Vir Lady Gaga se aanhangers, oftewel haar Monsters, is die wag van drie jaar uiteindelik verby! Die eerste enkelsnit, “Perfect Illusion”, van die sangeres se verwagte nuwe album is vandag vrygestel.
Volgens Independent het die 30-jarige aan die radiostasie BBC Radio 1 vertel dat die lied oor sosiale media handel.
“Mense voel konstant die druk om hul regte lewe te leef soos dit wat op sosiale media uitgebeeld word. Ek dink sosiale media is fantasties, maar daar is ook baie goed op die internet wat vals beelde skep,” verduidelik sy.
Die enkelsnit kom 3 jaar ná haar vorige album, Artpop, se bekendstelling. Maar in dié tyd het sy haarself met ander opwindende projekte besig gehou. Sy het intussen ’n Golden Globe-toekenning ontvang vir haar rol in die TV-reeks American Horror Story en het saam met die sanger Tony Bennett ’n Oscar-benoeming gekry vir die liedjie “Till It Happens To You” in die dokumentêre prent The Hunting Ground.
American Horror Story het reeds die liedjie op sosiale media gebruik om hul nuwe seisoen te adverteer.
Luister “Perfect Illusion” hier:
Lees nou:
Ikoniese rolprent-oomblikke was toe nié beplan!
Dís glo die liedjie vir somer 2016
The post Lady Gaga se nuutste – uiteindelik ná 3 jaar! appeared first on SARIE.