Tot taamlik onlangs was ’n verhouding in die oë van popkultuur nie amptelik voordat jy dit op Facebook verklaar het nie. Deesdae “moet” jy jou liefde op Instagram wys om vir die wêreld te sê: Ons is nou saam.
En dís presies wat Hilary Duff die naweek gedoen het. Sy het op Instagram gesê sy en haar persoonlike afrigter, Jason Walsh, is ’n paartjie. Daar is al lank gerugte oor hul verhouding, maar nóú is hulle sogenaamd Instagram-official.
Die 29-jarige sangeres en aktrise het by dié foto geskryf “Afspraak met J” en ’n hartjie-emoji bygesit.
Dis Hilary se eerste openbare verhouding sedert haar egskeiding in 2014 van die hokkiespeler Mike Comrie. Dié paartjie het ’n 4-jarige seun, Luca. In die foto hieronder is Mike, sy broer Ty (ook ’n hokkiespeler), Hilary en Luca.
#familyfirst #mauivibes Mikey me luc and @tycomrie A photo posted by Hilary Duff (@hilaryduff) on
Wie is Hilary?
Jy ken haar as die Disney-kinderster wat veral bekend is vir die titelrol in die gewilde reeks Lizzie McGuire (2001–2004). Sy het ook in ’n paar flieks soos Cheaper by the Dozen gespeel, ’n New York Times-topverkoper geskryf en het al 5 albums uitgereik.
Ook saam
Goeie nuus as jy ’n romantikus is!
Die gewilde “All About That Bass”-sangeres Meghan Trainor en nóg ’n voormalige kinderster is ook nou Instagram-official. Meghan en Daryl Sabara van Spy Kids-faam het ook besluit om hul verhouding op Instagram aan te kondig.
Die voormalige kinderster, maar lankal nie meer onskuldig nie, Miley Cyrus, en haar af-en-aan-kêrel-soms-verloofde, Liam Hemsworth, het ook vir die eerste keer in drie jaar saam by ’n geleentheid verskyn.
Kyk na dié video hieronder
Lees nou
The post Hilary Duff en haar Jason nou Instagram-official appeared first on SARIE.