haar ma op die Paryse Vogue gepronk.
2. Sy’s vriende met Taylor Swift en Harry Styles.
3. Haar naam is Hawais en dit beteken “see”.
4. Sy het vanjaar haar eerste fliek gemaak. In Lifetime se Sister Cities speel sy die jong Carolina. En volgens kenners het sy glo ’n natuurlike talent.
5. Sy ken vir George Clooney en sy vrou, Amal, wat huisvriende is met haar ouers.
A photo posted by Marc Jacobs Beauty (@marcbeauty) on
Bronne: Daily Mail, Just Jared, Entertainment Online
Lees nou
Herman gesels met Jamie’s se sjef Shane
Vir stralende vel: Amalia se Lenteslaai
The post Supermodel se dogter gesig van Marc Jacobs appeared first on SARIE.