Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Nadia Beukes gesels voor haar groot dag

$
0
0

Ná maande se deeglike beplanning is aktrise en TV-aanbieder Nadia Beukes se troudag met projekbestuurder David de Villiers hier! Alles is gereed – van die rok, blomme en kos tot die gastelys. Fanie Cronjé het haar uitgevra oor die reëlings en die knaende senuwees …

SARIE kuier môre saam by David en Nadia se troue en ons wys eksklusief die troufoto’s in ons November-uitgawe – te koop vanaf 10 Oktober.

FANIE: Hoe ervaar jy die aanloop tot die troue?

NADIA: Wat ’n wonderlike avontuur! Vir my is die heel lekkerste om saam met David te droom oor ons groot dag. Ons stem nie noodwendig oor alles saam nie, maar dan praat ons sake uit en ons vind ’n middeweg. Dit is ook ’n lekker manier om mekaar beter te leer ken.

F: Wat is vir jou die heel belangrikste?

N: Die beloftes wat ons aan mekaar maak. David sê solank ons en die dominee reg is, hoef ons nie bekommerd te wees nie. Natuurlik wil ons ook graag hê die rok en blomme en kos en musiek en tafelgeskenkies en-en-en moet perfek wees, maar met die span wat ons het, is ek glad nie bekommerd nie. Wat die onthaal betref, is ons familie en vriende vir ons die belangrikste, om saam met hulle te kuier en die spesiale oomblik te vier.

FOTO: Hanri Human

FOTO: Hanri Human

F: Hoe het jy op ’n rok besluit?

N: Diaan Daniels werk baie met bruide, en hy is een van die eerste ontwerpers  wat my destyds tydens die Zing!-realiteitskompetisie op kykNET aangetrek het. My lyf pas nie in enige styl nie. Ek is nie ’n supermodel nie, maar ek wil graag soos een voel op my troudag. Die belangrikste is dat ek gemaklik voel in ’n rok wat my lyf vlei en my persoonlikheid weerspieël.

F: Wat kan ons verwag?

N: Al wat ek kan sê, is dis ’n droomrok vir ’n droomdag. My verloofde gaan heel moontlik hierdie artikel lees, en ek wil graag hê die rok moet veral vir hom ’n verrassing wees.

F: Wat gaan jy met jou trourok maak ná die troue?

N: Ek het besluit om die rok net op die dag te dra en dit dan terug te gee vir Diaan. Die ontwerp van die rok is so lieflik, ek hoop van harte dit sal nog ’n bruid soos ’n prinses laat voel. Dit sal natuurlik met verstellings aangepas word om elke nuwe bruid uniek te laat voel.

F: Wat gaan jy doen om die dag so kalm moontlik aan te pak?

N: Eerstens: asemhaal.
Tweedens: glimlag.
En derdens: teenwoordig wees in die oomblik.

Ek glo ek sal kalm wees, want ek weet al die moontlike is gedoen om alles vlot te laat verloop. Vir enige verdere of onverwagse spanning is daar pille …

Hou SARIE.com dop vir nuus oor die troue hierdie naweek.

Lees die volledige onderhoud met Nadia en kry nóg hope trou-raad in die nuwe SARIE BRUID. Nou te koop.

Bruid2016 fader

Nadia en David het gisteraand saam met ons gefliek by die première van Sy Klink Soos Lente. Kyk net hoe ontspanne lyk hulle!

Nóg kiekies van die bekendes wat gisteraand saam met ons #SyKlinkSoosLente gefliek het! #SARIEKlinkSoosLente

A photo posted by SARIE Tydskrif (@sarietydskrif) on

Lees nou

FOTO’S: Nadia Beukes se bruidstee

Dís hoe Nadia Beukes gewig verloor voor troudag

Nadia Beukes se verlowingsfoto’s

LEES DIT EERSTE: Nadia Beukes is verloof!

The post Nadia Beukes gesels voor haar groot dag appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Graad 10: Lewenswetenskappe-vraestel en memo


Mikrogolf-wortelkoek


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


[Resep] Pampoensop


Hygliteratuur: Buurtwag II


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


'n Knippie sout


KYK: Plaaslike bekende se baba sê ‘pappa’– en dit op 5 maande!


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!