Party mense begeer Angelina Jolie se lippe en ander smag na die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, se kuiltjies. In die wêreld van plastiese chirurgie kry dokters dikwels die vreemdste versoeke vir die perfekte gesig.
Dr. Stefan Rawlins, ’n plastiese chirurg van Pretoria, sê hy het al versoeke ontvang van vroue wat soos Victoria Beckham wil lyk.
“Maar gewoonlik verduidelik ek vir ’n pasiënt dat elke prosedure net jou eie skoonheid gaan beklemtoon, jy kan fisiek nie soos iemand anders lyk nie. Jy is jy,” vertel dr. Rawlins aan SARIE.com.
Maar die Britse plastiese chirurg dr. Julian de Silva het die perfekte gesig ontwerp wat bestaan uit ’n kombinasie van 1 000 van sy vroulike pasiënte se versoeke oor die jare. Die resultaat? Kate Middleton se koninklike neus, Angelina Jolie se wangbene, Selena Gomez se ken, Penélope Cruz se lippe en Keira Knightley se oë.
Só lyk sy perfekte gesig:
Maar hierdie gesig lyk vir ons bekend! Dit lyk vir ons presies soos die Kanadese aktrise en voormalige The Vampire Diaries-ster, Nina Dobrev.
Die “perfekte gesig”, stukkie vir stukkie:
Wenkbroue – Jennifer Lopez
Voorkop – Miley Cyrus
Oë – Keira Knightley
Neus – Kate Middleton
Wangbene – Angelina Jolie
Kakebeen – Cher
Ken – Selena Gomez
Lippe – Penélope Cruz
Volgens dr. De Silva is dit veral Kate se neus wat in aanvraag is, omdat dit wiskundig perfek is. Vroeër vanjaar was hy ook die plastiese chirurg wat die aktrise Amber Heard se gesig as die natuurlikste en mooiste bestempel het – lees meer hier.
Bronne: Esquire, Independent
Lees nou
Satyn-kussingslope hou jou jonk
Prinses Charlotte se eerste toer
Kyk wat het Victoria Beckham aangevang!
The post Dis die wêreld se perfekte en mooiste gesig! appeared first on SARIE.