Die aktrise Olivia Wilde se dogtertjie is hier! Die Her-aktrise het oor die naweek geboorte gegee aan klein Daisy Josephine Sudeikis. Olivia en haar verloofde, Jason Sudeikis, was opgetoë met die gelukkige nuus. Olivia het dié foto op sosiale media gedeel.
En Daisy het omtrent ’n spesiale verjaarsdag. Sy is op 11 October, oftewel International Day of the Girl Child, gebore.
Die akteurspaar het in 2013 verloof geraak en het reeds ’n tweejarige seuntjie, Otis.
Maar dis is nie ál bekende wat onlangs ’n baba verwelkom het nie! Die Suid-Afrikaanse skoonheid en Victoria’s Secret-model Candice Swanepoel (27) het op 5 Oktober haar seuntjie, Anacã, verwelkom.
Baie geluk, Olivia en Candice!
Lees nou
Swanger bo 40: Is daar risiko’s?
Ontslape Michael Jackson maak R12 miljard
Selena opgeneem vir depressie en angs
The post Kyk wie se baba is uiteindelik hier …! appeared first on SARIE.