Die Amerikaanse akteur Dwayne Johnson, oftewel The Rock, het onlangs twee straatbrakkies gered en hulle sommer na twee divas genoem.
Die een heet nou J-Lo en die ander Beyoncé. Maar Dwayne en sy meisie, Lauren Hashian, gaan nie self die twee honde aanneem nie. Hulle soek nou op Instagram na ’n huis vir die tefie en haar kleinding – as jy belangstel, kan jy vir Lauren ’n persoonlike boodskap stuur op Instagram.
Dwayne sê hulle het die tweetjies op straat gekry, uitgeteer en honger.
Kyk net die oulike video
J-Lo, oftewel Jennifer Lopez, het nie gehuiwer om te reageer nie. En gelukkig vir Dwayne was sy mal oor dié idee.
Dwayne en Lauren is die trotse ouers van ’n dogtertjie, Jasmine.
Lees nou
Velskade: son en besoedeling dalk ewe erg
Kyk wie se baba is uiteindelik hier …
Reese Witherspoon en Nicole Kidman óók by TV
The post The Rock noem twee honde na dié divas appeared first on SARIE.