Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Stoute swemmer Ryan Lochte verloof

$
0
0

Dit is wraggies ’n semisoet jaar vir die Amerikaanse swemmer Ryan Lochte.

Eers het hy homself belaglik gemaak toe hy vroeër beweer het dat hy en van sy Olimpiese spanlede in Rio beroof is, terwyl die Brasiliaanse polisie ’n heel ander storie oor die voorval vertel het, berig CNN. Hy het daarna erken hy het die pap dik aangemaak. Nou het Ryan besluit om die skade te herstel deur aan Dancing with the Stars deel te neem.

Ná die skandaal het vier van Ryan se grootste borge hom soos ’n warm patat gelos. Hy het Dinsdag aan ABC se Good Morning America vertel dat hy ’n groot fout gemaak het.

“Ek is mens. Ek het ’n fout gemaak. ’n Baie groot fout.”

En nou is hy verloof aan sy meisie, Kayla Rae Reid. Hy het ’n foto op sosiale media gedeel. Die paartjie het mekaar in Januarie in ’n Los Angeles-nagklub ontmoet, berig E! News.

Memories forever!!! #thelochtes #LA

A photo posted by Ryanlochte (@ryanlochte) on

Lees nou

Viola Davis as kind geboelie

Bekendes praat oor stryd met anoreksie

Leef nóú jou drome uit – Bertha le Roux

The post Stoute swemmer Ryan Lochte verloof appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Was Verveeld net verveeld?


Kyk: Dié 16 katte het meer persoonlikheid as jy!


7 waarskuwingstekens wat jou lippe jou gee


10 wenke vir ’n welige tuin


Uitdrukking: ʼn Steen des aanstoots


Hygliteratuur: Buurtwag II


Graad 3: Toetse, vraestelle en memoranda (beskikbaar in Afrikaans, Engels,...


T Minus …. 6


Mikrogolf-wortelkoek


6 wenke en kunsies om jou hare te kleur