Quantcast
Channel: Bekendes – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Marita se koue kos-resep

$
0
0

Moenie Dis koue kos, skat, die rolprent wat gegrond is op skrywer Marita van der Vyver se gelyknamige roman, op ’n leë maag kyk nie. Jy sal spyt wees.

En Marita beaam dit.

“Jy gaan rasend honger wees as jy uitstap. Die pragtige skote van kos wat kook, bak en braai wat op allerlei sensuele manier geëet word, is genoeg om enige dieet in sy peetjie te stuur. Ek dink een van die sensueelste eet-oomblikke is wanneer Clara (Anna-Mart van der Merwe) aan ’n gestoofde peer met sjokolade smul,’’ vertel Marita.

“Die storie agter die storie is dat die regisseur Etienne Fourie, wat my gehelp het om die draaiboek te skryf, aanvanklik wou hê sy moet ’n appel uit ’n vrugtebak haal as deel van haar Nuwejaarsvoorneme om gesonder te eet, en dan swig sy voor die versoeking om iets soets te eet en omskep dit in ’n toffie-appel. Maar ek het gevoel ’n toffie-appel is darem net te onskuldig en kinderlik, dit moes iets meer volwasse en ‘stout’ wees. Met wyn, indien moontlik! En toe onthou ek dat daar in my resepteboek Somerkos in Provence ’n resep is vir ons gesin se weergawe van ’n klassieke Franse nagereg, ‘poires belle Hélène’ of ‘Mooi Helena se pere’,’’ verduidelik Marita.

Dit verwys na die befaamde Helena van Troje, oor wie die komponis Jacques Offenbach ’n satiriese opera geskryf het wat in 1864 vir die eerste keer in Parys opgevoer is, vertel sy. En toe doen een of ander Franse kok wat Franse kokke nog altyd gedoen het: hy skep ’n gereg om ’n beeldskone vrou te vereer en gee dit haar naam. “Dis toevallig ook hoe crêpes Suzette ontstaan het, ter ere van ’n pragtige vrou met die naam Suzette,’’vertel sy.

fliek

CLARA SE SJOKOLADE-PERE 

(4 porsies)

“Wat doen ’n vrou as sy met die gebakte pere sit nadat haar man haar gelos het vir ’n mooier, jonger, maerder, blonder vrou? Sy verander die pere in sjokolade-pere en sy verslind dit op haar eie, dís wat sy doen,’’ is Marita se raad.

BESTANDDELE

• 1 ½ (een en ’n half) koppie ordentlike rooiwyn
• 4 – 5 eetlepels suiker
• 4 – 5 eetlepels suurlemoensap
• fyngerasperde skil van ’n suurlemoen
• 4 groot pere, geskil maar behou die stingel
• 150 g donkersjokolade (minstens 60% kakaobotter)

METODE

Meng die rooiwyn, suiker, suurlemoensap en suurlemoenskil in ’n kastrol.

Pak die pere ook in die kastrol, sit die deksel op en stowe oor ’n lae hitte vir sowat 20 minute of tot die pere mooi sag is.

Haal die pere uit en kook die oorblywende vloeistof in die kastrol vinniger tot net ’n halwe koppie oorbly.

Skink hierdie taai vloeistof oor die pere en laat hulle afkoel.

Smelt die sjokolade in ’n glasbak oor ’n kastrol met warm water (bain-marie).

Kry elke peer aan sy stingel beet en dompel dit in die gesmelte sjokolade tot dit heeltemal bedek is.

Plaas die pere in die yskas sodat die sjokolade ’n harde dop om die sagte rooigevlekte pere vorm – of as jy te honger is om te wag, maak soos Clara en eet die pere terwyl die sjokolade nog warm en loperig is en jy dit van jou vingers kan aflek.

Oee lekker, ’n sappige gereg wat jy saam met ’n smeulende man kan verorber …

– Die fliek is nog tot 20 Oktober landwyd in rolprentteaters te sien, maar as jy dit gemis het of dit weer wil sien, koop vanaf 18 November die DVD. En die roman waarop die fliek gegrond is, is natuurlik ook nog beskikbaar met ’n splinternuwe omslag waarop Anna-Mart pronk.

Lees nou

Kan jy die ballerina tussen die flaminke vind?

Peter Veldsman is ’n legende in die Suid-Afrikaanse koswêreld

The post Marita se koue kos-resep appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2294

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!