Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Nadia Beukes & haar David: Só het die liefde begin

$
0
0

Sy kom uit die glanswêreld van vermaak, hy uit die sakewêreld waar hy konsepte en groot projekte dryf. Saam is hulle ’n A-span, ’n power couple. Ons het net voor hul troue met Nadia Beukes en David de Villiers gesels oor hoe dié verhouding begin het en wat vorige verhoudings hulle geleer het …

Die paartjie het op 10 September op Wakkerstroom in Mpumalanga getrou. SARIE het die naweek van hul troue saam met Nadia en David op Wakkerstroom gekuier en wys die troufoto’s eksklusief in ons November-uitgawe – te koop vanaf Maandag, 10 Oktober.

Dit was ’n sprokiestroue en hulle was omring deur familie en vriende. As jy nie tot dan kan wag nie, hier is solank ’n voorsmakie van Nadia en David se groot dag:

“Hy laat my soos ’n prinses voel en dit beteken baie vir my.”

- Nadia oor haar man, David

Die dorp Wakkerstroom in Mpumalanga was in rep en roer toe Nadia Beukes, aktrise en TV-aanbieder  laat  daar getrou het met David de Villiers, projekbestuurder van Pretoria. Nadia se pa, die bekende operasanger Rouel STET Beukes, het die  Onse Vader op die troue gesing, wat deur 180 gaste bygewoon is. Hier is Nadia vooraf besig om reg te maak vir die groot dag saam met haar strooimeisies, Soné Combrinck en Ansua Steyn-Ahlström. Die troue met al die glansfoto’s  is eksklusief te sien in die November-uitgawe van SARIE wat 10 Oktober op straat is. FOTO Hanri Human

FOTO Hanri Human

Koop SARIE se November-uitgawe om Nadia en David se sprokiestroue te sien!

En op ons November-uitgawe se voorblad pronk niemand anderste nie as ons gunsteling-kaalkoppe, Nataniël en sy broer Erik. Hulle gesels oor hoe dit is om saam te werk, skouer aan skouer.

NOV

Lees nou

Kristen Stewart laat die koppe draai – à la Hillary Clinton

Is dít Natalie se volgende Oscar?

Roerende oomblik tussen prins Harry en siek seuntjie

The post Nadia Beukes & haar David: Só het die liefde begin appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294